Reeva se ouers: ‘Hoekom het hy haar nie laat wegstap nie?’

June Steenkamp op 12 September 2014 in die hof terwyl die uitspraak voorbehou word Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

June Steenkamp op 12 September 2014 in die hof Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Reeva Steenkamp se ouers het in ʼn onderhoud met ʼn Australiese tele

visiekanaal gesê hulle is verlig omdat die besluit om Oscar Pistorius op korrektiewe toesig vry te laat, teruggetrek is.

June en Barry Steenkamp het aan die program Seven’s Sunday Night gesê Oscar het hul lewens vernietig en Reeva se lewe en kans op ʼn toekomstige huwelik en baba geneem. Die egpaar het ook gesê Oscar het sedert sy skuldigbevinding probeer om met hulle kontak te maak, maar hulle is nie gereed om met hom te praat nie.

“Ek sal aan hom sê ek wil net hê hy moet besef dat hy ons lewens vernietig het,” het June gesê.

Volgens June het sy een keer met Oscar gepraat toe Reeva haar van sy motor af gebel het en gesê het sy is bang aangesien hy glo teen 200km/h gery het. “[Ek het gesê] as jy my baba seermaak sal ek jou laat doodmaak.”

Maroela Media het vroeër berig dat Pistorius se vrylating op korrektiewe toesig op die laaste nippertjie teruggetrek is. Pistorius sou Vrydag op korrektiewe toesig vrygelaat word, maar Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, het Woensdag die besluit na die paroolhersieningsraad terugverwys. Masutha het gesê die besluit is te vroeg geneem aangesien Pistorius eers vanaf 21 Augustus in aanmerking kan kom vir moontlike vrylating.

Pistorius het teen Vrydag presies tien maande – ʼn sesde – van sy vyf jaar-vonnis uitgedien.

June het aan Seven’s Sunday Night gesê tien maande agter tralies is nie genoeg nie. “Hoe kan tien maande genoeg wees? Hy het haar doodgemaak. Hy erken hy het haar doodgemaak. Sy is dood. Hoekom het hy haar nie net laat wegstap nie? Hoekom?” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

zahn ·

Diep vrae my tannie. Baie diep vrae. Die emsne wat so glo in sy onskuld kan gerus hierdie een herkou en dink aan ‘n antwoord. Hy het dem goed geweet sy is al mens wat agter die deur kan wees. Inbreker storie is sommer twak.

wilna ·

Vir iemand wat so treur “travel” sy nogal baie. Sy beplan seker nog n boek. Niemand weet wat daar gebeur het nie so kom ons hou die oordeel vir God. Almal het n eier te le oor die storie maar hulle het geen feite nie.

Dave ·

Wilna, waarom so jaloers op June Steenkamp? Waarom probeer jy nie self ‘n boek skryf nie? Sing jy dieselfde deuntjie oor plaasmoorde ook? Dan kan jy dit in die boek doen sonder om jaloers te wees op ander wat boeke kan skryf.

Leon ·

Het u al kind begrawe? Hou U kommnetaar vir U self last die vrou treur. Almal hanteer so iets verskillend op hul eie manie. Sies man skaam julle.

mariaan ·

Dis duidelik jy weet nie hoe dit voel om ñ kind te verloor nie. Of sy “travel” of tuisbly, maak geen verskil nie
Haar kind is dood. Weg vir ewig en sal nie weer terugkom nie. Maak nie saak of iemand daar was of nie, hy het haar geskiet. Waar ander mense twee keer sou dink om ñ ” inbreker” agter ñ geslote deur te skiet, het hy geskiet om seker te maak die mens word nie net afgeskrik nie, maar die mens word doodgeskiet met ñ paar skote. Afgemaai!! June Steenkamp moet nie net met verlies worstel nie, maar ook met bitterheid en woede. Hoe sou jy reageer as dit jou kind was?

Alicia ·

Wilna, Francois, Tasha – julle verdien ‘n Bells – Ek dog ek is die enigste een wat keelvol is vir die familie se treurmare – nee my magtag. Bou ‘n brug en kom daaroor!!!

