Reeva Steenkamp se pa sterf  

Barry en June Steenkamp in Februarie vanjaar (Foto: Verskaf)

Barry Steenkamp, pa van die vermoorde Reeva Steenkamp, is Donderdagaand oorlede.

Steenkamp (80) is Donderdagaand skielik en vreedsaam in sy slaap oorlede, het die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting bevestig.

“Barry was ʼn seën vir baie, en hy sal met liefde en groot teerheid onthou word. Ons vind vertroosting in die wete dat hy nou by sy geliefde Reeva is,” het die stigting gesê.

Hy word oorleef deur June Steenkamp, sy vrou en Reeva se ma. Reeva was die egpaar se enigste kind saam.

Reeva is tien jaar gelede, op 14 Februarie 2013, deur haar kêrel, Oscar Pistorius, ʼn voormalige paralimpiese atleet, by sy huis in Pretoria doodgeskiet. Hy het aangevoer dat hy haar vir ʼn inbreker aangesien het.

Die appèlhof het in 2017 Pistorius se aanvanklike vonnis van ses jaar vir moord tersyde gestel en met ʼn vonnis van 13 jaar en vyf maande vervang.

Barry en June het vroeër vanjaar, tydens die tiende herdenking van Reeva se dood, weer na die Pollock-strand in Gqeberha (Port Elizabeth) gegaan om rose in die see te plaas en ʼn kers aan te steek ter herinnering aan hul geliefde dogter. Dit is die strand waar Reeva se as gestrooi is. Die Steenkamp-egpaar het dit elke jaar gedoen sedert Reeva se dood.

Barry het vroeër vanjaar ook die heel eerste keer met die Britse koerant die Daily Mail oor sy ontmoeting met Pistorius gepraat.

June en Barry Steenkamp verlede maand tydens ʼn viering van wat hul dogter Reeva se 40ste verjaarsdag sou wees. (Foto: Reeva Steenkamp-stigting/Facebook)

Barry het Oscar in Julie verlede jaar in die St. Albans-gevangenis vierkant in die oë gekyk en gevra wat presies die aand van Reeva se dood gebeur het.

Volgens Barry het Oscar tydens die ontmoeting soos ʼn baba gehuil en steeds ontken dat hy Reeva met opset doodgeskiet het. Hy hou vol met die storie dat dit ʼn inbreker was.

“Barry het gegaan om die waarheid uit te vind, maar dit nie gekry nie. Hy glo nie Oscar het die waarheid vir hom vertel nie,” het die Steenkamps se prokureur, Tania Koen, destyds gesê.

Intussen gaan Pistorius se stryd om op parool vrygelaat te word, voort. Pistorius het hom verlede maand tot die hoogste hof in die land gewend om die verwarring rakende sy parool op te klaar en op parool vrygelaat te word.

Pistorius voer in hofstukke aan dat sy regte geskend word aangesien hy – volgens hom – reeds meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het en reeds in aanmerking vir parool behoort te kom.

Pistorius se aansoek om parool is einde Maart afgekeur omdat hy glo nie die minimum tydperk van aanhouding voltooi het nie. Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het aanvanklik aangedui dat Pistorius meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het en vir parool in aanmerking kom, net om later aan te kondig dat hy in werklikheid eers in Augustus 2024 vir parool sal kwalifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

piet ·

Korrek. Sy gaan Oscar blameer omdat die oom homself “doodgetreur” het. BBC gaan weer ‘n dokumenter doen oor PTS…

Nicolaas ·

June kan jy nie maar Oscar vergewe nie Jesus het n moordenaar langs hom vergewe . Sterkte .Rus in vrede Barry .

Sobymykoolkop ·

Dink daai vraag kan mens met beantwoord as jy ook jou kind op daardie manier verloor het.

Agie@toeka ·

Jy het n goeie punt daar beet. Maar die Woord leer ons om te vergewe dit is gevaarlik om met n onvergewens gesindheid rond te wandel.

