Reeva Steenkamp se ma stel stigting bekend

Reeva Steenkamp

Reeva Steenkamp

June Steenkamp het Woensdag die Reeva Steenkamp-stigting bekendgestel by die St Dominics High School in Port Elizabeth.

Steenkamp het gesê die stigting sal ondersteuningsdienste bied aan vroue wat mishandel word. Sy het die stigting begin ter ere van Reeva wat in die vroeë oggendure op Valentynsdag 2013 deur die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius doodgeskiet is.

Steenkamp het Woensdag tydens die bekendstelling gesê sy het Pistorius “vergewe” en sal nie hom of enige ander persoon wil “seermaak” nie. Sy het egter gesê sy en haar man kry steeds elke dag swaar weens die verlies van hul dogter.

Steenkamp het gesê die Reeva Steenkamp-stigting sal mishandelde vroue bemagtig om ’n nuwe lewe weg van die mishandeling te begin. Sy het kinders aangemoedig om met hul ouers te gesels oor enige probleme wat hulle het. Steenkamp het ook ʼn toespraak wat Reeva tevore geskryf het tydens die bekendstelling voorgelees.

Pistorius is Maandagaand onder korrektiewe toesig vrygelaat. Hy is skuldig bevind aan strafbare manslag en tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Hy was ʼn jaar lank agter tralies. Sy paroolvoorwaardes sal tot 2019 voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Irene ·

Ek voel baie seer vir Reeva se ouers dat a moordenaar buite beweeg. Nou kan hul maar al die tronk selle oop maak.

Zee ·

nee jinne dit sal simpel wees om sommer net tronk deure oop te maak! Gaan dink bietjie wat jy se.

Sollie ·

Irene, plak ‘n pleister op die seer. Sal maar sien of mev Steenkam “nie Oscar of enige ander persoon wil “seermaak” nie” – waarom nogals dit noem? Eienaardig…

Bobby ·

Saak het 2 kante ja?? Die een kant sit lekker in ‘n spoggerige huis en die ander kant in ‘n graf.

mira ·

Nou gaan ek seker gestenig word. Reeva se ma melk behoorlik haar dogter se roem en bekendheid. Ek het nog nooit van Oscar gehou nie, maar genade tog! Gee die arme man ‘n kans. Elke saak het 3 kante. Sy kant. Haar kant. En die waarheid! Reeva was beslis nie ‘n engeltjie gewees nie, en mamma…… jy is nie die 1ste ouer wat ‘n dogter verloor nie, nes jy ook nie die laaste sal wees nie.

Petro ·

Ekt nooit geweet wie Oscar was nie tot valentynsdag maar hell mira ek moet se ek stem volkome saam jou!!

EMK ·

Bobby wat sê dit van JOU karakter deur ander te beledig, dan praat jy van hul logika en IK! Die oorledene was ‘n volwasse, glo inteligente, vrou maar het daardie aand nie slim besluite geneem nie. Sê ek dus sy verdien om doodgeskiet te word, glad nie, maar soms moet mens DINK voor jy besluite neem. Bedaar tog nou, jou geskel gaan niks verander. Die berig gaan eintlik oor die Steenkamps se stigting, net so terloops.

Lettie ·

Jy is nie die enigste ene wat gestenig gaan word nie maar Mira ek stem 100% saam met jou. Daar was net twee mense daar daardie aand en dit was Reeva en Oscar. Net hulle weet wat daar gebeur het. Hoekom het June Steenkamp nie aan hierdie gedinge gedink toe haar dogter Reeva nog geleef het nie. As jul mooi dink hoeveel geld het die Steenkamp’s al gemaak met stories en boeke vandat Reeve dood is. Moenie my verkeerd verstaan nie wat hy gedoen het was verkeerd en hy moet met dit saamleef vir die res van sy lewe en onthou niemand is perfek nie ons almal maak foute.

SE NET ·

Ek stem saam. Het hulle nie al genoeg geld uit hierdie storie gemaak nie?

Bobby ·

Ek verstaan nie. Reeva was nie ‘n engeltjie nie!!!?? Beteken dit dat sy maar doodgeskiet mag word? Ek vestaan nie die redenasie nie. Verduidelik asb.

Ansie ·

Shame ja ek dink hulle voel nie tevrede nie. Hulle dogter is vermoor en haar moordenaar is so te se ‘n vry man. Ek is nie ‘n Oscar fan nie, maar ons sal seker nooit weet wat het regtig regtig gebeur nie en Ocar se familie glo sekerlik ook in sy onskuld en dat dit regtig ‘n ongeluk was. Maar ek moet eerlik wees my hart is saam Reeve se ouers seer want ek dink hy het baie lig daarvan af gekom. Dan is ek ook weer in die eenkant bly saam Oscar se fam dat hy by die huis is want as dit my seun was sou ek seker ook in hom geglo het. Is so in twee! Maar dis seker nou van die verlede en ons moet dinge aanvaar en aanbeweeg. As hy dit met voorbedagte rade gedoen het sal hy eendag sy straf kry en veroordeel word deur die Here.

