
Inwoners van die Bo-Kaap bedek hul meubels met plastieksakke, nadat die wind hul dak afgewaai het. (Foto: David Ritchie/ANA)
Stormagtige weersomstandighede in die Kaap van storms het die afgelope naweek huise beskadig en sommige inwoners sonder krag gelaat. Groot dele van die Wes-Kaap het ook oor die naweek reën gekry.
Volgens Charlotte Powell, die stad se woordvoerder van rampbestuur, het windvlae van 130 km/h tot 140 km/h die dakke van sommige huise afgewaai. Sterk wind het veral amok gemaak in Fresnaye, Bo-Kaap, Bonteheuwel, Bokmakierie, Macassar, Philippi en Seepunt.
Volgens Powel het van die gebiede in die Kaap ook kragonderbrekings beleef wat deur die storm veroorsaak is. Dié dele sluit in Pinelands, Bridgetown, Wynberg, Parow, Richmond-landgoed, Bellville, Seepunt, Strand, Claremont, Heideveld en Drieankerbaai.
“Groot bome is selfs ontwortel in Gordonsbaai, Nuweland, Mowbray, Rynland en Bonteheuwel.”
Maroela Media het Vrydag berig dat die Tafelbergse kabelkar sy dienste tydelik opgeskort het weens sterk winde en swak sigbaarhaarheid.
Powell sê geen sterftes of beserings is tot dusver aangemeld nie, maar het inwoners van Kaapstad gemaan om versigtig te wees. Noodoproepe kan vanaf ʼn selfoon na 021 480 7700 of vanaf ʼn landlyn na 107 gemaak word.
Die Suid-Afrikaans weerdiens het Sondag gewaarsku dat erge donderstorms en gepaardgaande vloede in die Kaapse Wynland en Overbergdistrik later die middag verwag word. Volgens ʼn plasing op Twitter het groot dele van die Wes-Kaap die naweek reeds heelwat reën gekry. In George het dit Saterdag 26 mm tot 44 mm gereën. Dele van Knysna het 21 mm tot 33 mm reën gekry.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Ek wonder of die noodnommers hierbo nie omgeruil is nie. Sou dink die 107 moet die slfoon nr. wees?
Seker dié dat dit so koel is vanoggend in Gauteng ook.
Nie ‘n woord van dankbaarheid nie .
Ja né, dit, én “In George het dit Saterdag…. in die omgewing van George gereën”…..