Poplap ·

Wil mos lyk asof julle vas sit onder daai brug wat julle gebou het.

Dave ·

Maar jy, Francois en Tasha sit en hou die berigte dop en mis nie ‘n woord nie! As julle keelvol is daarvoor hou op om dit te lees – dat julle iets sò eenvoudig nie kan verstaan nie verduidelik die inhoud van jul kommentare.

Ella ·

Ja nee ek het gedink dit is te goed om waar te wees toe hulle sê hulle gaan nie met die media praat nie….. hulle het gewag vir die hoogste offer. Dit is n skande hoe die vrou haar dogter se dood uitbuit en geld maak in die proses. En ja voor julle my stenig as dit my dogter was sou ek nie geld gemaak het uit die storie uit nie maar ek sou eerder my revenge op hom geplot het en nie nog boonop elke maand n stewige bedraggie van hom af aanvaar het nie. Ek voel glad nie jammer vir die ouvrou of haar man nie. Hulle wil net ryk word uit hulle kind se dood uit. Sy is nie die woord ma werd nie. Vieslike ou vrou ek dink jou dogter draai in haar graf om.

Freida Venter ·

Sy kerm en plaas dat sy net aangaan met haar lewe, my kind is op die ouderdom 23 vermoor en die moordenaar loop los, ek mis hom geweldig en dit het my man se dood veroorsaak 3 jaar later, sy kan dankbaar wees sy weet waar haar dogter is. Want ek is…

Leeutjie ·

Die opskrif lui: Hoekom het hy haar nie laat wegstap nie? My vraag is: Hoekom het sy nie self weggestap nie? Elkeen het ‘n keuse….by haar was dit haar keuse om (na haar kwansuise vrees vir hom), steeds na hom toe te gaan!

Dave ·

Wat probeer jy sê, Leeutjie? Neem jy haar kwalik dat sy tog steeds haar lewe by hom gewaag het? En dit ‘n fout was? Moet nie die fout by haar soek nie – dink!

Jo-anli ·

Jammer ek’t geen genade vur Oscar nie, hy kon haar laat gaan het, maar die eiewaansindroom en jy behoort aan my sindroom wat hy aan ly. Ek’s onaantasbaar. Dit werk nie. Jy skiet nie iemand net dood en dink jy gaan wegkom nie. Hy moet vir die res van sy lewe sit.

susan ·

As ek iets in my badkamer hoor en dink dis n inbreker gaan ek hom nie laat gaan nje. Ek gaan skiets. Dis hy of ek. Ongelukkig is dt wat gebeur in n land met so hoe misdaadsyfer.

Gordon ·

Ja want in SA breek mense mos in om hulself in jou badkamer toe te sluit. Dit maak sin. Wanneer jy enige iemand deur ‘n geslote deur skiet is dit moord. So maklik soos dit. 4 Skote is geen ongeluk nie. Hy het sy bed gemaak laat hy in hom slaap.

Annemarie Steyn ·

Susan ek gaan darem eers my man of vrou sê daar is ‘n probleem voor ek SAGGIES uit die bedkruip en my pistool oorhaal, nie waar nie? Logika is ‘n wonderlike ding.

Rynhardt ·

June Steenkamp,u se:”Hoekom het hy Reeva nie laat wegstap nie”.Werklik,June?Kom ek vra die volgende aan u.Hoekom hwt u Reeva by hom oorgebly?Sy was nie met hom getroud nie.As jy waardes het,dan gaan jy terug na jou eie woning!Het Reeva dit gedoen,het sy nog gelewe as om na al die gesanik van die more tot aand te hoor!June,daar word baie mense plaaslik en internasionaal vermoor,en hul kry nie soveel publisiteit soos u dogter,Reeva nie!Dit is klaar in my boek n misdaad!

Martina ·

Ek stem saam met jou Rynhardt! Wat soek sy daar? Sy wou glo uitgemaak het…….hoekom het sy dan vir hom n vergroting laat maak vir Valentyns dag? Laat alle meisies fotos maak vir die vriend met wie sy wil uitmaak?
Nee sy was nuuskiering hoe so n verhouding met n gestremde mens met baie geld werk. Die oomblik van waarheid het haar geskok!!!