Bernard ·

Ansie oscar is nie vry man nie. Hy is nou onder korrektiewe toesig geplaas, soort huisarres.

Bobby ·

Was jy al ooit in die tronk?? Huisarres is soos ‘n vakansie teenoor ‘n tronksel ou maat!!

nig ·

Bobby, onder resepte is ‘n resep vir heerlike gesoute karameltertjies – probeer dit man, dit vat al daai bitterbekkigheid weg! Klink of jy nodig het.

Zoey ·

Kan ons nie maar almal die een of ander stigting begin nadat ons iemand vir wie ons lief was verloor het nie. Waar op dees aarde kom die vrou aan al die mishandelde inligting wat sy so mildelik deel met die pers? ‘n Paar watsapp boodskappie tussen 2 verliefdes wat soos almal maar ook stry gekry het? Sy het dan nie eers vir Oscar ontmoet voor die noodlottig ongeluk nie. As sy dan bewus was dat haar dogter mishandel was, waarom het sy nie vroeer iets gedoen nie, en as sy nie daarvan bewus was nie, waar kom sy nou daaraan?

Vic ·

Maroela, julle se julle laat nie persoonlike aanmerkings toe nie – is dit aanvaarbaar dat Reeva Steenkamp, wat nie hier is om haarself te verdedig nie, persoonlik aangeval en beledig word? En is dit aanvaarbaar dat haar ma, wat iets positiefs probeer skep uit die tragedie van haar dogter se dood, persoonlik aangeval en beledig word? En eerlikwaar, om die moord op n meisie te verdedig deur te se sy was “nie n engeltjie nie”, en “hoekom het sy by hom geslaap”, is regtig seksisties.

M ·

Vic, waar het enigiemand gesê “hoekom het sy by hom geslaap”. Die stelling word gemaak sy was nie ‘n engeltjie nie. Ek ook nie en so het ek gesê Oscar ook nie. Maar omdat hy nou nog lewe word alle blaam op hom geplaas. Wat is nou so seksisties hieraan?

Poplap ·

Snaakse ou wat die vrou dood skiet wat in sy huis oorslaap.

h ·

Ek moet se ek stem helemal saam met Mira. Ek wil ook net noem – baie mense vergeet – soveel moorde gebeur daargliks – dan sit van daai moordenaars (indien hulle gevang word) net vir ‘n paar maande en kom dan vry sonder huis arres of word vry gespreek agv gebrek aan inligting en bewyse. Oscar word so onder ‘n vergrootglas geplaas. Min weet ons van hoeveel moordenaars, verkragters ens. tussen ons daagliks loop op straat… Praat van dubbel standaarde!!!

Kan dalk werk... ·

Ek sou hoop ‘n stigting om alle vroue wat SUKKEL of in swaar omstandighede verkeer sou ‘n goeie begin wees om besig te bly en iets positiefs te doen MITS die geld werklik gaan waarvoor dit bedoel word. Hopelik is dit nie soos daai Jub-Jub wat kinders doodgery het wat se ma geld van Oprah ontvang het vir haar “weeshuis”en toe vind hul later uit sy het alles gesteel en die kinders is gedwing om te huil op tv oor hul “omstandighede” sodat Oprah tog net moet skenk ens. Mag hierdie ‘n suiwer daad van hulp aan minderbevoorregtes wees. vergeet van “mishandelde vroue” – Daar was g’n sprake van dit. Die oorledene was tog ‘n model en sou merke mos baie gou wys op foto’s ! Alles twak. So mev dink tog nou mooi oor die tipe stigting (nie dat ek glo jy sal sulke raad sal aanneem nie), bly maar uit die pers van nou af en begin ‘n nuwe lewe van betekenis. Betrek jou man ook sommer en hy sal ook aanvaarding en vrede kry.

Poplap ·

Dat Reeva se ouers so ‘n lofwaardige stap geneem het om hul dogter te eer wat deur Pistorius dood geskiet is, verdien applous en vir seker nie jou suur opmerkings nie.
Is jy baie ongelukkig oor die Steenkamp ouer paar se optrede om hul pragtige dogter se nagedagtenis te eer ou “Kan dalk werk…”???

nig ·

Poplappie bedaar. Ek dink Kan dalk werk se kommentaar is baie gebalanseerd. Ons sal wag en sien hoeveel van die geld gaan waarheen ne!

