Reën, koue wyk binnekort

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Anh Nguyen/Unsplash)

Waarskuwings vir ontwrigtende reën geld in die stadium nog vir Gauteng en KwaZulu-Natal. Die reën sal egter volgens voorspellings teen Maandagaand in Gauteng begin opklaar, voordat die son na verwagting Dinsdag weer sy kop in KwaZulu-Natal sal uitsteek.

Die sonskynweer sal egter vir sommige dele van die land van korte duur wees.

Mbavhi Maliage, ’n weervoorspeller by die Suid-Afrikaanse Weerdiens, sê waarskuwings vir ontwrigtende reën geld in die stadium veral vir die Natalse kusgebied waar vloede die afgelope naweek skade aan infrastruktuur aangerig het.

Volgens Maliage is skade in die omgewing van Margate en die Ilembe-distrik aangemeld.

Koue Paasnaweek hiér verwag

Maliage sê die koue sal vanaf Woensdag in die sentrale en oostelike dele van die land begin wyk. ’n afsny-laagdrukstelsel sal egter teen die naweek weer inbeweeg wat ’n koue en nat Paasnaweek vir dieselfde gedeeltes sal beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.