Reën moontlik vir Wes-Kaap op pad

Foto: Netcare 911.

Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se jongste langtermynvoorspelling is daar ’n moontlikheid van reën in die Wes-Kaap.

Volgens Victoria Nurse, weervoorspeller van die SAWD, sal twee afsonderlike kouefronte Saterdag en volgende week Woensdag hul opwagting in die Wes-Kaap maak. “Dit is egter nie reusekouefronte nie en dit sal nie noodwendig met merkwaardige reënval of lae temperature gepaardgaan nie,” het Nurse gesê.

Een kouefront sal Saterdag begin en Sondag voortduur. “Die groter Wes-Kaap-provinsie behoort so 10 mm reën te kry, maar daar sal na verwagting meer reën in die bergagtige gebiede val,” het Nurse gesê.

Daar sal na verwagting volgende week Dinsdag tot Woensdag nog ʼn kouefront in dié droogte geteisterde provinsie aankom, wat met ’n bietjie reën gepaard sal gaan. “Dit lyk in die stadium, alhoewel dit ’n bietjie ver vooruit is, asof die Wes-Kaap so 20 mm reën sal kry volgende week, weereens met meer wat in die bergagtige gebiede kan val. Dit kan ook met sneeu gepaardgaan,” het Nurse verduidelik.

Volgens Nurse het die SAWD die afgelope ruk talle kouefronte gesien wat inbeweeg en dan weer wegbeweeg sonder enige noemenswaardige weerverskille.

Daar sal Woensdag ʼn daling in temperatuur in die hele Wes-Kaap wees, maar dit sal veral langs die suidwestelike kuslyn en die westelike dele van die Noord-Kaap gevoel word. “Temperature in die stede sal tot so 17 °C val en in die bergagtige gebiede sal dit baie laag daal,” het Nurse gesê.

Volgens Nurse sal die kouefront Donderdag (8 Junie) ooswaarts beweeg na die sentrale dele van die Oos-Kaap, die Vrystaat, Noordwes en ook Lesotho. “In Gauteng sal die koeler temperature teen Vrydag gevoel word. Dit is egter moeilik om die temperature te voorspel omdat dit nog so ver vooruit is,” het Nurse gesê.

Nurse voeg by indien die kouefront van posisie verander, kan die situasie vir die Wes-Kaap dalk anders lyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

al ·

Ek bid dat die Here ons gebede verhoor. Ten spyte van weervoorspellings, het Hy nog altyd die laaste sê.

Flueeeltjie ·

Ek stem heelhartig saam! Ons mort net aanhou glo dat God is in beheer! God loop ‘n pad met Sy kinders!

hugo ·

ek wonder net waarom hou die kapenaars nie n biddag vir reen ?

Ada ·

Sal so dankbaar wees as Bonnievale ook reën kry Hoor ons gebede asb Here

pieter ·

VADER ONS GEBED IS DAT U VIR HIERIE MENSE REEN SAL STUUR,ONS DANK U DAARVOOR.AMEN.

Chris ·

Laat my dink aan ‘n storie wat ek gehoor het. Dit was in die Karoo en was ook die betrokke jaar baie droog. Almal in die dorp besluit hulle gaan bid vir reen op ‘n betrokke dag. Almal loop toe Kerk toe. Die Jood staan op die stoep voor sy winkel. Hy vra toe aan ‘n verbyganger waarheen is hy op pad. Die ou sê toe hy gaan biduur toe vir reen. Die Jood antwoord toe, ” julle kan maar gaan traai, maar die wind waai verkeerd”. Die Kaap sê reen kom, op Sy tyd.

Gideon Nel ·

Mense asb verstaan baie mooi, daar is baie voorspellings maar net een voorsiener. Hoop die hele land kry binnekort goeie reend.

Scalla ·

Ons moet net glo en vertrou, die Vader sal voorsien op Sy tyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.