‘Reeva kan nou in vrede rus’

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp se ouers het Vrydag by monde van hul prokureur gesê die swaarder vonnis wat deur die appèlhof vir Oscar Pistorius opgelê is, beteken dat daar nou geregtigheid vir hul dogter geskied het.

Maroela Media het vroeër berig die appèlhof het beslis Pistorius moet 13 jaar en vyf maande tronkstraf uitdien. Pistorius is aanvanklik tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Die hof het in sy uitspraak in ag geneem dat Pistorius reeds tronkstraf uitgedien het.

Steenkamp is op Valentynsdag 2013 in Pistorius se huis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet.

Pistorius se swaarder vonnis het gekom nadat die staat appèl aangeteken het teen die aanvanklike vonnis vir moord wat in Julie verlede jaar deur regter Thokozile Masipa opgelê is. Die staat het aangevoer Pistorius moet swaarder gestraf word aangesien hy volgens die staat nooit berou vir sy dade getoon of erken het sy optrede was verkeerd nie.

Tania Koen, die Steenkamps se prokureur, het Vrydag aan Maroela Media gesê die egpaar het nog altyd in die regstelsel geglo en dit is weereens vandag bevestig. “Hulle glo daar het geregtigheid vir Reeva geskied en sy kan nou in vrede rus. Hulle kan nou al hul energie fokus op die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting teen die mishandeling van vroue, ʼn organisasie wat hulle op die been gebring het om die werk waarmee Reeva begin het, voort te sit,” het Koen gesê.

Koen het ook kommentaar gelewer op die lewenslange vonnis wat Vrydag deur die hooggeregshof in Port Elizabeth aan Christopher Panayiotou opgelê is. Panayiotou is gevonnis in verband met die moord op sy vrou, Jayde, op 21 April 2015.

“Die Steenkamps se harte gaan uit na die Inggs-familie. Hoewel daar nou geregtigheid vir Jayde is, simpatiseer hulle met die familie wat elke dag sonder Jayde moet leef,” het Koen gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

elize naude ·

verbasend hoe mense met wraaksug ander veroordeel & met hulle skerp tonge moor… die wat sonder sonde is… tel tog die eerste klip op…

elize naude ·

die wat sonder sonde is… die mensdom stenig en moor tog so gou en ewenaar diegenene wat hulle veroordeel…

Rina van der Waal ·

Al wat nou gaan help vir Reeva se ouers is vergifnis. Reeva rus lankal in vrede. Of Oscar vry is of nie gaan niks verander nie. Vergifnis is al wat vrede bring. My eie moeder is in haar huis vermoor. Die persoon is nooit veroordeel nie. Ek moes hom vergewe voor ek met my lewe kon aangaan. Oscar is nie ‘n gevaar vir die samelewing nie. Gerrie Nel moet liewer help om onopgeloste moorde op te los.
Laat Oscar nou ook in vrede. Hy is genoeg gestraf.

Gawie ·

n oog vir n oog en n tand vir n tand
you do the crime you do the time so maklik soos dit dit gaan nie die kinders terug bring nie en daai ouers moet elke dag saam leef met dit en dit is baie hartseer sterkte vir hulle

Dalene ·

Maroela kan jul ons sê wanneer gaan Oscar en Christopher in aanmerking kan kom vir parool? Ek het op wiki gelees dat lewenslank in SA enige iets van 10,15 tot 25 jaar beteken.

Lynette Fransman ·

Hoe sal maroela weet? Hulle nuus is op n goeie dag deurspek van spelfoute, swak nagevorste berigte en nog vele ander. Hulle is n “nuus app” nie die reg nie. Hulle laat onse mense gewoonlik net so sleg lyk met.al die kommentare wat hulle toelaat deur die whiteys!!!

Liewe heksie ·

Ag shame mev steenkamp nou vergelyk jy jouself met jayde se moeder ek het nog nerens gelees sy het n boek geskryf nie en sy le haarself nie bloot soos jy nie

Andre Traut ·

Liewe heksie ek stem saam, june steenkamp se lippies tuit al vir hoeveel jaar, nie tyd vir die vrou nie. Steeds span Oscar

Martin ·

Hoe enige mens hulself nog kan blind staar teen die verdoemende getuies en feite teen hom, gaan enige intellegente mens se verstand te bowe.
Hy verdien sy tronkstraf. Elke minuut daarvan.

snoefie ·

blyk ou oscar trap diep spore waar hy ookal gaan. hy was sommer drie keer gevonnis vir dieselfde moord. regter masipa het twee keer opge… en sit steeds op d!ie regbank.

Anoniem ·

Ek sou net wou weet waarom spesifiek OP se vonnis verswaar word en die res van S.A se moorddadige kriminele so ligtelik daarvan afkom. Dubbelde standaarde.

