Regering befonds steeds net swart nagraadse studente

studentebetogings 2015 feesmustfall fees must fall

#FeesMustFall-studentebetogings in Oktober 2015.

Tussen 70% en 90% van studente wat tydens die vorige boekjaar finansiering vir nagraadse studie ontvang het, was swart. Nietemin dring die departement daarop aan dat rasgeteikende befondsing vir studente steeds nagejaag word.

So het Buti Manamela, adjunkminister van hoër onderwys, wetenskap en tegnologie, tydens Dinsdag se sitting van die parlementêre portefeuljekomitee vir hoër onderwys gesê. Dit is tydens die sitting bevestig dat die Nasionale Navorsingstigting daarna mik dat 80% van alle nagraadse studente wat befonds word, swart moet wees en 55% daarvan vroue.

Op honneursvlak was 90,7% van die studente wat in die 2018-’19-boekjaar befonds is, swart en 59,2% vroue. Op magistervlak was 79,3% van studente swart en 57,7% vroue en op doktorale vlak 75% swart en 51,8% vroue wat befonds is.

“Hierdie syfers toon aan dat drie van die mikpunte vir befondsing reeds oortref word, terwyl die ander drie naby daaraan is. Die VF Plus betreur dus hierdie standpunt,” sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-woordvoerder vir hoër onderwys.

Dit het tot ’n vraag van die VF Plus gelei om uit te vind of bevoordeling van aangewese groepe gestaak gaan word om te verhinder dat nuwe wanbalanse geskep word.

Manamela se reaksie op die vraag was dat hul teikens bereik het, maar nog nie aan die vraag na befondsing van swart studente voldoen het nie.

“Die VF Plus beskou dit as ’n duidelike teken dat die ANC-regering geen plan het om nou of in die toekoms van rasgegronde teikens afstand te doen nie. Dit herbevestig die noodsaaklikheid vir Afrikaners en ander minderhede om na hul eie opleiding en toekoms om te sien,” sê Boshoff.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Koos Kookwater ·

Dan kan lesufi mos nie n gasket blaas as die Boervolk hulle eie planne maak EN uitvoer mie

Johan ·

Hierdie is deel van ‘n jarelange sterk rassistiese en doelbewuste beleid om die Blankes op alle gebiede openlik te onderdruk…. Hoe op aarde kan dit nog steeds geregverdig word?

Johan ·

Johan, dit was nog altyd die anc kommuniste se doelwit om ons Boere uit te wis. Hulle het dit sg. “freedom struggle” genoem. Nou dat hulle sg. “freedom” het voer hulle die laaste deel van hulle plan uit, dit noem hulle sg. “democracy”

sweis ·

Dit is hoekom dit so belangrik is om deur onderhandeling en druk vanaf die buiteland so gou moontlik n onafhanklike tuisland te kry,hierdie is diskriminasie gebaseer net op velkleur.

HEVW ·

Ek verwerp die laaste sin van Boshoff dat die blankes self n plan moet maak om na hulself om te sien. Die regering word gans te veel met versigtige woorde en sagte handjies gehanteer en dit bring mee dat hul steeds met onreg voort stoom. Nee dit is n saak van dringendheid dat hierdie skrynende onreg gestaak moet word. En die regering word n beperkte tyd gegee om hierdie onreg te hanteer en antwoord te gee.

Johann ·

Imagine hoe dit moet voel om nie die BESTE of HARDWERKENDSTE te wees nie. Bloot net SWART genoeg. Geen wereldklas vergelyking of standaarde nie…bloot jou ANC assosiasie via jou swart vel? Shame…

JohanR ·

Jy weet ons kom van sterk Voortrekker saad, en ek glo ‘n blanke sal altyd ‘n plan maak. Net soos ‘n boer op ‘n probleem afkom, en dan ‘n plan maak, soe sal ‘n blanke student ‘n plan maak. As dit moet sal hulle 12 – 16 ure as ‘n kelner werk, en dan nog gaan studeer, net om op die einde van die dag graad te vang. Dink nie Afrikaaners was nog ooit bedelaars nie, soe niemand gaan hierdie regering se gat lek vir geldelike hulp nie.

Mia Joubert ·

JohanR google net vir interresantheid wat het die Engelse Lord Arthur Conan Doyle van die wit Afrikaners van hierdie land gesê. Dit sal jou sommer krag gee

Liendempers ·

Google/Facebook – Mmatlou Josias Ntjana. Hy het n stuk geskryf oor die Afrikaner se deursettingsvermoeë en wat vermag is sedert onafhanklikwording (1960?) vs die onafhanklikwording van ANC in 94 en wat hulle tot dusver vermag het. Baie interessante leesstof

ouer ·

Ons maak eerder ‘n plan – hoeveel van hier nagraadse studente gaan slaag wonder ek?
Sal graag die slaagsyfer wil weet – of word hulle deurgesit?
Soos jy se JohanR – ons lek niemand se agterend nie – Solidariteit Helpende Hand is ook daar.
Daar is ook studielenings by banke beskikbaar – vra my ek is al deur hierdie oefening – en staan nog steeds sonder om bakhand by die patetiese regering te staan.
Ek het 2 op Universiteit en is net ‘n gewone werkende mens.

