Reeva se ouers gaan geld aan Oscar Pistorius terugbetaal

June Steenkamp. Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

June Steenkamp. Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Reeva Steenkamp se ouers gaan die maandelikse betalings wat Oscar Pistorius aan hulle gemaak het terugbetaal, het hulle regsverteenwoordiger Dinsdag gesê.

“Hulle het die geld nodig gehad, hulle moes aan die lewe bly, maar hulle gaan die geld terugbetaal,” het Dup du Bruyn aan verslaggewers buite die hooggeregshof in Pretoria gesê. “Toe hy [Pistorius] aanvanklik die geld aangebied het, het hulle sy aanbod aanvaar aangesien hulle die geld nodig gehad het maar hulle sal dit nou terugbetaal. Toe mnr Pistorius begin het om vir hulle geld te gee, wou die Steenkamps dit openbaar maak maar hy wou dit stilhou.”

De Bruyn het gesê die maandelikse betalings het in Maart verlede jaar begin en dat die laaste betaling in September gemaak is. Die hof het vroeër die dag gehoor dat June Steenkamp R375 000 wat Pistorius vir die familie aangebied het, van die hand gewys het. Staatsaanklaer Gerrie Nel het gesê Steenkamp soek nie “bloedgeld” nie.

Du Bruyn het intussen gesê dat die familie nie meer ʼn siviele eis teen Pistorius sal indien nie. “Mnr en mev Steenkamp soek nie enige geld nie, die aanbod is gemaak en dit is van die hand gewys. Daar sal nie ʼn siviele saak wees nie. Hulle soek afsluiting en hulle wil hê dit moet verby wees.”

Die saak is intussen tot Woensdagoggend uitgestel.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Francois ·

Goed so…Oscar was onder GEEN verpligting om hulle te betaal nie. Soos ek dit sien soek hulle net sensasie waar hulle gaan…

piesang ·

Geen verpligting se gat. Oscar het hulle dogter vermoor!! Hy is al klaar los omdat hy n bekende parapleeg is. Hy moet vir die res van Reeva se ouers se lewe vir hulle sorg! Straf hom waar dit die seerste maak! Sy beursie! Niks kan hulle geliefde dogter terug bring. Die manipuleerder en sensasie soeker is Oscar!

Leeutjie ·

Piesang, hy wou juis nie sensasie he nie. Oscar wou dit nie rugbaar maak nie!

Leon Potgieter ·

En toe haar Ma haar “storie” verkoop het en nogal die vermetelheid gehad het om die prys te stry? Aarde jou dogter is vermoor en jy soek geld daaruit? Opportunist with no scruples!

Boesman ·

Ek stem in ‘n mate saam piesang, maar haar ouers moes nooit die maandelikse bydraes van hom aanvaar het nie.

charmaine ·

Hy was nie goed genoeg nie maar sy geld was. As hulle so arm was en krepeer het waar kry hulle nou die geld om dit terug te betaal? O, dalk was daar darem ‘n polis wat uitbetaal het.
Reeva het ook maar haar gat afgewerk om vir hulle te sorg. Selfsugtige ouers.

Amore ·

Selfsugtige opmerking!

Haar ouers het haar tog grootgemaak vir 18 jaar en al daardie geldjies wat betaal is aan modelskole het haar sekerlik gehelp om te wees waar sy was.

Willie ·

Amore, dit is natuurlik elke ouer se verantwoordelikheid en plig teenoor hulle kinders om die beste opvoeding waar moontlik aan hulle te verskaf.

Amore ·

Hi Willie,
En dis ook elke kind se plig om ouers uit te help as hulle dit nie goedgaan nie. Ek sien netnie die punt dat dit die ouers se skuld is as die kind besluit om ‘n bydrae te WIL lewer nie.

Babs ·

‘n Berig in ‘n nuusblad kort na die tragedie is genoem dat Reeva vir haar ouers gesorg het. Pa en Ma was albei by perderesies (dobbelbedryf) betrokke. Moes hulle toe nie voorsiening gemaak het vir die toekoms. Daar is mos nog ‘n broer ook wat kon sorg. Het hulle nou genoeg geld gemaak uit oorsese publikasies. Wanneer ‘n geliefde sterf is geld die laaste ding waaraan jy dink – veral as jy nie sonder werk was nie.

Leeutjie ·

Weet jy Babs ek stem saam met jou. ‘n Wors het 2 ente. Daar is dinge wat ons nie weet nie en seker nooit sal weet nie. Dit is die plig van die ouer wat geboorte gegee het om die kind op ‘n plek te bring waar hulle selfversorgend is. Daarna moet die ouers selfvoorsienend wees en nie steun op die kinders nie. Die versorging van haar ouers moes sekerlik groot verantwoordelikheid op Reeva se skouers geplaas het, wat ek voel nie regverdig was nie, vernaamlik omdat daar dobbel by betrokke was. My eie gevoel oor hierdie saak is ‘n gevoel van verdeeldheid en verwarring. Net God het die antwoord!