Susan ·

Ek stem saam. Reeva was ‘n groot vrou met ‘n eie wil en keuses. Sy het gekies om by Oscar oor te bly. Ongelukkig met nare gevolge.

Winston ·

Wee die een wat n kind aan die dood afstaan. Die ouers kom nooit daaroor nie en vir die wat sê sy kerm, ek betwyfel dit of een van julle n kind aan die dood afgestaan het. Geregtigheid het nie geskied in hierdie saak nie en ek hou aan kerm oor geregtigheid. Ek sê weer: Sterkte Gerrie Nel met jou appél. Ek wag met groot afwagting op n ter syde stelling van die uitspraak.

Darty ·

Ja Lettie ek sien hiers darem baie slim mense wat weer kommentaar lewer!!!! Wonder OOK wat sou gebreur het as dit HULLE kinders was!!!!!! Kleinlik!!

Christie Joubert ·

Oscar het vir Reeva geskiet. Dit is so. Omdat hy dalk bietjie trigger happy was en dalk n bietjie “invinsible”. Hy was immer op die kruin van sukses. Wat daar gebeur het is n verskriklike tragiese ongeluk, en ek dink Oscar is bitter, bitter spyt. Hy is stukkend. Ek voel baie jammer vir Reeva se ouers, maar hierdie alewige “bitterheid” van haar wat sy wyd en suid loop en verkondig raak nou bietjie dik vir n daalder. Rou oor haar. Huil oor haar, maar doen dit in jou eie privaathied. Hierdie ding dat jy steeds openlik verkondig hoe kwaad jy is vir Oscar, gaan jou nog lelik aan jou alie byt. Karma is niemand se maaitjie nie….

mariaan ·

Dis duidelik jy weet nie hoe dit voel om ñ kind te verloor nie. Of sy “travel” of tuisbly, maak geen verskil nie
Haar kind is dood. Weg vir ewig en sal nie weer terugkom nie. Maak nie saak of iemand daar was of nie, hy het haar geskiet. Waar ander mense twee keer sou dink om ñ ” inbreker” agter ñ geslote deur te skiet, het hy geskiet om seker te maak die mens word nie net afgeskrik nie, maar die mens word doodgeskiet met ñ paar skote. Afgemaai!! June Steenkamp moet nie net met verlies worstel nie, maar ook met bitterheid en woede. Hoe sou jy reageer as dit jou kind was?

Petro ·

Wonder hoeveel sy betaal is om haar storie in Australia te gaan verkwansel? Reeds in 2014: “International media sources have told City Press that British TV station Channel 5 paid the parents of Pistorius’ slain girlfriend, Reeva Steenkamp, R500000 for an exclusive interview they aired last year. ” Rou het nou ‘n besigheid geword. Wonder of die “bloedgeld” al terug betaal is…

Mariette ·

Na die artikel in die Huisgenoot is ek ook moeg vir die tannie se gemor. Sy se nie een van Reeva se vriende het haar tot nou toe gekontak…wonderhoekom? Sy weet nie eers waar haar kind se goed is, klere, kar sulke dinge….is dit n ma wat rou? As sy nie eers betrokke is by die afhandel van haar kind se boedel? Iets lyk en ruik nie hier lekker….dink nie daar was regtig ouer en kind verhouding as jy my vra. Sy maak nou lekker dollars met haar onderhoude, dink dit is krokodil trane

Annamarie ·

In die eerste plek as dit my dogter was het ek nie sy geld gevat nie ek sou hom “genail” het.

Alicia ·

Lettie, ‘n mens treur by die huis saam met jou familie. Nie in die koerante en media nie – dit is aandag soek!

wilma ·

Die feit is hy het haar geskiet en dit erken. Hy moet sy volle tyd uit dien. Om n kind te verloor is die ergste wat met n ouer kan gebeur. So julle wat so kerm oor June. Bou vir julle n b rug en kom daar oor. Die vrou het seer. Ek sal hom lankal iets aangedoen het as dit my dogter was

celeste ·

Niemand se wat hy gedoen het was reg nie. Natuurlik is dit erg wat hier gebeur het maar Dis die manier hoe die vrou wins maak uit haar kind se dood. Die waarheid is (of jy dit wil weet of nie) sy “sing” net as daar n geldtjie in die “jukebox” gegooi word. Dis ongelukkig die waarheid.