Mariaan ·

En ou liewe Heksie, wat maak dit nou saak dat sy ń boek geskryf het? Dit is ń hoë profiel saak en Oacar se verlede het getuig van sy swak humeur.
Sy familie was en is nog steeds besig om sy lof te besing in elke koerant.
Hoekom gun jy dit nie vir haar ma nie? Mag sy nie ook vertel van haar dogter wat ń brilhante regsgeleerde was en een op wie enige iuer sou trots wees nie?
Jy kan duidelik nie besef watter pyn en smart sy deurgaan nie en dit sal deel wees van haar tot die dag dat sy self haar kop neerlê of sy nou een of tien boeke skryf.

JohanC ·

Martin-beter kon ek dit nie opgesom het nie
Oscar moet op sy kniee gaan en dankie sé dat hy nie lewenslank gekry het nie
Hy het n beeldskone jong vrou se lewe van haar weggevat met sy beheptheid met vuurwapens
My simpatie met julle wat so onwrikbaar in Oscar se onskuld geglo het en nou WEEREENS so wreed ontnugter moes word

Elsabe Lottering ·

Ja JohanC sê jy wat hom mos persoonlik ken en heel moontlik nog twee bene het en nie vulnerable is op stompies nie. Sê my, watse kaliber bêre jy nou weer onder jou matras?

Frik ·

Dankie tog vir die Appelhof wat reg en geregtigheid laat geskied het . Ek hoop regter Masipa neem kennis dat die vonnis vir moord is 15jaar. Eers verstaan sy nie die regsterme nie en vind hom skuldig aan strafbare manslag. Op appel verander sy dit na moord en dan fouteer sy weer. Hoe kan sy oor ander se lot beslis as sy nie eers kan onderskei tussen manslag en moord en die gepaardgaande vonnisse nie. Wat n vermorsing van tyd en geld . Swak swak swak

Pieter ·

Haai ou Liewe Heksie, netnou gaan Koning Roseboom met jou raas as jy sulke ongevoelige aanmerkings maak. Jy is seker n groot Oscar ondersteuner. Dit wys jou beroemd, groot kop gekry, gedink die wereld behoort aan hom , toe val hy.

alwyn burger ·

Prof. C. Snyman : Oscar kan net skuldig bevind word aan “Srafbare manslag”.
Srafregprokureur M. du Toit : Regter Masipa het” die regsbeginsels korrek toegepas”
Ek dink Oscar moes die voordeel van die twyfel gekry het. Daar is te veel meningsverskil onder die kenners.

Realis ·

Stem saam. Presies wát word verwag dat hy nog moes doen? Wát sou elke regsgeleerde in die land tevrede stel? In ‘n ander hofsaak trek die beskuldigde nie ‘n spier nie, van begin tot einde. Daar kan wel gepraat word van gebrek aan berou. Maar wat moes Oscar nóg doen om berou te toon? Hy wou haar ouers besoek, hy het hulle finansieel probeer help, hy het homself voor die wêreld verneder sonder sy kunsbene in die hof. ‘n Jong man het voor almal se oë verouder. Hy was en is steeds ‘n gebroke persoon wat alles verloor het. Hy het deur middel van sy prokureur in opregtheid sy hart met die hof gedeel. Maar nog nie goed genoeg nie. “Hy het nie die hof in sy vertroue geneem nie.” Dat sy vonnis verleng is, is te begrype. Die wet moet toegepas word. Die regters se woorde laat my egter diep wonder oor regverdigheid. Waar en wanneer gaan dit eindig? Moet ‘n beskuldigde met woorde gemartel word tot die dag van sy dood? En volgende jaar begin ons weer van voor af as iemand anders weer nie tevrede is met hierdie uitspraak nie… Nogtans, vat dit soos ‘n man, Oscar. Alles het ‘n einde. Ons dink aan jou. ‘n Saluut van respek aan Barry Roux en regter Masipa.

PJC ·

Sal nogal graag wil weet hoekom vroumense so geneig is om vir ouens soos hy in die bresse te wil tree. Is dit dalk moedersinstink of iets wat ons mans net nie verstaan van die vroue geslag.

Stephen Rademeyer ·

Interessant hoe almal hier hoogheilig kruisig en veroordeel asof hulle geen sonde het nie…Dawid het die mees “premeditated murder” in die geskiedenis gepleeg en tog was hy ‘n man na God se hart! Wie is jy om te veroordeel asof jy self God is? Dit is tussen hom en die Here oor wat hy gedoen het of nie, en die onvergewensgesindheid – of hy skuldig is of nie – hoort nie by ‘n Christen as jy een is nie.

Joe fool ·

Dawid was een in n miljoen….
Hierdie uitverkiesing was nie vir elke jan rap en sy maat nie ….

