Referendum oor grondonteiening sonder vergoeding teengestaan

grond plaas boer trekker

Argieffoto (Pixabay)

Die Demokratiese Alliansie staan die ANC se versoek teen om ʼn referendum te hou oor grondonteiening sonder vergoeding.

Mbali Ntuli, koukuswoordvoerder van die DA in KwaZulu-Natal, het gesê die DA staan die ANC se versoek teen vir ʼn referendum of grond sonder vergoeding onteien moet word.

Die Mercury-koerant het Vrydag op sy voorblad berig dat die DA se koukusleier, Francois Rodgers, klem gelê het daarop dat die DA breë konsultasie ondersteun om ʼn werkbare oplossing te vind wat grondhervorming betref en het verder die DA se beswaar aan die lig gebring oor ʼn referendum wat gebruik kan word om ʼn spesifieke politieke agenda te dryf.

“Dit is hoegenaamd nie nodig om ʼn referendum te hou oor grondonteiening sonder vergoeding nie,” het Ntuli gesê. “Ons geskiedenis, waar mense van grond ontneem is weens hul ras, moet aangespreek word. Ons Grondwet is ontwerp om hierdie onmenslike nalatenskap aan te spreek.

“Suid-Afrika se Grondwet is nie ʼn struikelblok tot grondhervorming nie; dit is ʼn noodsaaklike bestanddeel om ʼn vooruitstrewende samelewing te bou op die wet. Die Grondwet noop die regering om stappe te doen om mense of gemeenskappe te help om grond te besit op ʼn manier wat regverdig is vir alle Suid-Afrikaners.

“Die regte rede waarom grondhervorming stadig gebeur, is omdat grondhervorming gebruik word om korrupte ooreenkomste met politieke vriende aan te gaan en die meerderheid Suid-Afrikaners uit te sluit van toegang tot grond, in plaas daarvan dat daar met programme begin is wat Suid-Afrikaners sou bevoordeel, soos artikel 25 van die Grondwet voorskryf,” het Ntuli bygevoeg.

“ʼn Skoon, deursigtige en regverdige grondhervormingsprogram kragtens die Grondwet is die oplossing – geen referendum is daarvoor nodig nie,” het Ntuli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Bittereinder ·

Natuurik wil die ANC n referendum hê wat dieselfde noodlottige uitslag sal hê as die ’94 verkiesing. Daarbenewens sal hulle dan die legitimiteit van n referendum hê om agter te skuil.

Basjan ·

Bittereinder, ek stem 100% met jou saam. ‘n Mens kan die ANC se motiewe soos ‘n boek lees. Almal van ons weet wat die uitslag van so ‘n referendum gaan wees.

Bielie ·

Grond onteiening is op ons.

Hou sommer ‘n referendum oor die doodstraf ook.

Hendrik ·

Referendum oor die doodstraf – dink mooi! Sal jy n getranformeerde regbank met daardie verantwoordelikheid vertrou? Selfs die NP het destyds die verstand gehad om ons kernbomme te vernietig voor 1994.

Johann ·

Die hele Transkei, Ciskei, dele van Limpopo en KZN tot die Anc se beskiking as hulle dan grond en plase wil vat

Boland ·

Julle gaan meer probleme he as julle grond wil vat.Dis nie die San nie.

Komja ·

Dis hier Waar Ons gaan saamstaan en hulle SAL DIT NIE REGKRY NIE!!!

w ·

Grond sal soos in Zimbabwe aan Govt officials toegeken word. Hul worry nie oor hul volgelinge. Dis net hul politieke boeties wat gan grond kry

Hanna ·

Net pdoduktiewe plase en/of grond word geteiken. Spul rowers!

Christa ·

Ek kan steeds nie verstaan waarom hulle grond wil VAT nie!! Meer as 50% grond is steeds in Staatsbesit!!! Gee DIT!!!

Jaco ·

Dis moontlik nog n manier om hul sakke vol geld te stop. Al ons eiendom word van ons weggeneem en sal ons dit dan teen n X bedrag kan huur by die regering.