Francois ·

Ek steem 110% saam met Celeste…dis al wanneer jy haar hoor, as sy geld soek.

Arita ·

Ek stem saam Celest. Reeva het net vir haar geldwaarde vir haar ouers. Ek het simpatie met die wat hulle hul dogter aan die dood moes afstaan. Hulle moet nou ophou om simpatie en geld te soek en aangaan met hul lewens. Maak vrede met wat gebeur het. En begin werk aan vergifnis. Reeva het die roem wat sy gesoek het na haar dood verwerf.

Ek kry Oscar baie jammer vir wat by gedoen het. Hy het opregte berou getoon, maar Gerrie Nel verbeel hom by is n god wat mense kan veroordeel sodat Gerrie as oorwinnaar kan op tree.
Baie van die mense wat Oscar nou so veroordeel, sou ook geskiet het as hulle in dieselfde situasie was, maar hulle is te lafhartig on dit te erken.

Oscar is gestraf vir Reeva se dood en omdat hy n wereld bekende atleet met n gebrek is.

Vergewe nou vir Oscar en last hy aangaan met sy lewe! Se eder dankie Jesus dat jy wat Oscar so veroordeel nie in sy situasie was nie. Dit is net deur grenade wat dit nie jy was nie.

Rynhardt ·

Voordat ek vergeet.Reeva het plaaslik en internasionaal hope kerels gehad.Die engelse pers het na haar verwys as,”She was everybody’s babe”.Dit se alles,10 uit 10 vir engelse pers!

Vic ·

Regtig Rynhardt? Jy klink vir my na die soort ou wat die slagoffer van verkragting blameer omdat sy n kort rok aangehad het, of te laat op straat was.
Dit is nou eenmasl nie n misdaad om “oor te bly” nie. Nog minder om publisiteit te kry as jou kind doodgeskiet word. Ek moet se, ek’s bly jy’s nie n regter nie. Jy sal sommer 80% van Suid Afrika skuldig bevind aan misdaad omdat hulke oorbly, en die res omdat hulle te veel publisiteit kry. Maar die moordenaars sal vrygespreek word. En dan klaag julle oor ons regstelsel……….

pop ·

Die wiel draai hoor!! Dis aan julle almal gerig wat die arme vrou so lelik slegse. Julle weet nie een of sy geld kry van die koerante af nie. Ek sou ook so aan gegaan het, Want sys bang mense vergeet haar kind. My kind is dood en ek se nou hier vir julle, die vriende weet nie wat om te se vir jou nie< dus vermy hulle jou. So vir julle onthalwe hoop ek nie julle het kinders wat dalk iets kan oorkom nie, want ons sal ook van julle verwag om julle monde te hou en weg te raak in die skaduwees.

WONDERNET ·

Gaan kyk gerus wat Cousin Vinnie te se het op praag.co.za/?P=33600

Alles oor stres en wat dit aan mense soos Oscar kan doen. Wie van die wat so oordeel het alles beleef wat Oscar beleef het? Albei voete verloor, gejaag om te presteer teen normale mense, moeder verloor op jong ouderdom, pa was nie daar vir hom… om net n paar voorbeelde te noem.,

Lali ·

And the moral of the story is ??? Shoot somebody, you might feel better about yourself ???

Ami ·

Die vrou spandeer heeltemal te veel tyd om sensasie te soek en onderhoude met die buiteland vir geld toe te staan vir iemand wat sê lewe kwansuis aan skerwe lê. Mense moet ophou om regters se rolle oor te neem en te besluit wat van Oscar moet word.