Surfer ·

Ja, kom ons vergewe ook al die plaas moordenaars nou en die wat nog gaan moor. Hoop nie dis van jou familie nie.

kaplyn ·

Ons moet net onthou om te vergewe keur ons nie die daad wat die ander persoon gepleeg het goed nie, dit beteken dat ons die oordeel in God se hande laat. Hy is onsaglik heilig en regverdig. Daar is ook geen sonde in Hom nie, nee Hy haat die sonde. Laat hom vergelde want dan word die mens, wat ook vol sonde is weens sy sondige natuur, eers werklik vry.

Mnr De Beer ·

Nee. Moordenaars teer op dit. Jy moet besef dat dit is die Groot Een se werk daar bo om te vergewe. Jou werk is om te aan te beweeg.

Niklaas ·

Ja Nicolaas , jy sal anders dink as jou enigste kind onnodig sterf.

Sues ·

Sy was nie een van die 2 se enigste kind nie, hulle het elkeen ‘n kind uit ‘n vorige verhouding.

SwartBees ·

Jammer oor die verlies van beide Pa en dogter maar die mense het rerig die pap baie dik aan gemaak. Hulle het hul hartseer storie aan elke media huis reg oor die wereld verkoop en nooit toe gelaat dat die wond toe gaan nie….geld het hom ongelukkig oop gehou.

Danie ·

Stem saam met jou. Geld het hul God geword. Hoop maar Barry het vergewe want as jy na die Woord kyk en jy het nie, dan het jy moeilikheid.

Mariaan ·

Nee Swartbees…maklik om te prt..sy het vir hul gesorg..het jy nooit die hartseer en verdriet in die mense gesien nie? So what as hul geld kry..moet hul nou verder kripeer…dis wat Reeva sou wou gehad het..nerens het ek sensasie gesien..net pyn!

Sues ·

Sy was hulle 2 saam se enigste kind maar hulle het altwee ‘n ander kind uit ‘n vorige verhouding, ek kon nog nooit verstaan hoekom sy vir hulle moes sorg nie kon die ander kinders nie help nie of wou hulle nie help nie? Miskien het hulle nie hulle ouers se lewensmaat goedgekeur of hulle lewenswyse nie ons sal nooit weet nie, hulle vertel mos net dit wat hulle pas. Hoekom het hulle nie voorsiening gemaak vir hulle aftrede nie? Die meeste ander mense tref voorsorg.

Karoo ·

Barry….. you put a brave fight in honour of your daughter. Rest in Peace.

PersHeks ·

Rus in vrede oom Barry…jou hartseer en verlange is nou vir ewig verby!

Sues ·

Hoop hy laat weet vir June ook wat die waarheid is dat sy ons kan sê.

Boer ·

RIV Oom Sterkte aan die familie. Gelukig hoe oom nie die moordenaar vry te sien loop nie.

Debbie ·

Baie jammer om te hoor. Net jammer hy kon nie Oscar vergewe voor hy gesterf het nie. Hul sê nie hoekom hy oorlede is nie maar kan waarborg dat sy gaan Oscar die skuld gee.

Casper ·

Vergewe 70 naal 7 keer sê Jesus self voor jy vergewe kan word.Die Steenkamps kon Oscar nooit vergewe nie.Wat hy gedoen het is hartverskeurend vir die familie maar verdien hy nie parool nie.Onthou net as hy op parool vrygelaat word gaan hy nog steeds nie ‘n vry man wees nie,dan wag korrektiewe toesig tot sy 13 jaar en 5 maande verby is.Wanneer die oordeelsdag aanbreek oom Barry ……. ……. .. . ……

George ·

RIP oom Steenkamp net jammer jy kon nie vergifnis en vrede in jou hart vind voor jy gegaan het nie …hoop van harte June Steenkamp verander haar griewe en bitterheid teenoor Oscar Prestorius en kry vergifnis en vrede in haar hart,…tyd is kort en kosbaar en more is aan niemand belowe nie ????????

