Reënvooruitsigte nog skraps

grondMet al hoe meer verootmoedigingsdienste vir reën wat plaasvind, en al hoe meer berigte oor vee wat baie swaar kry onder die langdurige droogte oor groot dele van veral die binneland, lyk die reënvoorsigte oor die volgende aantal dae ook nie belowend nie.

Die Noorweegse weerdiens voorspel tot 16 Oktober voorspel vir die grootste deel van die binneland geen reën nie. Slegs vir ‘n strook wat van Newcastle oor Middelburg tot in Limpopo al op die platorand langs strek, word op Sondag, 13 Oktober neerslae voorspel, maar meestal minder as twee millimeter.

Dit lyk ook nie of die koue fronte wat die invloei van tropiese lug oor die binneland “wegjaag” iets van die verlede is nie. Op Vrydag, 11 Oktober gaan Kaapstad en die Suid-Kaapse kus ook weer ‘n ligte klap van die poolwind kry, maar die verwagte reënval sal ook lig wees, met Worcester wat dié nattigheid gaan vryspring en soos die res van die binneland ‘n droë tydjie tegemoet gaan.

Volgens die weerdiens gaan dit moontlik tot die einde van die jaar oorwegend droog wees oor die binneland, maar dat normale reënval in die tweede helfte van die somer verwag kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

wragtig ·

Byt vas boere en glo!!! Ons hier in die kaap het vreeslik reen gekry die winter. Ons hou duim vas dat julle net soveel gaan kry.

Vas Vat ·

Ek is nie n weerkundige nie, maar dit is maar die siklus van die natuur, soos wragtig hierbo se, byt vas dit gaan tog weer herstel. Ek kry net die arme diere jammer wat so ly.

Adoons ·

Maandagaand en dit reen heerlik in Pretoria, voorspellings ten spyt!

H Mulder ·

Hier in Ermelo het ons goeie reën gehad. Die Here sal voorsien op Sy tyd. Ons glo en vertrou dat Hy reën sal stuur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.