Hans ·

lyk my die wat so behep is met Os car se vrylating en Reeva se ouers wat daaroor moet kom.julle skreeu die hardste oor moordenaars wat vry loop en op parool uit is. Net wanneer die skoen julle natuurlik pas.bly vir sy part dit was nie my kind

Ina Smith ·

Hoekom het sy nie self uitgestap nie ?? Elke vrou het tog ‘n keuse en wil van haar eie ??Ek is eerlik jammer vir haar ouers maar mens wonder tog wat skuil agter die publisiteit en sensasie soek.. Oscar se gewete is sy straf .. glo ek ,, duisende mense word daagliks vermoor en daar is nie soveel opspraak en ophef oor nie .. hoe word boere/kinders nie gemarteltel en vermoor nie en dan kom hul moordenaars soms skotvry daarvan af .. tegniese foute en misplaasde dokumente of bewyse . Om so aan te gaan en aan te hou bring haar nie terug nie en ook nie berusting nie ..Dis nogal jammer dat die veltog net gaan oor haar moord en nie ook oor ander sn nie ,,

Thea ·

Ek wil net vandag een vraag vra, as dit enige iemand anders as Oscar was wat Reeva vermoor het sou dit nogsteeds so wereldswyd uitbasuin geword het. Ons het ook vriende gehad wat wreed vermoor is en dit word net eenvoudig stil gehou in die media. ek sal nooit vergeet dat “dierbare” June in haar eerste onderhoud met Huisgenoot gesê het hulle het nou nie eens meer DSTv nie en dit het my tot vandag toe nog lelik gegrief watter ma tree so op het sy net di geld sien uitvlieg by di deur. My hart gaan uit na haar oor die kind wat sy verloor het maar verder voel ek niks jammerte vir haar nie

johanette ·

Bou net n brug en kom daaroor. Die saak is nou regtig al hol gery.

petro ·

Ek kan dink sy gaan deur hell maar hkm altyd na die koerante toe hardloop om n punt te maak june…..jy soek regtig net sensasie want hoe meer moorde en misdade die nuus maak en mense vergeet van jou hoe meer hardloop jy na joernaliste toe regtig!!!!!!As n mens soveel pyn het gaan jy nie elke 2 de week na n joernalis toe gaan nie.

Weduwee ·

Wow Alicia, jy het baie duidelik nog nie iemand na aan jou verloor nie, seker die mees onsensitiewe ding om te sê “bou ‘n brug en kom daaroor”. Regtig?
Ek is ook nie mal daaroor dat sy ‘n boek geskryf het ens nie, maar sy is nie die geleentheid gegun om in privaatheid te treur nie, haar verlies en rou is in die publiek, of sy daarvan hou of nie. En glo my, geen geld in die wêreld kan opmaak vir die verlies van ‘n geliefde nie. Dit help dalk met hulle dag tot dag benodigdhede, maar ek belowe julle dit laat haar nie beter voel nie.
Moenie te vinnig wees om te oordeel nie. Enige iemand wat nie hou van die storie nie, hoef dit nie te lees nie.

Ems ·

Enigste ding wat June Steenkamp berou is dat die Reeva-kraantjie opgedroog het. Ja ek is ook bitter jammer dat Reeva so ‘n aaklige dood gesterf het, maar ongelukkig gaan niks haar terugbring nie. Wanneer gaan mense besef dat Oscar ook sy lewe verloor het met die voorval, hetsy per ongeluk of met ‘n doel. Miskien sal die mense eers rus wanneer hy selfmoord pleeg of op ‘n ander manier sterf. Dink hy het dit al male sonder tal self gedink.

Anre ·

Ek stem saam met die meerderheid. Dis nou genoeg. Gaan vir berading met al die geld wat julle ontvang het en steeds kry vir al die “media coverage” en kom oor dit. Oscar gaan vir altyd betaal… of dit nou ‘n ongeluk was of nie. Om hom aanhoudend sleg te maak, maak julle nie beter nie – inteendeel, julle maak jul eie naam, asook Reeva se naam sleg. As ek hy was, sou ek ophou soek na hul vergifnis. Hy gaan dit nooit by hulle kry nie…….(of dalk moet hy ietsie groters onder die tafel aangee want dis lyk my wat hulle wil hê???).

