Reeva se ouers ondersteun ‘stryd vir geregtigheid’

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp. Foto: Twitter

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp. Foto: Twitter

Reeva Steenkamp, wat op Valentynsdag 2013 deur die voormalige paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, doodgeskiet is, se ouers het Donderdag gesê hulle ondersteun die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se “stryd vir geregtigheid” vir hul dogter.

Die Steenkamps het in ʼn verklaring gesê hoewel hulle nog altyd adv. Gerrie Nel, die staatsaanklaer, ondersteun het in sy stryd vir geregtigheid, het hulle niks te doen met die staat se besluit om teen Pistorius se moordvonnis te appelleer nie.

Die NVG het Donderdag aangekondig hy gaan ʼn aansoek om verlof tot appèl teen Pistorius se vonnis van ses jaar tronkstraf indien. Die NVG het gesê die vonnis wat deur regter Thokozile Masipa opgelê is, is “te skokkend lig” en nie in verhouding met die misdaad wat gepleeg is nie.

Die Steenkamps het gesê hulle fokus nou al hul energie op die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting wat op 19 Augustus, Reeva se verjaarsdag, in Port Elizabeth bekendgestel sal word. Reeva sou vanjaar 33 jaar oud geword het.

In die verklaring noem die Steenkamp-egpaar dat Reeva op die dag van haar dood by ʼn skool in Johannesburg sou praat oor mishandeling. “Reeva se ma streef nou daarna om haar dogter se stem te wees en Reeva se passie om slagoffers van huishoudelike geweld en mishandeling in te lig en te bemagtig, voort te sit,” lui die verklaring. Die egpaar beplan ook om ʼn opvoedingspakket oor huishoudelike geweld saam te stel en dit die “Reeva-pakket” te doop.

Barry Steenkamp, Reeva se pa, het tydens Pistorius se vonnisverrigtinge in Junie vanjaar getuig en ter verswarende omstandighede vertel van die hartseer wat sy dogter se dood veroorsaak het. Barry het gesê hy dink heeltyd hoe bang Reeva moes wees in die oomblikke voordat sy dood is en in hoeveel pyn sy was. “Oscar moet betaal vir wat hy gedoen het. Hy moet betaal vir sy misdaad,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

87 Kommentare

Wenner ·

Ek dink REGTIG hul gaan nou te ver. Kan die staat nie nou maar berus by die vonnis en aanbeweeg nie?

Nell ·

Nee, jy is verkeerd. Daar is n beginsel wat bepaal “the sentence must fit the crime”. As jy dan nou vir my wil sê dat ses jaar voldoende is om gevolg aan al die onderskeie strafmotiewe te gee, dan is ons op n glybaan my vriend.

Yolanda ·

Ja-nee wraggies, soos my Ouma altyd gesê het, n derm het ook n end.

annelize ·

God is in beheer, ek voel dis nou te erg, almal wil tog aanbeweeg, en Oscar sal nooit dit kan vergeet nie, dit sal sy lewe met hom gaan, waarom nou nog langer aanhou, fokus op ‘n nuwe saak; daar is sake wat nog nie eens opgelos is nie na jare, en elkeen moet met sy gewete saam leef, en niemand moet oordeel nie,

MCS ·

Ai, hier gaan ons alweer! Mors net die belasting betaler se geld! Seker daar is ander vermoordes se sake wat net so belangrik is, hoekom gee hulle nie aandag daaraan!

Mel ·

Ag nee rerig waar, net toe dit begin stil raak het………..

Go Gerrie! ·

You go Gerrie! Doen wat reg is ! Gerrie is al jare n ervare senior aanklaer en staan vir regverdigheid. Elke saak waarop ons senior aanklaers hulle tyd toespits maak n verskil in ons almal se lewens maak julle oe oop die aanklaer doen sy werk.

Maddox ·

Het hy net so baie passie as dit kom by plaas moordenaars, of word dit selektief toegepas? Snaaks nog nooit gehoor dat hy plaas moordenaars so jag nie.
Wonder hoekom nie?

