Reën vir Wes-Kaap voorspel

Foto: Pixabay

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Woensdag swaar reën vir dié naweek voorspel in die droogtegeteisterde Wes-Kaap.

Volgens ʼn verklaring van die weerdiens is daar ʼn 80% kans vir reënval dié provinsie met voorspellings van 10-22 mm reën in die meeste gebiede.

Omgewings naby opvanggebiede kan glo meer as 30-50 mm reën deur die loop van Vrydagaand en Saterdagoggend verwag.

Dié voorspelling kom te midde van een van die ergste droogtes wat die provinsie al in die geskiedenis geraak het. Dag Zero – die dag wanneer die Stad Kaapstad se krane amptelik sal leegloop – staar die stad onder meer in die gesig.

Verskeie streng reëls is intussen in plek gestel. Die Stad Kaapstad het Maandag aangekondig Dag Zero sal volgens alle redelike bepalings na die middel van Mei aanskuif. Die stad het verder ook sedert 1 Februarie vlak 6B-waterbeperkings en -tariewe ingestel in ʼn poging om selfs meer water te bespaar. Dié tariewe is volgens ʼn verklaring gekoppel aan verbruik.

Talle vrugteboere van die Overbergdistrik in die Wes-Kaap het Woensdag miljarde liters varswater uit privaat damme aan Kaapstad geskenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Toentertyd ·

Toentertyd was daar biddae vir reën, dan ná die reën was daar dankdae. Hoe werk dit daar in die Kaap?

Nettie ·

Als werk maar nog dieselfde, Toentertyd. Ons bid maar nog vir reën – op persoonlike vlak, gedurende gewone kerkdienste en hier en daar met spesiale gebedsessies. Dis net …… gebed is nie ‘n kits-oplossing nie. As die reën nie kom nie, dan kom hy net nie.

Anita ·

Saterdagoggend 09:30 is daar n biddag vir reen in Proteahoogte Brackenfell. Verskeie Kerke hier in die Noordelike voorstede het al gebeds geleenthede gehad

JW ·

Francois! Een rëen sessie is nie genoeg om ‘n droogte te oorkom nie!!
Verder bid mens nie net om te vra nie, maar ook om dankie te sê…

Andre Traut ·

Ja Francois en? Of het jy gedink die reën wat nou gaan val gaan alles oplos? Ons kort minstens 5 jaar se goeie winters reën net om te BEGIN herstel vd droogte

Willie ·

  Kosbare Water

Wie is hy wat nie bekommer oor die kraan wat leeg is
Wie is hy wat nie verandering wil bring in die droogte
Wie is hy wat nie weet hoe belangrik elke druppel is
Hy wat nie bid maar net sit en kyk vanuit die hoogte

Droogte is ‘n werklike toestand wat almal van ons raak
Dit verskoon nie en raak oud en jonk en klein en groot
Orals op hierdie aarde is daar geen lewe sonder water
Met plekke daarsonder en waar jy dit nou moet koop

Ons hoor al die woelinge van die elemente buite
Dit is stofstorms wat die hemelruim laat verdonker
Ons hoor die wind loei om die hoeke van die huis
Dit is wind en wolke wat regmaak om nader te suis

In ons harte is ons in afwagting en baie opgewonde
Ja! Mense wat volhard om die reëndruppels te hoor
Duisende gebede is al gebid en almal sit net en wag
Wanneer kosbare water gaan val op die regte dag

Baie het gebid! Baie het gesmeek! Baie het gevra
Weet ons dat Vader hoor en dat Hy gaan voorsien
In opregtheid het soveel mense hul knieë gebuig
Ja! wil ons nou al begin skreeu en ook begin juig

Ons bly glo in die gesig wat ons in die verte sien
Wonderwerke wat die wolke gaan verander in reën
Om te bewys dat smekende gebed die antwoord is
Vir ongelowiges om te sien hoe God die aarde seën

Mrs.B ·

WOW!!! En so sit ons almal met afwagting en wag vir die reen, met ‘n gebed na bo op ons lippe.

Willie ·

Ons sal berus om ook te wag vir hierdie bepaalde tyd
Hierdie tyd waar ons geen aardse invloed in kan hê
Hierdie tyd waar ons net in nederigheid moet aanvaar
En te bly glo die water kom wanneer ons Vader so sê

Wie het die regte woorde om ons Vader te kan bedank
Woorde van ware blydskap aan Hom wat gaan voorsien
Woorde van uit ons binneste tot Jesus wat dit wil hoor
Woorde wat ons verbind om Hom vir altyd te wil dien

willie

Chippie ·

Ons bid konstant….. Soms op ons knieë en soms so in die stap.En vir elke druppel wat val is ons weer op ons knieë om te dank.

