Reën word dié naweek verwag

Meteosat-satellietfoto (Vrydag, 16 Maart 2018 om 08:00) (Foto verskaf deur die SA Weerdiens)

Suid-Afrikaners kan hierdie naweek reën verwag, weens ʼn kouefront.

Die tropiese storm Eliakim het die noordoostelike kuslyn van Madagascar bereik met sterk wind, reën en rowwe seetoestande wat hierdie naweek in dié gebied verwag word. Die reën sal na verwagting in die gebied toeneem, weens die bergagtige topografie van dié land met ʼn beduidende risiko vir grondstortings en oorstromings, het Hannelee Doubell, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Weerdiens, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Doubell sal Eliakim nie Suid-Afrika se kuslyn tref nie, maar ʼn kouefront (wat nie met die tropiese storm verbind word nie), is op pad na Suid-Afrika met kouer, vogtige lug wat na verwagting koue toestande en welkome reën Saterdag sal bring na die oostelike binnelandse gebiede (insluitend die Hoëveld).

Droër toestande word vanaf Maandag in die land verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Marinda ·

Lekker, ons sê nooit nee vir die reën nie. Sal beter gewees het as dit in die Kaap provinsie ook so kan reën.

Cherokee ·

Ek dog ‘n warm front bring reën. Soveel vir my aanhangers wat dog ek is slim.

Andre ·

Meeste van die tyd SA Weerdiens snert. Ek gebruik eerder ander betroubare bronne.

Daan Erasmus ·

5:25. Dit reën nou in Ellisras. Prys die Here. Ek is een van die wat nie gedink het dit sal reën nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.