Hehe ·

Hehe maklik Maddox daar is nie kameras nie en dit is gewone boere en goeie onskuldige harwerkende werkers wat vermoor word, hul lewe het mos die minste waarde in die land. Tot daar nie meer kos is nie, tog dink ek daai som sal ook te moeilik wees!

nic ·

Ek weet nie wat Gerrie nel wil bereik nie lyk of hy en nvg vir anc vroueliga week en steenkamps verander ook hul storie elke keer .oscar ons bid vir jou

Elmarie ·

Waarom het Gerrie Nel nie die Bret Kebbel saak so gejag nie, omdat hy te bang was. Nou wil hy sy naam on ligte sien.
Hierdie saak moes nooit op TV uitgesaai gewees het nie, dit is nie regverdig nie.

Divan ·

Ja Nic, bid vir die moordenaar. Bid sommer vir al die moordenaars in die land dat hul ook ligte vonnisse ontvang.

Melanie Erasmus ·

Dis tyd dat die Staat aanbeweeg. Oscar se lewe sal in elk geval nooit weer dieselfde wees nie- hy sal vir die results van sy lewe sy straf saam dra.

Kobus ·

Ek weet nie of julle die kommentare onderaan die vorige berig hieroor gelees het nie, maar kom ek herhaal, dit gaan oor meer as Oscar. Van wat ek verstaan uit die berig in die Engelse pers, word daar juis ook appél aangeteken om klarigheid vir ALLE strafregsake vorentoe te verkry, waar daar van die minimum vonnis, soos per die wet vir daardie kategorieë voorgeskryf, afgewyk word. Dus gaan dit NIE net oor hierdie saak nie, maar sal daar duidelikheid vir ALLE toekomstige sake daaruit voortspruit.

Hennie ·

Stem saam Kobus – regter Masipa het onnodige verwagtinge vir kriminele geskep wat nou ten duurste in die appelhowe beveg moet word.

Wern ·

Dankie Kobus dat jy dit duidelik maak. Almal behoort nou te verstaan waarom die straf heeltemal te lig is en waarom dit in ons almal se belang is dat Oscar vir baie langer moet sit.

So moeilik ·

Ai Kobus, so moeilik om te verstaan, ons hoor wat jy se, dit maak egter geen sin. Daar was nog altyd bepaalde strawwe, daar kan egter jare bygetel word as daar verswarende omstandighede is en afgetrek word as daar faktore is om dit te regverdig. Judge Masipa het dit so mooi uiteengesit en dit nog te moeilik vir jul om te verstaan!

Eish ·

Vir wie wil hul nuwe bepalings inbring? Riglyne? Hoeveel dubbel amputee’s is daar, nee wat dit is so belaglik soos die hekse jag deur Nvg, Steenkamps en Nel, pleks hul doen iets aan die kriminaliteit soos moordenaars wat vir n stokperdjie moor, hul kry borg en maak weer so,ontsnap en maak weer so, dan n ligter vonnis. Gaan volg die sake dan sal jul,jul belaglikheid besef.

Karel ·

Dan moet daar beslis na die Dewani saak ook weer gekyk word, want daar is nou n moordenaar wat los loop, hy het nie eers 6 jaar gekry nie. Al het hy nie self die daad gepleeg nie, was hy die “master mind” agter alles. Waar is geregtigheid in daardie pragtige onskuldige vroutjie se saak. Waar was Gerrie Nel toe gewees? Oscar het darem 6 jaar gekry, Dewani nie n dag nie.” So much” vir geregtigheid. As ek dan so na die twee manne se sake kyk, is Oscar se 6 jaar steeds voldoende, eers as Dewani agter tralies is dink ek kan daar oor geregtigheid gepraat word.

Willie E ·

Ek stem Kobus. 6 jaar tronkstraf, en dan dien hy ‘n sesde van sy vonnis uit dan is hy weer ‘n vry man. Gee nie om of hy sy lewe lank gaan “wroeg” nie – wat ek in elk geval nie glo hy sal nie. Sy hofsaak kan alle moordsake in die toekoms negatief be-invloed. Hy moet pa staan vir sy daad. Ek en miljoene ander glo elk geval nie sy snot en trane storie nie. Hy hoort eintlik in Hollywood met ‘n OSCAR agter sy naam….GO NVG…GO!!!!

Divan ·

Eish, weet jy wat ‘n heksejag is?? Hierdie is beslis nie. Die man is moordenaar en Masipa maak die deur wawyd oop vir moordenaars vorentoe. Hierdie vonnis sal vorentoe aangehaal word ter versagting van all moord vonnisse, mits Gerrie die kan regstel.

