Reën veroorsaak vertragings by Mooikloof-substasie

Herstelwerk aan die Mooikloof-substasie (Foto: Stad Tshwane/Twitter)

Stad Tshwane se spanne het Saterdagmiddag goeie vordering gemaak by die Mooikloof-substasie. Dié substasie moes herbou word ná ʼn brand op 1 Desember uitgebreek het.

Inwoners van Moreletapark, Pretoriuspark, Olympus, Bosveld en ʼn deel van Garsfontein is al dae lank sonder kragtoevoer.

Maroela Media het vroeër berig ongeveer 60% van die huishoudings se elektrisiteit sou na verwagting teen Saterdagaand aangeskakel wees.

“Die stad het begin om ongeveer 60% van die kliënte aan te skakel, maar die proses sal waarskynlik tot vroeg Sondagoggend vertraag word weens reën,” het Hilgard Matthews, woordvoerder van Stad Tshwane, Saterdagaand in ʼn verklaring gesê. Die spanne kan nie aan die hoogspanningkabels werk wanneer dit reën nie.

“Die veiligheid van die personeel moet ʼn prioriteit wees. Hulle kan nie aan lewendige toerusting raak wanneer dit reën nie, die risiko is te groot.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willem ·

Die hoogspanning word immers geïsoleer wanneer daaraan gewerk word, so hulle werk nie direk met hoogspanning nie. Ai tog, die verskonings…

Piet parys ·

Foto so van pas . Staats werkers 1 maak of hy werk en die ander is toeskouers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.