“Reeva se dood is satan se skuld”

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp

ʼn Pastoor het Vrydag gesê Oscar Pistorius kan nie blameer word vir die afsterwe van sy meisie, Reeva Steenkamp nie, en dat hy gebed nodig het.

“Oscar het haar [Steenkamp] nie vermoor nie, satan het hom dit maak doen. Ek bid dat God hom sal help,” het ds. Isaac Malaza gesê. “Ek het vandag gekom om vir Oscar te bid. Hy moenie weer so iets doen wat gesinne se harte sal breek nie.”

Hy sê Steenkamp se ouers en familie is ook hartgebroke.

Malaza het buite die Pretoriase hooggeregshof gewag waar Pistorius se saak tans aangehoor word. Hy wou vir die atleet bid.

Pistorius word van moord met voorbedagte rade beskuldig nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis doodgeskiet het. Hy het skuld ontken en voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

George Barnard ·

Die Pastoor weeyt nie waarvan hy praat nie Pastore Priesters Predikante moet ophou om op mense se gevoelens te en mense te lig en bedrieg dit is nie satan nie maar daardie persoon se optrede wat veroorsaak dat hy so optree moet nie altyd se dit is satan nie want daar is nie n satan wat jou kan beinvloed nie jy self beinvloed. Jouself

Slim Daan ·

George Bernard Shaw. Bly om te sien jy’s ( weer ) op jou aller beste.

Leana ·

Wat ‘n pot vol nonsens ! Die pastoor soek verskoning vir Oscar se liederlike dade !

maggie schneider ·

Moenie oordeel nie die oordeel waarmee jy oordeel sal jy mee geoordeel word

Leana ·

Niemand oordeel nie Maggie. Die oordeel kom God toe. Die hof sal bepaal wat sy aardse straf gaan wees.
Dit beteken nie ek mag nie ‘n afkeur aan sinnelose dade he nie !
Hiermee sluit ek enige verdere gesprekvoering met jou af !

Erich Goosen ·

Pastoor, die probleem is dat Satan nie onderhewig is aan die Noord-Gauteng Hoërhof se jurisdiksie nie, gevolglik moet sy meeloper, mnr Oscar Pistorius maar namens hom verskyn. In u hoogere teologiuese mening, sou u sê dat alle misdadigers maar moet vryloop omdat hul deur Satan daartoe gedryf is?

Slim Daan ·

Ja nee kyk. Soveel dae soveel dinge.
Eers help die SAPD hul aan onveroorloofde horlosies, en nou smaak dit hul het boonop die verkeerde man gearresteer ?
Stel voor hul trek die saak onverwyld terug, en stuur n taakspan om die karnallie met die lang vurk te loop uithaal. Magtig! Die meneertjie kom letterlik en figuurlik weg met moord !

Leana ·

Mag dit werklik nie so wees dat die mannetjie met moord wegkom nie Slim Daan. Daar kom telkens ‘n weemoedigheid in my op as ek ‘n foto van die pragtige, laggende Reeva sien. Sy was geliefd onder haar vriende en bewonderaars. ‘n Belowende toekoms het voor haar gewink. Weersin vul my telkens as ek lees of hoor van die lafhartige daad wat gepleeg is teenoor haar.
Hoop en bid dat GEREGTIGHEID sal seevier !

Mario Guterres ·

Ek,s baie telergestel mt swak ondrsoek van di beamptes..di ergste geen konkrete bwyse ..n ek dink daar is baie personlik gevulns gemeng mt di realityd..n werklik wat gbeer..sua dz my personlik opini.. Ek glo dat dar moontlik saamswering n geldmaak betrok is..

Shannon ·

Ja, die god is in beheer, niemand maak `n skuif sonder sy medewete (en blykbaar sy goedkeuring) nie ?
Maar tog glip ou Nick nou en dan iewers deur en krap als om. Dan is die god en almal weer baie kwaad.

Indien dit nie was vir die ballingskap van `n Semitiese volk deur `n Babiloniese koninkryk hier iewers in die 6de eeu voor die huidig periode nie dan sou die klomp nie `n eksotiese ‘boogieman’ met hulle terug gedra het nie en dan sou daar nie vandag `n goddelike antipode in die westerse godsdienste en midde oosterse Islam bestaan het nie.