Joann ·

Laat Ossie die windbol betaal vir sy arrogante houding. Gerrie Nel jy is bleddie goed.

Koos ·

Mense hou julle in, 6 jaar is belaglik vir so’n oortreding. Dink jullle self in Reeva se ouers se skoene in en hoe hulle moet voel oor hul dogter se afskuwelike dood EN julle ongevoelige kommentaar en steun vir haar moordenaar.
As dit my kind was sou ek ook nie tevrede wees met so’n vonnis nie.
Hou op om Gerrie Nel sleg te se hy ken die wet en doen sy werk.

JP ·

Almal haak op 6 jaar vas. Sy vonnis is nie 6 jaar nie maar daar is 6 jaar bygevoeg op dit wat reeds uitgedien is dus 8 jaar met ‘n maand of wat by – selfde as Jub-Jub en die staat het nie op hom geappeleer nie ook nie op vele ander moorde wat minder as die “minimum” vonnis gekry het. So hoekom nou op Oscar fokus – seker die wereld wye publisiteit

Hy ken sy werk ·

Koos jy is 100% reg, hy ken sy werk, hy het n deal met n beplande self erkende moordenaar gemaak, daai man loop vry, maar hy ken sy werk, geharde moordenaars moet vry wees, ander wat nie gehard is en n tragedie oorgekom het ” jy sal sit”

Lida ·

Ek wonder maar net of die Steenkamps anders gevoel het as Oscar se geld kraantjie nog oop was

Hennie ·

Stem saam Kobus – regter Masipa het onnodige verwagtinge vir kriminele geskep wat nou ten duurste in die appelhowe beveg moet word.

Buitestander ·

Poog Gerrie Nel nog steeds om regter te word?
Ek glo nie na die skandaal nie!

se net ·

Die staat het baie geld om te mors em tweedens Reeva se ouers kon se genoeg is genoeg. Maar as dit pap reen moet mens seker skep.

Ekke ·

Liewe Steenkamps.
Kyk mooi na foto bo aan die berig, Ek dink sy ( hulle) lyk stralend.
Kom ons vergewe en rou in waardigheid.
En vir Gerrie. Hou nou op met wraak !!
En wys dat jy ook menslik kan wees.

Neewat ·

Neewat Eend nogal nie, gaan kyk hoe operate hierdie kamma hartseer mense, hul het besigheids mense geword uit hul kind se dood.

Manie ·

Gerrie Nel se ego gaan nou te ver. Hoeveel geld van die belasting betaler moet nog gebruik word vir regsaksies. Wonder maar net of hulle so baie sou appelleer as hulle self moes betaal vir die hofaansoeke. Die selfde gebeur op die oomblik by alle staats instellings. Kyk wat gebeur met zuma en sabc. Genoeg is nou genoeg

Jaco ·

Stem saam. Mos maklik om te appelleer. Spreek dan eerder die regter aan wat almal se geld en tyd mors.

Wern ·

Ek sal hom nie vergewe nie, so ook nie mense wat in reg en geregtigheid glo nie. Lewe is kosbaar, mens beweeg nie net aan nie. Skaam julle wat dit wil he!

Theresa M ·

Dan voel ek jammer vir jou, want jy sal dus ook nooit vergewe word nie.

Lida ·

Waardigheid het deurgaaans ontbreek hier. Maar as die gans ophou goue eiers le waai simpatie en objektiwiteit weg soos mis voor die son.

Liewe heksie ·

Klein mannetjie sindroom kan n Groot siekte word en is die skenkings aan die steenkamps ok nou aan die opdroog regtig is dit nou omdat hul nie meer op die voorblaaie van die koerante is nie

Mari ·

Almal bid vir Oscar. Wie bid vir Reeva? Sy moes tot die dood toe bang gewees het. Haar laaste oomblikke moes skrikwekkend gewees het. Ek as ouer verstaan haar Pa. Hy was nie daar om haar te beskerm nie. Soos enige Pa oor sy dogter voel. Net Oscar weet wat hy gedoen het. En net hy moet daarmee saamleef. Ek het die hele ding nou al hoeveel keer laat oorspeel en al gevoltrekking is dat mens nie net skiet sonder om presies te weet waar mens iets gehoor het nie. Ek het nog nooit gehoor dat ‘n inbreker homself in ‘n klein spasie toemaak nie. Hy wil steel en wegkom. Tensy Oscar geskree het dat hy ‘n wapen het en net gaan skiet. Wat nooit ter sprake was nie want dan sou Reeva sekerlik ook geantwoord het? Dis mos logies?