Eina! ·

Ai “Oscar Aanhanger” stem 100% saam jou niemand het geweet van Reeva nie tot en met sy met Oscar uitgegaan het, nou weet almal wie is Reeva en o-ja moenie van haar Moedertjie vergeet nie almal weet wie is sy!!!! Ag asseblief June, Reeva was nie mishandel nie ja Reeva was ‘n mooi vrou en seker slim daarby sy sou mos uitgestap het as sy mishandel was. Sterkte Oscar en Familie jy is by die huis en Kersfees is naby geniet elke oomblik… GOD BLESS!!!!

Lettie ·

Oscar gaan nie net by die huis wees vir Kersfees nie, hy gaan sy verjaarsdag op 22 November ook by die huis wees. Dis wonderlik.

oscar aanhanger ·

Vic, dit is NIE beledigings NIE, dit is FEITE!!!!!

EMK ·

Dis reg mev Steenkamp, raak ontslae van die negatiewe gedagtes in jou jeens Oscar, dit vergiftig jou hele bestaan; die lewe gaan aan en jy moet vergewe, vergeet sal jy nooit, dis waar. Maar probeer tog nou uit die pers bly en soos iemand genoem het, lewe ‘n lewe wat betekenis het. Laat staan die dobbel en nonsens dinge nou, lewe ‘n lewe wat jou kind trots op jou sou maak. Jy kan iets goeds hier uit maak. Soos iemand voorheen geskryf het gaan google Amy Biehl en kyk hoe haar ma-hulle iets wonderlisk positiefs uit hul hartseer gemaak het.

M ·

Vic, waar het enigiemand gesê “hoekom het sy by hom geslaap”. Die stelling word gemaak sy was nie ‘n engeltjie nie. Ek ook nie en so het ek gesê Oscar ook nie. Maar omdat hy nou nog lewe word alle blaam op hom geplaas. Wat is nou so seksisties hieraan?

MM ·

Ek wonder net was sou gebeur het as dit Oscar was wat deur Reeva geskiet was. Wonder maar net. Almal het hul eie opinie en niemand was die aand daar toe dit gebeur het nie, maar lyk my hier was ‘n hele paar wat deur die venster geloer het om te sien presies wat gebeur jhet.

Jakoos ·

MM, nee ek wonder weer as Oscar ‘n gekleurde/swart vrou geskiet het of mense nog so sou aangaan! Mense kan baie selektief wees met hul jammerhartigheid mens sien dit gedurig onder talle berigte (of liewer soms geen kommentaar) as dit oor anderskleuriges gaan. Hoop die boek oor Oscar, Reeva, Reeva se ouers, Reeva se vriende, Reeva se hond(of nie!) en wat nie nog word nou asb toegemaak en weggesluit. Genoeg is nou genoeg.

Piet ·

Toe het dit nie so gebeur nie, mm.
Pistoors het ‘n pragtige vrou dood gemaak en gelukkig was daar nie ander mense in die onmiddelike nabyheid wat al die sinnelose geweld moes aanskou nie.
Was jy daar?

nig ·

Ek probeer ook weer wat van as die oorledene ‘n swart vrou was, sou almal nog so aangegaan het???

Genis ·

Dit is wonderlike nuus en ek glo dat die stigting nog baie goeie vrugte sal dra in die toekoms. Mag ons Hemelse Vader u seën Mevrou Steenkamp en u dra en vertroos.

Antonie willem van den berg ·

Feite bly feite en grootbek Gerrie kon nie sy saak bewys nie, die regter kan slegs op getuienis oordeel en Gerrie het mislik

oscar aanhanger ·

Mooi man Antonie!!!! Hy dink hy is die kat se snor!!!! Barry Roux is ‘n man om na op te kyk.

Poplap ·

Julle beledigende en persoonlike aanvalle op die karakters van Reeva en haar familie, vertel meer van julle as wat dit van julle teikens – die Steenkamp familie – vertel.
Die lasterlike kommentare wat julle op ‘n openbare platform verkondig, is ‘n skande en kan uiteindelik daartoe lei dat Maroela gedwing word om ons kommentaar voorreg weg te neem.
Indien jy/julle nie iets positief kan of wil bydra wat met die onderwerp verband hou nie, spaar jou/julle negatiewe en persoonlike aanvalle vir die mense se ore rondom jou/julle.

nig ·

Poplap vee voor jou eie deur wat betref kommentaar lewer oor die berig self. Jy is skuldig aan wat jy ander van beskuldig. Bedaar nou maar. Sal glad nie ‘n sleg idee wees as Maroela die kommentaar-storie laat vaar nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.