Jan maak n plan ·

Kom vat my grond. Dan betaal ek van daardie dag af nie n sent meer belasting nie. En dit geld as hulle enige boer se plaas vat.

apie ·

wat gaan gebeur as niemand wat enigsins kan, nie meer belasting betaal nie?

Gerhard ·

Mense ek dink dit is tyd dat julle besef die ding gaan kom. Nie miskien nie, nie dalk nie, dit kom verseker. Afrikaners is nou in die laaste fase voor die tyd gaan opraak om iets te doen aan die feit dat ons as volk gaan uitsterf, net soos ons blanke bure in Zimbabwe.

Gerhard ·

Jaco 4 miljoen is wel meer as 100 duisend, maar dit gaan nie n verskil maak nie. Die 4 miljoen gaan niks meer doen as wat die 100 duisend gedoen het nie.

John ·

Hoe gaan sake juis beter verloop volgens die DA as daar nie ‘n referendum plaasvind nie. Deursigtigheid, ordelikheid, wetmatig en skoon… Nee, presies die teenoorgestelde. Skielik is president Zuma die held van selfs die DA en die EFF. Hoop almal op ‘n blokkie grond so groot soos ‘n sikspens. Ses-voet-onder gaan selfs onbekombaar wees. Wat ‘n agterbakse spul…

Johannes van Staden ·

Baie van die plase is op skuld so hoe voel die banke wonder ek nou… die Rand gaan so ver val en rommel status is n onmiddelike gegewe .. en wie kry dan die swaarste ….jip ons almal weet

AL ·

Gaan die Regering die ryk ANC lede se grond ook vat? En Nkandla – kan n hele paar mense huisves. En hoekom moet ons belastingbetalers die tradisionele leiers onderhou. Gaan hul grond ook gevat word?
Soos n vrou nou die dag tereg opgemerk het, as grond verdeel word, wie gaan die soutpanne kry?? En ander onbewerkbare grond?
Wie gaan die staatsgrond kry? Dan moet dit ook onteien word?

Wonder ·

Will Zuma hand over Nkandla to the blacks? Where is the proof that he did not steal Nkandla?

Sputnik ·

Ek stem heelhartig saam met Gerhard. Dit gáán gebeur. Dit is egter nie ‘n geval van “die boere sál niks doen nie”, eerder ‘n geval van hulle “sal nie veel kan doen nie”. Struikrowers bky struikrowers. Belê in jou kinders se tersiëre opleiding en help hulle in die buiteland vestig. Koop vir jou ‘n huisie in ‘n (in dié stadium) nog beskaafde deel van die stad of dorp en SPAAR, SPAAR, BELÊ vir jou oudag (as jy so gelukkig is om dit te haal). Onthou, vir elke ongev. R4 250/mnd pensioen benodig jy ‘n R1m in ‘n belegging.

Johannes Meintjes ·

Dit lyk of SA sedert en voor 1652 al ‘n paar dinge tekort skiet. 1. Perspektief. 2. Wedersydse respek tussen kulture. 3. Gesamentlike hardwerkendheid. 4. Goeie regering in geregtigheid. 5. Volhoubare vrugte wat hou.

Louwrens ·

Daar is al baie agterlangs plase vir BEE mense gegee en van hulle kry nog by om te bestuur,niemand tel hoeveel van hulle al daar is nie?

E.K. ·

Kommerwekkend. BAIE kommerwekkend. Mens moenie probeer dink hul sal nie dit wil doen nie en natuurlik sal meeste mense daarvoor stem want ons weet wie die meerderheid is. Ons weet ook dis maar ‘n ANC brownie-points soekery omdat hul in sulke groot moeilikheid by hul mense is. Mense… ek probeer nog altyd positief wees maar heirdie is BAIE kommerwekkend.

Wonder maar net ·

Ons gaan so te kere oor ons grond…oorlog en en en….wat verstaanbaar is. WAT doen ons aangaande die plaasmoorde…..volksuitwissing??? Hoekom nie oorlog en “up in arms” wees DAAROOR nie??? Naïwiteit dalk…..kan mos nie met my gebeur nie nè. Ek dink dis gek. Prioriteite is beslis nie in orde nie. Ons volkie wil nou maar een maal net nie luister nie!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.