Marieta ·

Jub-Jub veroorsaak die dood van 4 onskuldige kinders en laat 2 onskuldige kinders met breinskade deur sy misbruik van alkohol en dwelms. Sy vonnis word verminder na 8 jaar in tronk. EN DIS REGVERDIG???!!! Asb mense. . . waar is die regverdigheid en watter boodskap stuur DIT vir toekomstige moordenaars en misdadigers ??? OSCAR HET GENOEG GEBOET!!!

Absoluut ·

Absoluut Marieta en dit was vir Nvg, Gerrie en Anc vroue liga heeltemal ok, nie n ooglid veroer om straf riglyne te herskryf nie, nee wat dit is om van naar te raak!

E ·

Respek vir ń geliefde, na hul dood, maak nie veel raas nie, want dit is seer.
Respek vir ń geliefde, na hul dood, onthou net die goeie, want dit is “memmories.’
Respek vir ń geliefde, na hul dood, raak rustig,
want God sal sorg.

Nou hoekom raas dit so?

Louwboepens ·

Almal van julle wat nou so tekere gaan.Dink julle werklik die verskil tussen moord en manslag is net een jaar?Dink weer.Regter Masipa het vir `n tweede keer gedwaal in haar uitspraak.Daar MOET appel aangeteken word sodat reg kan geskied.

Jane ·

Well said Louwboepens! Die moordenaar moet sit, stompies en al.

Ben Prinsloo ·

Gerrie sluit hom toe en gooi die sleutels weg. Dan het jy mos jou punt bewys. Maar wees nou n man en sluit hulle ook toe wat skotvry uitgestap het. Dan eers sal ek my hoed afhaal vir jou en sê jy is n man, al sluit jy net 1 toe. Soos sake nou staan weet ek nie wat jy wil bereik nie. Aan die Steenkamps net dit: julle het gesê julle sal berus by die uitspraak, watter uitspraak? Aand die ANC Vroueliga: ek sien Marius Fransman is weer terug in sy pos. Waar kom julle vroueregte praatjies nou in. O ja skuus ek het vergeet hy is mos van die uitverkore ANC.

Marieta ·

Louwboepens… MOET SE MAAI man!!! Die ander celebrity Jub-Jub se vonnis word verminder tot 8 jaar…. dit nadat hy willens en wetens die dood van 4 jong onskuldige kinders veroorsaak het en 2 jong onskuldige kinders met breinskade gelaat het deur sy misbruik van alkohol en dwelms. Regtig??!! Is dit nou regverdig???!!! Praat van dubbelde standaarde. Wonder watter boodskap stuur DIT vir toekomstige moordenaars en misdadigers? ? OSCAR HET GENOEG GEBOET! ! ! En ja, ek is die trotse ma van ñ pragtige dogter – voor ek gevra word. Oscar baie baie sterkte. .. Ons Hemelse Vader sal jou beskerm en jou hierdeur ook dra.

Gielie ·

Marieta, ja jub jub moes ook langer sit, daarmee stem ek saam, maar om te se hy het “willens en wetens” die ongeluk veroorsaak is verregaande. Oscar HET wel “willens en wetens” daai arme meisie geskiet om te dood. Strafbare manslag vs MOORD, appels en pere.

aloys ·

Ook in Nederland kry hierdie saak baie aandag. Die meeste mense hier verstaan heeltemal nie die lae strafmaat vir die moord nie. Woorde soos Lewenslank gevangenisstraf en Klassejustisie
word baie genoem.

ss ·

Reeva se saak is regtig nou genoeg en genoeg!!! Haar ouers saam met Gerrie soek net publikasie en mors belastingbetalersgeld …. Wat van al die ander moorde wat aandag nodig het van ook onskuldige vroue, kinders, boere, bejaardes …. Gerrie as jy nie ander werk het wat jou besig kan hou nie, gaan JAG OP DAARDIE MOORDENAARS OOK ASB ASB!! Gaan herroep al daai sake van al die ander moordenaars wat vir n jaar of 5 gesit het en gaan jaag hul ook terug in hul selle in vir langer dan gaan dit jou lank genoeg besig hou, jy gaan nie belastinggeld mors nie PLUS jy gaan n goeie daad verrig EN elke dag op die voorblaaie wees!!