jaco ·

biddag vir reen is onnodig, want n ANC raadslid het so n jaar gelede gese die Here straf die wes-kaap met droogte omdat meeste kiesers daar DA stem.
So al hoe die Here gaan reen stuur, is as die wes-kaap se mense in hulle massas begin stem vir n party wat:
lief is vir korrupsie en staatskaping
nie omgee vir vuil, swak staatshospitale nie
nie omgee vir swak onderwys nie
nie omgee vir plaasmoorde nie (dis net “gewone” misdaad)
En so kan my lys aangaan en aangaan

Nettie ·

@Jaco – man! Julle is darem simpel!!! Die een of ander ANC-ghoeroe het mos nou ‘n ruk gelede gesê dit is dit Apartheidsregering se skuld dat dit so droog is en daar nie water is nie – in die Apartheidsjare is daar te veel te GROOT damme gebou, daarom kom die damme nie vol nie.

Ja-nee kyk, party ANC-lede is so vol van hulself dat hulle maar verklarings soos “God straf die Wes-Kaap en gee nie reën nie, want hulle stem DA daar” kan maak. Hulle glo ook seker in die voorvadergeeste en die Reënkoningin Modjdadji.

Hannelie ·

Toentertyd ek weet nie waar jy bly nie, maar ons bid hier in die Kaap, elke dag, en nie net vir reën alleen nie. Ek stem 100% saam Andre Traut, ‘n bietjie reën is nie die oplossing nie, ons het baie baie reën nodig om te herstel van die droogte. Ons almal is laag op ons knieë, maar God se Tyd is nie ons s’n nie. Ons moet net glo en vertrou

christa ·

Ons kan nie genoeg dankie se aan ons Koning nie. My woorde ontbreek. Ons dien ‘n groot God en Hy maak nooit ‘n fout nie. Sy tyd is die beste tyd

fm ·

Suid-Afrika is en was nog altyd ‘n droë land en sal altyd ‘n (baie) droë land wees. Droogtes selfs baie ernstige droogtes is dus nie bonatuurlike of groteske en bisarre verskynsels in Suid-Afrika of in suidelike Afrika nie. Droogtes en vars waterbronne moet egter voortdurend effektief, strategies en intelligent bestuur word. Indien dit nie gedoen word nie gaan katastofes die gevolg wees en mense sal baie bang en angsbevange word as daar nie meer water is nie. Ongelukkig in Suid Afrika is daar nie wereldklas strategiese bestuur van die land se hulpbbronne nie daarom raak mense nou paniekbevange en stort ineem van angst.

Mag dit hierdie naweek reën in die Kaap. Die Kaap en die hele Suid-Afrika het goeie reën nodig. Die Kaap is egter in ‘n winter reenval gebied en die reen mag moontlik eers later uitsak. Dit was nog altys so. Dit is nie bonatuurlik nie. Dit reen in die winter in die Kaap. Mag dit hierdie winter weer goed reën in die Kaap.

fm ·

Suid-Afrika is en was nog altyd ‘n droë land en sal altyd ‘n droë land wees. Droogtes selfs baie ernstige is dus nie bonatuurlike of groteske en bisarre verskynsels in Suid-Afrika of in suidelike Afrika nie. Droogtes en vars waterbronne moet egter voortdurend effektief, strategies en intelligent bestuur word. Indien dit nie gedoen word nie gaan katastofes die gevolg wees en mense sal baie bang en angsbevange word as daar nie meer water is nie. Ongelukkig in Suid Afrika is daar nie wereldklas strategiese bestuur van die land se hulpbbronne nie daarom raak mense nou paniekbevange en stort ineem van angst.

Mag dit hierdie naweek reën in die Kaap. Die Kaap en die hele Suid-Afrika het goeie reën nodig. Die Kaap is egter in ‘n winter reenval gebied en die reen mag moontlik eers later uitsak. Dit was nog altys so. Dit is nie bonatuurlik nie. Dit reen in die winter in die Kaap. Mag die reën goed uitsak oor die Kaap hierdie winter.

Nettie ·

“Swaar reën vir die Wes-Kaap” word voorspel.

Ja-nee, ons sal maar sien of daardie “swaar reën” Worcester toe kom, want die Weerburo voorspel so reën, maar dan reën dit g’n druppel hier in die Boland nie (wat ook nog deel van die Wes-Kaap vorm, so ‘by the way’).

Marietjie Cilliers ·

Ons baie dankbaar vir die vooruitsigte van reën. Dankie Vader… Dan wonder ek as ons al is dit oor 5 jr en daar is genoeg water of die prys sal afkom. Sulke geleenthede is n lekker manier om geldkoffers te vul. Dink maar aan krag verhogings wat in stukkende koffers geval het.

Gideon ·

Die eerste reens gaan direk in die grond in en versadig dit so dis die daaropvolgende reens wat verskil maak en dam toe vloei. Hoe dit ook al is. Almal bid vir reen…..cdus ook nie net in die Kaap n probleem nie. Ons hoop en vetrou dat dit sommer lekker hard en kank gaan val.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.