Regbank wil met Zuma vergader oor ‘ongegronde kritiek’

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: GCIS

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. Foto: GCIS

Die land se top-regters het versoek dat hoofregter Mogoeng Mogoeng met pres Jacob Zuma vergader om “herhaaldelike en ongegronde” kritiek van die regbank te bespreek.

Senior regters het Woensdag in ʼn verklaring gesê hulle het die hoofregter versoek om met Zuma te vergader omdat hierdie kritiek die potensiaal het om die gesag van die hof te ondermyn.

Mogoeng het joernaliste by die OR Tambo-lughawe toegespreek en gesê hierdie kwessies moet op die regte vlak bespreek word sodat dit opgelos kan word. Volgens Mogoeng is die regbank by ʼn punt van “introspeksie” en nie midde-in ʼn krisis nie. Hy het bygevoeg hy kan nie Zuma se reaksie voorspel nie, maar hy is oortuig Zuma sal oor die situasie besin.

“Baie mense het die regbank gekritiseer en ons wil die nasie verseker die regbank is steeds toegewyd om sy grondwetlike mandaat uit te voer. Sekere kwessies kry aandag sonder om enigiemand aan te val. Een van die belangrikste dinge wat ons gedoen het, was om die kritieke rol van die gereg te beklemtoon,” het hy gesê.

Op ʼn vraag wat sal gebeur wanneer die regering weer ʼn hofbevel verontagsaam, het Mogoeng gesê bekommernisse moet saam met die realiteit gesien word. Daar was slegs ʼn paar hofbevele wat nie deur die regering gerespekteer is nie. Dit sal hanteer word as dit weer gebeur.

“Ons is net bewus van een saak wat glo die wenkbroue laat lig het en ons glo hierdie vergadering is sterk genoeg om enigiemand te ontmoedig om dit weer te doen. Maar as dit weer gebeur, sal ons dit hanteer wanneer ons daarby kom, want ons is oortuig hulle [die regering] sal seker maak dit gebeur nie weer nie.”

Adjunk-regter Dikgang Moseneke het bygevoeg geen van die regters het onbehoorlik opgetree nie, hulle is “ernstig” oor hul werk en sal voortgaan om onpartydig te wees. “Ons sal ons werk doen soos ons moet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johannes Meintjes ·

Introspeksie in die Nuwer (korrupte en vervalle) SA is beslis ‘n waardevolle benadering, meen ek. Die kerk en die regering kan dit moontlik ook sterk oorweeg.

Mary-Ann ·

Die feit dat daar “net n paar hofbevele was wat nie deur die regering gerespekter was nie” is klaar n probleem! Daar het toe niks gebeur en met die volgende paar sal daar verseker niks gebeur. Regter Mogoeng die bal in in jou hande. u moet sorg dat dit gerespekteer word. Mens sou nogals dink dis logies.

Chris Nel ·

na baie hofsake en veral ‘n egskeidngsaak, het ek nie ;n greintjie vertroue in die HOF nie;
en geen wonder dat die BYBEL die REGBANK as Rowers en Ongelowiges klassifiseer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.