Baasjan ·

ASB !!!!!!!!!
Winnie Mandella – Stompie ?????
Jacob Zuma – meer as 700 klagtes teen hom ?????
Mnr Terreblanch AWB Leier vermoor ?????
Plaas moorde, wrede moorde ??????
Bank roof togte waar onskuldige mens sterf ????
Ons hele land is n groot gemors, dan gaan julle aan oor een man wat die wet
oor tree het, of hy 6jr sit of 20jr niks bring n lewe terug nie. Die grootste moordenaars loop tussen ons rond. Word vandag gevang en more is hulle weer buite op straat, en met sommige gebeur daar niks. ????

Lh ·

Nou dan sal ons maar help om hierdie saak in die wereldhof te laat beslis. Wie betaal die regter, die staat, wie het haar aangestel, die staat, wie betaal vir Nel, die staat, wie het hom aangestel, die staat. So die staat stel nou vir die tweede keer n mosie van wantroue in teen n regter op hulle betaalstaat, as sy dan so onbevoeg is wat soek sy dan daar en kry n hengse salaris. Belaglik, die staat maak geld uit hierdie fiasko en Gerrie Nel werk vir die staat, nou is sy ego agv die geweldige mediadekking ook nou nog op die spel. Die staat hou aan appel aanteken teen hulself, so wat wys dit………..

Topster ·

Die judge Masipa moet al die onkostes dra en sy moet afbetaal word want sy hou nie by die wet nie as sy in die eerste plek die regte uitspraak gelewer het soos in ons nasionale wet was die saak lankal vergete maar nou bly hulle ou wonde oop grou jaag haar weg want sy kan nie haar werk doen nie punt

Pragtig ·

Pragtig Topster, jy wen n pakkie aanmaakwater, lees maar alles weer en probeer verstaan. Die regter het meer integriteit en ondervinding as jy in jou pinkie. Sy het alles mooi en stadig verduidelik.

WitPlits ·

Alete, jy slaan die spyker op die kop en die NelSpel gaan aan, maar hy’s te bang vir die plaasmoordenaars want dan kry hy te doen met ‘n groter mag as hyself!

NEL ·

Almal se komentare het betrekking in watter rigting ookal. Die feit is dat die straf wat Masipa gegee het is en kan nie in die hof uitgespreek word nie. Dit sal gaos veroorsaak vorentoe met die opkomende moord sake. Daar word gedurig in voor uitspraak verhore gepraat oor wat het in daardie saak of durie saak gebeur met die uitspraak.
Gierie Nel het nie nodig om hoe profielsake te wen om ‘n regter te raak nie, hy is klaar een.Raak ontslae van die nikswerd Masipa en stel Gerrie Nel aan as regter, dan sal die klom moordenaars ‘n ander deuntjie sing………..

Hehehe ·

Hehehe lekker Vrydag grappie, Gerrie Nel as regter, dan loop daar nog meer selferkende moordenaars vry om nog te moor. Lees al sy sake.

Danie ·

Julle Oscar-outjies
Verloor jou dogter op so n manier dan praat ons weer!!!

Wern ·

Presies, sê hulle! Ek dink party is te dom om dit te verstaan.

Kees ·

Net so Danie en Wern! Stem volkome saam julle. Dis snert man, die loskop moet sit vir lank.

CJ Meyer ·

Die appélhof moes die saak gefinaliseer het toe dit voor hulle gedien het. Dit was belaglik om dit terug te verwys na die oorspronklike regter, want die feite waarop Oscar gevonnis is, het nie intussen verander nie. Om te verwag dat sy wesenlik sou afwyk van haar vorige vonnis bloot omdat die etiket van die misdryf verander het, is te veel gevra.

Kkkkkk ·

Kkkkk stem saam siela, hul het geen respek vir hul dogter – die mense wat Oscar ondersteun of gatvol is, het Reeva van dag 1 respekteer, gaan kyk en lees alles. Kaptein van Aardt, ondersoekbeampte, nou majoor het gelag oor 2 boodskappe wat Reeva in n minder goeie lig geplaas het, nee wat dit is nie respek of geregtigheid vir haar nie. Daai 2 boodskappe het haar nie bepaal nie en dit is moeilik, waarvoor het die man dan gewerk, eie belang?