Henk ·

Dalk omdat sy weergawe moontlik waar is? En hy haar dus NIE opsetlik geskiet het nie?
As Oscar dan nou so wreed was, waarom het sy dan die dag/aand daarheen gegaan? Waarom het sy nie lankal die verhouding met hom verbreek as hy werklik vir haar ‘n bedreiging ingehou het nie?
Ek vra ook maar net…..

Mossie ·

Julle mense wat se n mens kom nooit oor jou kind se dood gaan sit en dink bietjie. Ja jy kom nooit oor jou kind se dood maar dit raak elke dag beter ek weet ek is daar! en om aantehou klou maak dinge nie beter! My gevoel is June is meer hartseer dat die tjeks elke maand nie meer inkom. Ek stem saam Rynhardt,WAARDES!!!! Julle moet ophou judge JULLE weet nie werklik wat gebeur het nie en ons sal nooit, maar dus mos makliker om net te judge! So shut up and lets move on to things more important!

NEL ·

Kan nie glo die klomp bisarre kommentare wat hier gelewer word nie. Wat is die verskil tussen ‘n plaasmoord en die moord op Reeva. Moord is moord maar sekere mense kom met moord weg om dat daar geld is wat praat. Almal in die land en buiteland was geskok dat Oscar se saak van moord gedraai is na strafbare manslag.Volgende skok was dat hy 5 jaar tronkstraf kry maar net 10 maande hoef uit te dien. Wie is nie ontsteld oor die sameloop van die omstandigehede rondom die hofsaak nie. June Steenkamp nail hom so ver as jy kan al moet jy dan nou die media nader om jou seer uit tedruk . En vir julle klomp ongevoelige mense wat hier kommentaar gelewer het, hoop dit is nie jou beurt eendag om die seer van ‘n dogter wat vermoor is te verwerk nie.

June-se-dinges ·

AG PLEASE! hou hierdie tannie tog nooit op nie!
Plaas hou sy op om stories aan koerante en tydskrifte en tv kanale te verkoop en gaan rou in stilte oor haar kind se dood. Wie is ons om te oordeel!! was enige van ons daar? nee!
O.P sal eendag rekenskap moet gaan gee.
En ek hoop dat almal wat so met klippe gooi nie self dalk agter die deur staan nie

magriet ·

ek is jammer, maar ek kry ook die idee June is die ster in haar eie heelal en praat graag met die media wanneer daar geld betrokke is. ek het van die begin af geen simpatie met haar gehad nie, sy het ‘n wrewel op haar gesig wat my bly maak dat ek haar nie ken nie. die oom se gesig spreek egter van hartseer en vir hom kry ek jammer

Dave ·

‘n Massa van julle is die belaglikheid vanself. Die gesprek behoort te gaan oor vrylating op korrektiewe toesig wat toe nie toegestaan is nie maar julle maak June Steenkamp die tema. En julle wat sê dat julle nou moeg geluister is na haar, sit met gulsige oë en gretige hande en wag op enige berig oor hulle. Waarom lees julle dit? Omdat julle nie kan wag vir die volgende episode nie.

Magriet ·

En jy lees en lewer ook maar kommentaar oo wat die “massa van julle” skryf. Dan sou ek sê dit maak jou een van die massa?

Dave ·

Maar wanneer ek kommentaar lewer gaan dit oor wat gebeur het en nie oor die Steenkamps wat op geregtigheid aandring nie. Ek is dus nie een van die massa waarna ek verwys het, nie. Wanneer jy kommentaar lewer op ‘n berig is jy veronderstel om by die tema te bly.

Sollie ·

Dave vee voor jou eie deur – jy lewer ook NIE kommnetaar oor die berig maar oor die massas en val ander aan. Lees bietjie alles wat jy skryf ou…

Jelly Bean ·

Vergeet en Vergewe gaan aan met jou lewe, jou hart is seker al ‘n moordkuil. Alles is in die Here ons Vader se hande en wat oor jou pad kom is ons Vader se doen en late wie is jy om te oordeel nee sies! Leef van dag tot dag en laat leef! Laat die Liefde en Herinneringe in jou hart voortleef!! Nee Regtig Antie dit raak nou regtig te erg, wat se die spreekwoord: “Money Talks and ……. – say no more!!!!

