
Reeva Steenkamp
Steenkamp het gesê die stigting sal ondersteuningsdienste bied aan vroue wat mishandel word. Sy het die stigting begin ter ere van Reeva wat in die vroeë oggendure op Valentynsdag 2013 deur die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius doodgeskiet is.
Steenkamp het Woensdag tydens die bekendstelling gesê sy het Pistorius “vergewe” en sal nie hom of enige ander persoon wil “seermaak” nie. Sy het egter gesê sy en haar man kry steeds elke dag swaar weens die verlies van hul dogter.
Steenkamp het gesê die Reeva Steenkamp-stigting sal mishandelde vroue bemagtig om ’n nuwe lewe weg van die mishandeling te begin. Sy het kinders aangemoedig om met hul ouers te gesels oor enige probleme wat hulle het. Steenkamp het ook ʼn toespraak wat Reeva tevore geskryf het tydens die bekendstelling voorgelees.
Pistorius is Maandagaand onder korrektiewe toesig vrygelaat. Hy is skuldig bevind aan strafbare manslag en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy was ʼn jaar lank agter tralies. Sy paroolvoorwaardes sal tot 2019 voortduur.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
Ek voel baie seer vir Reeva se ouers dat a moordenaar buite beweeg. Nou kan hul maar al die tronk selle oop maak.
Irene onthou ‘n saak het 2 kante, moenie oordeel nie
Nou gaan ek seker gestenig word. Reeva se ma melk behoorlik haar dogter se roem en bekendheid. Ek het nog nooit van Oscar gehou nie, maar genade tog! Gee die arme man ‘n kans. Elke saak het 3 kante. Sy kant. Haar kant. En die waarheid! Reeva was beslis nie ‘n engeltjie gewees nie, en mamma…… jy is nie die 1ste ouer wat ‘n dogter verloor nie, nes jy ook nie die laaste sal wees nie.
Shame ja ek dink hulle voel nie tevrede nie. Hulle dogter is vermoor en haar moordenaar is so te se ‘n vry man. Ek is nie ‘n Oscar fan nie, maar ons sal seker nooit weet wat het regtig regtig gebeur nie en Ocar se familie glo sekerlik ook in sy onskuld en dat dit regtig ‘n ongeluk was. Maar ek moet eerlik wees my hart is saam Reeve se ouers seer want ek dink hy het baie lig daarvan af gekom. Dan is ek ook weer in die eenkant bly saam Oscar se fam dat hy by die huis… Lees meer »
Kan ons nie maar almal die een of ander stigting begin nadat ons iemand vir wie ons lief was verloor het nie. Waar op dees aarde kom die vrou aan al die mishandelde inligting wat sy so mildelik deel met die pers? ‘n Paar watsapp boodskappie tussen 2 verliefdes wat soos almal maar ook stry gekry het? Sy het dan nie eers vir Oscar ontmoet voor die noodlottig ongeluk nie. As sy dan bewus was dat haar dogter mishandel was, waarom het sy nie vroeer iets gedoen nie, en as sy nie daarvan bewus was nie, waar kom sy nou… Lees meer »