Is daar nie `n filantropiese prokureur wie namens die Duiwel wil optree nie ? Ek voel elke dolos gooier verkoop sy godsdiens ten koste van hom, en dis nie eerbaar nie.

Snaak nê ? Die betekenis van die woord Lucifer. Tesame met die mees skynbaarste transliterasie vanaf die woord ‘Oggend Ster’ (Venus) is daar die beeld van Lucifer met lantern voorgestel. Ma.w. ‘die bringer van lig’ of andersins ‘kenis’. Lank voordat die kirk en al sy mee werkers die waarheid saam met die ganse korrekte geskiedenis uit die anale geskop het was die Satan ook bekend as “die een wie vrae vra” (The Questioner, The Great Oposer). M.a.w. die alleen kryger wie die status quo (godsdiens) bevraagteken.

Linda ·

Opmerklik hoe jy my God met ‘n kleinletter spel (god) en satan se alombekende naam, (Nick, Satan, Duiwel) met ‘n hoofletter.

Ek verag jou skrywe met alles wat binne my is, hoekom – want jy dryf die spot met my Hemelse Vader. Ek ken jou mos nou lank genoeg, enige geleentheid wat jy kry, sal jy aanwend daarvoor.

Dolk ·

Goeie more Linda…

Ek deel jou sentiment 100% oor sHANNON Gal-lippe! Is dit nie ironies hoe ateïste so baie tyd spandeer – om oor iets te skryf waarin hulle “geensins” glo – wat hul dus ook nie in die minste behoort te skeel nie?! Belaglik.

Oor die “ds” Isaac Malaza se uitspraak kan ek net lag – hy sit duidelik met ‘n sakkie dolosse voor hom en babbel!

Die Woord is duidelik: Elke mens sal verantwoording doen vir sy dade. Elkeen van ons hier ook.

Beste wense Linda.

Jasper ·

Linda ek stem saam. Interessant om te sien hoe die “bringer van lig” of “the questioner” daarin slaag om mense te mislei.

Slim Daan ·

Moet ons dus aanvaar dat hierdie voorhuwelikse ge-karfoefel as een of ander vorm van bestraffing ( vergelding ) gesien moet word? Dink die spel van hoof- en kleinlettertjies is n bysaak. Die spel volgens jou le eerder in die uitleef van waaroor jy hier so hoog opgaan. Duidelik dus was hierdie ko-habitering n GROOTSE sonde en verdien REEVA wat haar toekom !
PS
Miskien dus n goeie plan dat Nicklaas pa staan vir die een. Die bestraffing uitermate buite verhouding en die toneel darem net te morsig vir woorde. Vatso Nicklaas ! Die een op jou ” tab “. Dki.

Slim Daan ·

Die spelling van hoof en klein letters semanties van aard. Die hoop ( en bede ? ) dat PUTCO-busse in hul hordes van kranse sal stort…..is wat opval. ( en bly hinder. )
Soos die pastoor hier betrokke, is ek maar katvoet vir diegene wat met die een hand op n tamatiekissie met DIE BYBEL staan…..en n dolk agter die rug met die ander.
Die kwessie van ” liefdevolle verdraagsame mededeelsaamheid ” seker maar te vinde in die apokriewe hfstkke van die GROOT BOEK ?

Slim Daan ·

Yip Annon. Sh maar eerder. Die Israel Visioeniste is op ons. ( Soen derhalwe objektiewe debat koebaai. )
As die wa van ” voorsienige lotsbepaler en beheer ” kantel en die slagveld ( Reeva ) val lelik op die oog – moet Nicklaas pa staan. Hoe dan anders ? Vlinders, bytjies en blommetjies maak immers nie deel uit van n sirene skilderdoek nie.

Slim Daan ·

Menend. Nick de Goya behou hom die alleenreg voor as dit by bloed, guts & gore kom.

Leana ·

Tog vreemd dat satan altyd die skuld gegee word sodra die mens faal of oortredings begaan!

alecia van rooiyn ·

Die vervlakse dokter praat net n hoop nosens. ….man dt lyk meer vir my sws di dokter hom beskerm

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.