Louise ·

Belaglik, haar ouers sal nooit nooit klaar kry en aanbeweeg nie. Mors net staatsgeld met die vervolging en dan probeer haar ouers net geld maak want hulle kraantjie is nou broke en in die tronk. Geen respek vir hierdie mense nie. Die ou sit, hy het niks oor nie, nie ‘n lewe nie, niks nie, sy lewe is in elk geval verby niemand gaan hom ooit weer vertrou nie. Almal het sleg van hierdie saak afgekom los dit nou net uit

Raak te veel ·

Dit raak werklik te veel, hoe ver wil jul nog gaan? Arnold Pretorius dit raak tyd om wereldhof toe te gaan, hierdie saak word om die verkeerde redes heel uit verband getrek. Regter Masipa ook tyd vir U om n paar uit te sorteer, mens kan net soveel keer die ander wang draai, naamskending is n ernstige saak!

Adele ·

Wonder of as dit julle dogter/seun was of julle nogsteeds sou se los dit…..elke ouer het die reg om geregtigheid vir sy kind te wil he. En Gerrie doen sy werk! My tax geld kan eerder gaan vir geregtigheid, voor die in die ANC se partytjies verdwyn!

Eureka ·

Party mense sal enigiets doen om te mik vir die openbare beskermings pos! He he

HEHE ·

Eureka hy het die OB pos van die hand gewys…lees jou nuus….

Zhara ·

Dis maklik om te se iemand sal n ander deuntjie sing as hy/sy self n kind so verloor. Kom ons draai nou weer wat van as jy n hele familie verloor aan plaas moorde??????? N hele gesin word uitgewis en hulle loop vry. Werklik die ding is al hol rug gery.

Stem saam ·

Zhara stem saam, het enige iemand al gevoel hoe dit voel as jou Ma wat die anker van die gesin se morele versorging, wat jou teen die kleinste dorinkie sal beskerm aan haar hare oor dorings gesleep word, geklap word omdat sy nie meer geld het of nie meer weet nie, regtig nie weet of het nie, dan met ‘n kolf in die gesig geslaan word en oplaas wanneer haar dierbare liggaam nie meer die pyn kan vat nie, dood geskiet word, haar moordenaars is aangekeer op borg uit en weg, besig iewers om nog so af te maai, dan kan jy nie verstaan hoekom mors hul die geld op appel mors en nie hierdie gemors najaag nie!

Poplap ·

Karooklong
Ons weet daar aan julle kant vd wereld sukkel julle met Engels dus vra ek het jy ooit mooi gehoor wat Barry Steenkamp gese het. Betaal soos in straf nie betaal soos in geld nie ou skaapwagtertjie

arizona ·

Dit gaan oor baie meer as om net vir jakkals te laat boet vir sy dade. Los hulle die vonnis soos is, stel hulle n president (“Case Law”) wat beteken jy kan enige iemand opsetlik vermoor en beweer dit was nie met opset gedoen nie en basies 6 jaar gevangenis kry. Gaan kyk maar na menige van die moord verhore, hulle gebruik altyd vorige case law om hulle kliënte verminderde vonnise te kry. Ons justice sisteem is al klaar in saai maai in, ons kannie bekostig om moordenaars n klop op die skouer te gee nie. Geregtigheid moet geskied, nie net vir Reeva nie maar ook vir alle ander vroue, kinders en mans wat vermoor word omdat n trigger happy nut job nie sy vinger van die sneller kan af hou nie. As dit my man, my kind of enige iemand naby aan my is wat geskiet is, sal ek daai person wil laat vrot in die tronk

tw ·

Ons almal kla oor wette in Suid-Afrika wat nie streng genoeg toegepas word nie, maar wil ook terselfde tyd te kere gaan oor die staat nou appelleer. Mense dink n bietjie, die moordenaars skrik nou nie eers vir strawwe wat toegepas word nie, as ses jaar dan nou aanvaarbaar is vir moord, gaan die moordenaars behoorlik afmaai. Kom ons sit emosie uit die prentjie en “koppel”nie vir Oscar hieraan nie,….. maak dit dan n bietjie meer sin?

Diana ·

Die saak is nou al sooo afgesaag. Werklik het hul nie iets anders om hul mee besig te hou nie.