Poplap ·

Dis waar jy die fout maak. Of hy skuldig od onskuldig is lê by die howe. Die howe wat hom skuldig bevind het en gevonnis het. Hoekom is dit dat hierdie Christelike vergifnis altyd net uitkom in ” spesiale” geleenthede. Is dit ook daar vir ander moordenaars verkragters rowers ens?
“Julle skyn heilig onder die straatlig”

John ·

Jaaaaaa, laat Oscar vry en daai ander ou en nog een en nog een. Ag shame, shame, shame… Ons arme helde… Ons ‘ekk’e… moet mos doen wat hulle wil doen… Wat sal die sportwereld doen sonder ego’s. En die Bybel word bygetrek… Vergeef net, vergeef net maak nie saak wat of hoe (hoes, hoes)… alles is soooo moooi… jaaaaa. Shame on you ons regsbank… Lank lewe al ons witbroodjies! Bang! Bang!

Anoniem ·

Ek verdtaan nie die siening van mense wat se ander veroordeel ander. Moord is moord n lewe is geneem en nou moet die moordenaar jammer gekry word want hy het nie bene nie of sy lewe as kind was nie lekker nie of hy leef in vrees. Ek voel niks vir Oscar hy was n onverantwoordelik gewees in bewyse toe hy sommer geskiet het in n restaurant en daar moet die polisie blameer word want sy vuurwapen moes toe weggevat word. As hy so vrees gehad het huur n lyfwag. Nee wat ek persoonlik dink 15 jaar is te lig hy moes ook lewenslank vekry het. Wat help dit anyway hy sit by die huis kyk tv lag en gesels met sy familie en drink seker n lekker whiskey elke aand. Dit is mos nie straf nie. Hy moet terug tronk toe en harde klippe kou

Andre ·

Julle skryf net n klomp bollie. n Misdaad is gepleeg n beskudigde is skuldig bevind foute is begaan en reggestel wat wil julle nog he. Die kommentare klink soos die agterblaaie van sekere ou koerante.
Andre,

Raai Raai ·

Ons is so gou om ander te oordeel. Die Woord se die wat sonder sonde is laat hy die eerste klip gooi. Die oordee waarmee jy oordeel sal jy mee geoordeel word. Spreuke 18:21 se dood en lee is in die mag v d tong die een wat dit gebruik pluk die vrug daarvan. Is ons dan nie bang om oordeel te spreek nie..vrees ons dan nie die Lewendige Elohim nie. Ons almal moet voor die Regterstoel staan. As ons dan dood spreek dan pleeg ons ook moord. Want woorde dra krag mense asb dink mooi voor julle praat en oordeel. Ons gaam van elke woord wat ons se moet rekenskap gee.

Karin ·

Oscar is darem seker jammer sy pad het ooit met Reeva s’n gekruis.

Tot wanneer gaan June Steenkamp tevrede wees met hierdie uitslag. Tot sy meer aandag en geld nodig het?

Oscar, ek het ook ‘n gestremde kind. Ek sal altyd simpatie met jou hê.

Hannelie ·

Lynette Fransman as jy jou mond so uitspoel oor Maroela Media, dan verstaan ek regtig glad nie hoekom jy dit nog lees nie. Ek wil net weet na wat se whiteys jy verwys? . En moenie van taalgebruik praat as jy jou afrikaans met engels meng nie. Koop die Son dan eerder.

Rasper ·

Graag wil ek weet hoe kan Reva in vrede rus. Sy is dood en het nog nie voor die Regterstoel verskyn nie sy is nog nie geoordeel deur YHWH nie, dit kom nog.

anton ·

Die mense wat so aangaan oor die uitspraak wat nou gemaak is deur die appelhof en hoe dit die regte vonnis is, het duidelik nog nooit meer as 1 of 2 hof uitsprake gevolg nie.
Die regstelsel is alles behalwe perfek en daar is baie erger en meer verkeerde uitsprake al gemaak deur die regstelsel.
Wie se die appelhof was wel reg? Hulle is ook maar net mense wat soos die ander regters, dalk verkeerd kan wees.
Ek persoonlik dink dat n ”Jurie” stelsel meer korrek sal wees en veral in die huidige Suid- Afrika.

Coenraad ·

Die ander sy van die saak lyk só:
‘n Beeldskone dame het die lewe van ‘n dapper atleet verwoes. Hoe? Het sy daardie nag maar in haar eie bed geslaap… Het sy maar nie na sy huis gery en besluit om die nag daar deur te bring nie, dan het sy waarskynlik vanaand nog geleef. Dan was hy nou steeds ‘n vrye en suksesvolle atleet, wie weet op watter hoë hoogtes. ‘n Mooi droom. Maar onthou: “Elke wors het twee ente,” het ‘n goeie en wyse vriend eendag lank gelede tydens ‘n krisis opgemerk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.