Marlene ·

Nou hoe verstaan ek nou in die hof het hulle gese hulle het NIE die geld gevat en nou se Maroela hulle gaan die geld terug gee. EK hoop met rent……. EN ek glo Reeva was ook nie so onskuldig as wat dit voorkom nie. EN die ouers is verslaaf aan dobbel so nou het hulle nie meer daai geld om te dobbel nie. In die Huisgenoot was n artikel Reeva se ouers sit op straat maar nie lank daarna nie bly hulle op n pragtige plek en het n besigheid en seker elke week by die perde. Dis skokkend.

spikkel ·

Nee-wat, ek het nie veel tyd vir Reeva se ouers nie, hulle speel die “game” net soos dit hulle pas. Eers was Oscar se geld goed genoeg tot die publiek gesê het hulle is geldgierig en net agter sy geld aan, nou eweskielik wil hulle hom nie meer dagvaar nie en wil hulle selfs die geld wat hy reeds vir hulle gegee het teruggee. Dis nou kamma bloedgeld. Twak, hulle sou meer wou inpalm, maar hulle gaan aangeval word deur die publiek. Dit is soos Amore sê, haar ouers het vir haar gesorg en betaal vir modelklasse, maar n kind skuld hul ouers niks meer as respek en liefde nie, nie terugbetalings in geld vir dienste gelewer net omdat hulle alles uitgedobbel het nie. Ek haal my hoed vir Oscar af, hulle het hom so sleg gesê en nogsteeds het hy elke maand geld gestuur. Ja, ja, hy het hul dogter geskiet, perongeluk!!! Ek sê nogsteeds, geen meisie was ooit deur hom bloedneus geslaan en in n hospitaal of iets nie, hoekom sal hy nou sy meisie skiet en die kans staan om alles te verloor? Geen mens in sy gesonde verstand sal dit doen nie, hy sou haar in haar kanon ingestuur het eerder as om haar te skiet. Hy het geweet wat hy het om te verloor, hy het n oordeelsfout gemaak, dit het al met hoeveel gebeur. Ons dink dit kan nie met ons gebeur nie….never say never.

Sjert ·

4 Skote in ‘n deur wat van BINNE GESLUIT is. Vanwaar daar kwalik ‘n onmiddelike bedreiging kan kom, wat die skietery kan noodsaak.

Waarom sluit ‘n meisie haarself toe in ‘n toilet in die huis van ‘n “vriend” met haar selfoon byderhand…3 uur in die oggend???

“Per ongeluk” sê jy!
“Oordeelsfout” sê jy.

tsk tsk tsk

Sollie ·

sjert – wat soek ‘n meisie daar as sy so bang was en hoekom het sy nie vroeër gewaai nie???

Sjert ·

Sou ook graag wil weet waarom so ‘n pragtige meisie vir die vent met sy laaaang boelie rekord loop kuier het. Ek kan raai, maar sal dit liewer vir myself en my pelle hou.

Hoekom sy nie vroeër ‘gewaai’ het nie?
Ek was nie daar nie, so ek kan jou ongelukkig nie met daai ‘gewaai’ helpie.

Maar wat ek jou wel kan vertel is die volgende: Wanneer ek ‘n lawaai in my toilet sou hoor (wat van binne gesluit is) en die banggeit my op grootskaal oorval. Gaan ek die tone laat klap en skree en wat ookal. Vir seker sal ek nie met ‘n skietding laat waai nie.

Is maar hoe dit is…

Marcel ·

Ek weet die hele wereld gaan my nou aanval maar dit pla my al vanaf die eerste dag dat ek vir Mev Steenkamp gesien het en ek moet dit nou net sê, kan sy regtig nie iets aan haar haarstyl doen nie. Miskien kan sy bietjie van die geld wat sy nou wil terugbetaal aan Oscar terughou en haarsalon gaan besoek. Val my maar aan ek moes dit net van my hart af kry.

Leeutjie ·

Marcel…. ek dink dieselfde. Sy is ‘n verbitterde mens (wat duidelike op haar gesig wys) en bitterheid bring jou nerens. Jyself is die enigste een wat ly. Aan die begin van die hofgeding het sy gese hy is die duiwel vanself, maar sy geld was goed genoeg??

Elizabeth ·

Leeutjie, jy is reg – ‘n stuk wors het twee ente (DIS nou vir jou ‘n oulike uitdrukking!) en ek sê al lankal ons weet nie EEN wat daar gebeur het nie – ons was nie daar. Reeva was ‘n grootmens wat haar eie besluite daardie aand geneem het en wees eerlik, sy kon baie vroeëer gewaai het as sy wou – sy het nie. Ek wilnou nie weer hierop ingaan want ek is keelvol vir al die goed. My opinie ivm die geld is dat hul ipv om dit terug te betaal gebruik om een of ander stigting te begin. Iets waarin vroue dan gehelp kan word, sê bv ‘n veilige hawe (ek weet daar is baie sulke plekke maar daar is steeds ‘n groot vraag vir meer sulke plekke), nie net word die geld vir ‘n goeie doel gebruik nie maar ook sal dit help dat hulle dinge in perspektief kan kry, aanvaarding van wat gebeur het ens. Daar is NIKS wat my groter plesier gee om elke liewe maand ‘n groot deel van my salaris te gebruik vir een of ander welsynprojek. Mens hoef net in die koerante te lees, daar is altyd iemand of iets wat hulp nodig het – ek verkies diere organisasies maar help ook ander. Hulle sal gou genoeg van hul verbitterde houding vergeet en sien dat daar maniere is wat ‘n Hoër Hand hul wil gebruik om ander te help. Die oomblik wat jy “na buite” begin lewe, DAN eers besef mens die werklike sin van die lewe, glo my! Ek sou ook wou weet waar kry hulle nou skielik die geld vandaan. Nee wat, doen iets moois om jul dogter se lewe te herdenk deur iets positiefs te doen. Haat en gevoelens van “ek sal nooit vergewe” ens bring mens nêrens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.