Liendempers ·

Die Afrikaners het n manier van “vrek voor ek vra” wat ek aan n swart kollega probeer verduidelik het. Hy (gegradueerd so by the way) kan glad nie die konsep verstaan nie…….

sweis ·

Hoekom moet ons belasting betaal as daar teen ons en ons kinders gediskrimineer word deur die anc regime?

Pieter ·

Want ons blankes kannie standpunt in neem nie dit is ons eie skuld

Anel ·

Vra ek ook. As die blankes ophou belasting betaal sal ek graag wil sien waar gaan die kaders geld kry vir alles

Lalie ·

Sien dit is hoekom ek net beurse aan wit kinders toe staan.

Liendempers ·

Ditto. Dit is n weldeurdenkte besluit wat ek geneem het dat my “charity” gerig word aan blankes. Die staat maak dit duidelik dat hulle nie blankes ondersteun nie. So ek maak dit duidelik dat ek wel blankes ondersteun.

Doktor ·

Hulle kan van ons belastinggeld studeer, maar ek weier om hulle by die werk deeglik op te lei. Ek laat hulle liewer kaartspeel op die foon of rekenaar by die werk. So word hulle nie bemagtig nie en weet hulle niks meer nie. Niemand kan my dwing om my onmeetbare kennis met hulle te deel nie of keer om vals informasie deur te gee nie, ‘n mens maak mos foute.

Einstein ·

Ek het vandag na ‘n gesprek op Radio Pretoria geluister oor ‘n Bloemfonteinse hof wat die verwydering van ‘n beurs aan blanke studente uit ‘n testament beveel het. Mense moet dus onder geen omstandighede bemakings aan openbare universiteite doen om blankes of Afrikaners te bevoordeel hie. Die howe skrap sulke bemakings voor die voet. Bemaak eerder jul geld aan organisasies wat die Afrikanersaak op die hart dra, andersins aan privaatinstellings soos Akademia.

Pieter ·

Daar voor is ons blanke nasie mos te bang dit is hoekom die ANC met ons mors

Johan ·

En steeds met al hierdie onderdrukking bou en sorg ons Boere vir onsself – dit maak die anc kommuniste WOEDEND van jaloesie!

aj ·

Etniese suiwering!

Verarm minderheidsgroepe deur diskriminerende wette en praktyke tot uitsterwing van die groep!

Gert van Wierdapark ·

Korreksie Elvira, dis”Demo-crazy”! He-he-he!

Hoe?? ·

My vraag…. hoe kan mens jou belasting geld laat stop?… ons kan nie.. die werk trek dit dan dadelik af.. .

sweis ·

Net om jou erfbelasting terug te hou knak hierdie piesang republiek in 6 maande,besighede hou hulle belasting ,ouers stop om skool fooie te betaal,kyk wat het met sanral gebeur.

jakes ·

Bo en behalwe die befondsing van swart mense is die slaag vereiste waarskynlik 15%. In die sakewereld verwonder ek my daagliks hoe hierdie mense in seniorposte aangestel kan word terwyl hulle beswaarlik rasioneel kan dink en praat. N mens kan maar net lag daaroor.

Marius ·

Dit is die maatskappye wat moet slim wees en jou belasting geld wat hulle van jou vat nie vir die staat gee en dit in Solidariteit moet bele dit is waar dit sal groei.En aan die einde van die jaar kan hulle jou wys hoe jou geld groei vir jou ou dag.

Alex ·

Maar die maatskappy is nou in “ander” se hande. Dit sal nooit gebeur nie.

Marius ·

Alex nee ons almal dink dit is dit is nie reris hoe dink jy het Solidariteit hulle geld gekry?

Nettie ·

Mense, dit is omdat ons mense nog steeds maar dieselfde ding doen as wat ons nog ALTYD gedoen het en dit is, om – as ons iets wil hê – daarvoor te BETAAL. Ons het van kindsbeen af geleer dat NIKS in die lewe verniet kom nie; dat, as jy iets wil hê, jy daarvoor moet BETAAL. Hierdie ander mense, weer, het van kindsbeen af geleer dat as jy iets wil hê, moet jy net bakhand staan daarvoor – die boer sal dan gee.

Pep ·

Ek verstaan die slaag syfer onder die nuwe generasie Chiruge is slegs 44%
Die jong wit matrikulante wat 90% plus kry in hul eindeksamen word mos nie meer toegelaat om medies te studeer nie.

Msp ·

Daarom moet ons nie die regering ondersteun nie maar wel Afriform en Solidariteit. Hulle is die enigste groepe wat hard veg vir die toekoms van minderheidsgroepe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.