Johan 2 ·

Ek dink die hof het ons almal gevaal deur nie n duidelikke uitspraak te gee nie. Nou sal ons nooit weet wat gebeur het nie en die een mens wat weet sal of nie sê nie of nie geglo kan word nie.

Weskaper ·

Saak het 2 kante. Wat dink Reeva se ouers dat sy die aand by Oscar gaan slaap het, sekerlik het hulle nie net handjies vasgehou nie. So sy is nie so edel sooswat haar ouers nou dink nie. Ja dit is bitter swaar om ‘n kind te verloor, maar jy moet die ware feite in die oe kyk en aanbeweeg.

mariaan ·

Vir almal wat so vol opinies is oor hoe June Steenkamp volgens julle moet treur, julle het nie ñ idee waarvan julle praat nie. Ek het ñ kind verloor en vandag, 17 jr later rou ek steeds al weet niemand dit nie. Mense kan die grootste onsinnighede kwytraak, soos dat jy goed lyk en bly is dat jy aangaan met jou lewe. Goed wat jou in ongeloof laat stilbly en dit nie eers nodig ag om die mens te antwoord nie. Mense oordeel volgens die uiterlike, maar dis gewoonlik hulle wat ook nie nagte wakker lê oor ander se seer en verlies nie. Dis skandelik om June so te kritiseer en afleidings te maak. Soveel mense, soveel opinies.

JB ·

Sonde is sonde, of jy jok, steel, moor of oneerlik is, dit bly sonde en niemand van ons daarsonder nie. Wat Oscar gedoen het, is beslis nie reg nie, maar ‘n saak het twee kante. Ten spyte van sy humeur moes daar meer gebeur het wat hom so sou laat knak het sou hy dan haar met opset geskiet het. Dit lyk of hy wel berou het, maar hou op dood spreek oor hom. Sy familie lei net so onder julle tonge. Dit raak hul almal. Ek praat uit ondvinding. Bid eerder vir hul

Xxx ·

Ek het baie simpatie met Reeva se ouers. Dit moet vreeslik wees om n kind te verloor. June het n vreeslike bitterheid in haar. Sy het in Huisgenoot so te kere gegaan oor die familie by wie Reeva gebly het voor haar dood. Die familie het volgens haar al die sitplek in die hof oor geneem. Pleks sy eerder dankbaar was hulle het soveel omgegee vir haar dogter. Ek weet nie maar ek dink sy was maar nog altyd n bitter mens. Sterkte vir June

alida ·

Ja regtig die Steenkamps moet nou vrede maak. Al kry Oscar nog 30 jaar tronkstraf en die Pretorius familie betaal haar R30 miljoen gaan dit nie haar kind terugbring nie. Rou in stilte en waardigheid en onthou die goeie dae. Dit is tog voor die handliggend dat June nou net sensasie en geld soek. Het iemand al gedink hoe Oscar moet voel? Hy is deur hel gedurende die Hofsaak en Gerrie Nel moet by die sirkus gaan aansluit. Ek hoop Oscar kan weer aangaan met sy lewe en mense sy privaatheid respekteer. Reeva het baie bygedra tot dit wat gebeur het, maar daarvan wil June Steenkamp nie hoor nie.

Anoniem ·

Ek stem saam, die ou vrou is agter publisiteit en geld. Sy het Oscar dan vergewe voor die saak afgehandel is. Sy en haar man was dan geskei, waarom nou sodanig met mekaar. Sy kan haarself nie vergewe deurdat sy nie vir Reeve ‘n morele opvoeding gegee het nie. Geen vrou met Christelike opvoeding sal by in man gaan slaap en toelaat dat hy met haar mors nie. Ek is jammer vir die omstandighede maar daar is miljoene mense wat kinders onder erger omtandighede verloor het, wie se lewe moet aangaan. Ek wens sy wil ophou om wraak te neem en vrede te maak met die verlede en vorentoe beweeg.

MAGDA ·

oscar speel baie goeie toneel- kan filmster word as hy uit die tronk kom

nig ·

Sou almal so tekere gegaan het as Reeva ‘n ANDERSKLEURIGE was? I think not!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.