Reeva en Anni se ouers ondersteun mekaar

Barry en June Steenkamp, Reeva se ouers, tydens Pistorius se moordverhoor. Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/ Pool

Barry en June Steenkamp, Reeva se ouers, tydens Pistorius se moordverhoor. Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/ Pool

Reeva Steenkamp en Anni Dewani se ouers ondersteun mekaar en is verenig in hul rou, het die Saturday Star berig.

“Ek is verheug dat Reeva se ouers gesê het hulle sal ons ondersteun en ek is dankbaar daarvoor,” het Anni se pa, Vinod Hindocha, aan die koerant gesê.

“Ek en mnr [Barry] Steenkamp het gesels oor Reeva en Anni en ek het my medelye aan hom ook betoon. Net ek en hy, as pa’s, kan verstaan hoe dit voel om ons dogters te verloor en dan moeilike en hoëprofiel-sake te hanteer.”

Vinod Hindocha, Anni Dewani se pa kom op 6 Oktober 2014 by die hof aan. Hy word vergesel deur familielede. Foto: Nardus Engelbrecht, SAPA

Vinod Hindocha, Anni Dewani se pa kom op 6 Oktober 2014 by die hof aan. Hy word vergesel deur familielede. Foto: Nardus Engelbrecht, SAPA

Die Steenkamps en Hindochas ondersteun mekaar in die beroep vir geregtigheid in albei sake. Die Steenkamps ondersteun die Hindochas se beroep dat Anni se man, Shrien Dewani, moet getuienis lewer in die hofsaak oor haar moord.

Shrien word daarvan aangekla dat hy Anni se moord beplan het. Sy is in 2010 tydens die paartjie se wittebrood in Kaapstad doodgeskiet. Reeva is in Februarie 2013 deur Oscar Pistorius doodgeskiet.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal Maandag besluit of die saak teen Shrien gestaak moet word. Die hooggeregshof in Pretoria sal intussen Dinsdag ʼn versoek aanhoor om teen Pistorius se skuldigbevinding en vonnis te appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

lillian ·

Eben, June se boek is al op die rake … en nee Francois dis nie sensasie nie, ek hoop nie so iets tragies gebeur eendag in jou lewe nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.