Erika ·

Gerrie Nel het seker nie ander werk nie, want hy kry nie klaar met die Oscar saak nie.
Gaan liewer met vakansie en gaan rus…ons weet nou jy het die saak gewen. Met al die haat sal Riva nie terugkom nie. Haar ouers was onbekend en nou is hulle baie welaf met Riva se afsterwe. Die wat so oordeel..OPPAS! dalk kan dit ook met iemand na aan jou gebeur dan wonder ek of jy nog so sal oordeel… Gaan aan met julle lewe daar is meer as Oscar en Riva in die lewe…. Wat van al die plaasmoorde of die Bylmoord van De Zalse??

hans brits ·

As jy iemand op n toilet vier skote skiet deur n deur dan is dit “overkill”,so vir elke skoot,25 jaar dus 100 jaar tronk toe.Moord bly moord.

Lh ·

Mooi arizona, goed gestel, wat jy noem is so fantasties, jy ry per ongeluk jou kind dood, jy is n moordenaar en gaan vrot in die tronk. Ek het ongelooflik respek vir Masipa wat uitstekend voorberei was as regter, sy laat haar nie intimideer nie maar werk presies volgens die reel van die wet. Wat party mense nog steeds nie verstaan nie is dat Oscar nie in die tronk is omdat hy Reeva Steenkamp vermoor het nie maar omdat hy n persoon se dood veroorsaak het en dit moes besef het. Tragiese gebeure met tragiese gevolge en in die lig van ander gebeure en omstandighede bv. sy weerloosheid en geweldsangs, maak 4 skote deur n toe deur beslis nie van hom n moordenaar nie. Weet gelukkig daar is baie mense met logika en insig wat gaan help om hierdie saak verder te vat as Nel dan nou wil aanhou geld vermors.

Absoluut ·

Absoluut korrek Lh, jy verstaan presies reg, Regter Masipa is ‘n uitstekende regter en ek dink ons is almal nou gatvol vir mense wat nie wil verstaan. Oscar is noual op alle vlakke gestraf, al gaan hul hoe aan, dit gaan Reeva nie terugbring, spandeer eerder energie en behandel alle vroue se sake so, of is al die ander vroue minder belangrik?????? Dit laat mens regtig twyfel aan die paar publiek wat nog aangaan saam met Gerrie Nel, Nvg, Anc Vroueliga en June, Barry Steenkamp. Wees eerlik gaan dit oor Reeva of wraak / geldmaak??

Kobus ·

En in die week kry ‘n verkragter van ‘n kind 25 jaar tronkstraf.

hans brits ·

Dit gaan nie oor geld vermors vir die saak nie,dit gaan oor goed berekende moord.Moordenaars hoort in die tronk vir altyd.Lh.Jammer dat daar nie doodstraf in sa is nie.

John ·

Nou die dag se ‘n dominee, navorsing dui aan dat die sinsnede uit die Bybel wat die meeste aangehaal word, is: ‘Wie is ons om te oordeel…?’. Interessant. Miskien is selfstraf dalk die regte straf vir mnr Pistorius jnr. Laat hom los. Hy gaan homself gou weer in groot moeilikheid bevind. Geld en ander verontskuldingings help nie in alle gevalle nie.

Doodstraf ·

Al wat ek wil sê is bring die doodstraf terug vir gewetelose moordenaars, dan sal ons nie meer soveel moord in die land he nie!

Lida ·

Genoeg is genoeg. Laat Oscar Pretorius nou sy gevangenis straf uitdien. Stop die sirkus! Hierdie was nie meer n mensekind op verhoor nie. Hy was n insek onder n vergrootglas. n Dier op hok. n TV drama. Kamaras op hom gefokus. Dwarsoor die wereld is sy person, elke beweging, gesigs-trekking, traan en elke woord gefynkam. In diepte bespreek deur elke nuusagentskap dwarsoor die wereld. Sy gesig was op elke voorblad en skuldig bevind deur geleerdes en die gewone man op die straat. Nouja, wat kan nou bygevoeg word? Alle menslike perke is oorskry want hy was nie n gewone misdadiger wat sy dag in die SA hof gehad het nie. Sies!
Hy is meer gestraf as enige ander misdadiger in die Suid Afrikaanse geskiedenis.
Stop asseblief tog nou die sirkus! Hoeveel maal wil julle nog die word skuldig in n hof hoor?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.