Sues ·

Hulle het gekies om die wond oop te hou om geld uit die tragedie te maak. Ek was jammer vir hulle, maar hulle het uit Reeva se dood geld gemaak en nou gaan June weer haar storie verkoop. Dis jammer hulle het nie voorsiening gemaak vir hulle oudag nie. Wat sou hulle gedoen het as sy in ‘n ongeluk of aan natuurlike oorsake dood is? Dan was daar geen melk koei nie.
June moet vrede met haarself maak, en vergeet van Oscar, dis nie vir hulle te besluit wat die waarheid is nie, God, Reeva en Oscar is die enigstes wat weet wat die waarheid is.

Dromer ·

Dis waar. Ekt voor die skietery gehoor van Oscar wat vinnig hardloop maar ekt nooit eers geweet hoe hy lyk nie want ek is nie n sport mens nie. Van Reeva het ek toe nog nooit eers van gehoor nie…. nou is sy beroemd/er agv verbintenis met n olimpiese atleet. As sy in n kar ongeluk dood was sou niemand eers geweet het nie en ek wonder of dit nuus sou haal.

Mariaan ·

Wat n hartseer pad wat hierdie arme mense moes stap…so onnodig gewees eintlik..om jou kind so wreed te verloor is n ewige verdriet..sterkte vir haar ma…Reeva sou trots wees om te sien hoe jul haar naam eer en jul liefde vir haar. Net jammer Oscar gaan uitkom en aangaan met sy lewe…nie regverdig!

Bolandse Nooi ·

Ja, Oscar gaan uitkom en aangaan met sy lewe. Hoe dink jy, gaan sy lewe wees – hy wat reeds ‘n “agterstand” beleef a.g.v. gestremdheid? Mense gaan hom nooit, ooit vergewe nie. Hy sal altyd bekend staan as “Reeva Steenkamp se Moordenaar”. Sy beroep as gestremde atleet is in elk geval vir altyd en vir ewig oor. Nes Reeva, betaal hy met sy lewe vir die misstap wat hy gepleeg het – die enigste verskil is dat waar sý is, sy dit nie voel nie. Hy voel dit elke dag.

Elmarie ·

Dankie tog vir jou sinvolle kommentaar. Hier is soveel haatdraende mense op die forums! Ook by berigte oor Buthelezi, ek kán nie glo Afrikaanssprekende mense is so hatig nie. Hóé lewe mens met soveel negatiwiteit?

Dink ·

Barry is survived by June, his son Adam from his first marriage, and stepdaughter Simone Cowburn who is June’s elder daughter from her first marriage.

Daleen ·

So oordeel baie omdat hy nie kon vergewe nie maar nie een van ons het die pad geloop wat hy geloop het nie. Bly eerder stil en wees dankbaar jy hoef nie daai besluit te maak nie. Ai al die hoog heiliges op die kommentare…..

Michael ·

Tog jammer dat hy met soveel haat en bitterheid gesterf het-nou wag die oordeel van God op hom. Sy laaste jare kon soveel meer vry gewees het

PoppieK ·

“Barry het gegaan om die waarheid uit te vind, maar dit nie gekry nie. Hy glo nie Oscar het die waarheid vir hom vertel nie,” ” – dit was dalk die waarheid… wie sal weet. Jammer vir June se verlies terwyl sy nog rou oor Reeva. RIP oom Barry

Dirk ·

Genugtig kan nie glo dit is al 10 jaar sedert Reeva oorlede is nie. Dit voel soos verlede week. Tyd vlieg. Bly Barry is rustig in sy slaap na sy ewige tuiste toe.

Dromer ·

Ek is nie lelik nie maar Genade…. op valentynsdag is dit REEVA. 10 JAAAAR al. Wanneer gaan die arme vrou werklik kan rus. Haar pappa is oorlede dis n seer gebeurtenis… waaroor gaan die artikel??! Reeva en Oscar. Magtig hulle kon meer oor die pappa geskryf het…
En June .. sy herinner my aan weduwee Hani. Syt geweier dat die Janus Wallush op parool gaan. Net so maak June sy wil punish. Sy willlll Oscar daar hou. Haat gaan Reeva nie terug bring nie. My man is deur nalatigheid dood en ja ek wou almal vermoor maar ekt agtergekom haat verteer jou en maak jou las en seer soveel erger. GOD IS DIE JUDGE EN DAAR GAAN SKULDIGES NIE VERBY KOM NIE.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.