Regering begroot R4 miljard vir nagraadse studie

bcom graad studeer akademia

Argieffoto.

Die regering het vanjaar R4,4 miljard begroot vir duisende nagraadse studiebeurse, maar die toewysing aan die nasionale navorsingstigting (NRF) wat vir gevestigde navorsers gebruik word, is aan’t afneem.

Dit blyk uit die begroting wat die minister van wetenskap en tegnologie, Mmamaloko Kubayi, Woensdagmiddag in die parlement ter tafel gele het.

Die R4,4 miljard sal aangewend word om 9 300 beurse vir doktorsgrade, en 32 400 beurse vir ander nagraadse studies (B.Tech,- honneurs- en magistergraadstudies) te finansier, het Kubayi gesê.

Daar is toenemende kommer in Suid-Afrika omdat ʼn baie groot deel van die navorsingsuitset geproduseer word deur ʼn portuurgroep navorsers wat relatief gevorderd in jare is, met betreklik min jong navorsers wat na vore tree.

Terselfdertyd het Kubayi aangekondig dat die NRF slegs R904,8 miljoen ontvang, wat in reële terme ʼn daling verteenwoordig. Dit gebeur in ʼn tyd dat gevestigde navorsers reeds kla dat hulle noustrop trek wat navorsingsbefondsing betref.

Die SKA-teleskoop in die Karoo, wat Suid-Afrika aan die voorpunt van internasionale sterrekunde plaas, ontvang vanjaar R709 miljoen. Kubayi het aangekondig dat al die nodige grond vir dié projek nou aangekoop is.

R63 miljoen word deur die regering bewillig spesifiek vir mynbou-ontwikkeling, wat in die nuwe mynboudistrik in Carlow, Johannesburg, belê sal word.

ʼn Ander belangrike projek waarvoor die departement geld bewillig het, is die graanverbouingsprojek aan die Universiteit Stellenbosch, wat poog om Suid-Afrika minder afhanklik van graaninvoere te maak.

Verdere toewysings aan wetenskaplike instellings vir vanjaar sluit in:

* R963,2 miljoen aan die WNNR;

* R303,7 miljoen aan die RGN;

* R25,7 miljoen aan die Suid-Afrikaanse Wetenskapakademie en

* R138 miljoen aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Ruimte-agentskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

John ·

Sjoe, waar het die regering die goudpot ontdek, beslis nie aan die voet van die reenboog bo-oor die parlement in die droe stormkaap nie. Navorsing deur gegradueerdes wat nog nie eens hul gratis-en-verniet eerste semester voltooi het nie… inderwaarheid nog nie eers die eerste semester van die oorbruggingskursus voltooi het nie. En al die nagraadse kundiges gaan…. waar werk? Soveel hogere kundiges op vele gebiede gaan hogere poste moet beklee. En aangesien die ou garde navorsers nou plek maak vir die agtergeblewe vooruitstrewendes, gaan die ou garde politici en amptenare ook plek maak vir die bekwame opgeleide afgestudeerde wyses, of gaan nog ‘n bedrag begroot moet word vir tuis-afwagtende diep gefrusteerde boekgeleerde nagraadse werkloses.

Vraagteken ·

Ja, maar daar word ‘n kwota stelsel toegepas. Net ongeveer 10-15% van die bedrag gaan aan wit studente. Om nie eers te praat van die geslag kwota nie. As jy ‘n wit man is, dan is jou kaanse amper 0 (wel eintlik so 4 na 5 %) om befondsing te kry. Net om jou ‘n idee te gee; jou kaanse is hoër om ‘n beurs te kry as jy van ‘n Afrika land kom as wat dit is om ‘n wit man te wees.

Die bogeneomde wat ek noem is nie opgemaak nie. Ek is tans in die stelsel en ervaar dit huidiglik eerstehands. Dan wonder die universiteite hoekom die standaarde verlaag – want die meeste goeie studente bly eerder werk as wat hulle nagraads gaan studeer.

snoefie ·

dis net verkeerd! voordat n student n beurs kry vir nagraadse srudie moet die eerste graad reeds terug betaal wees.

Vraagteken ·

Dis nie so eenvoudig nie. Baie studente verkies om direk na hulle ondergraadse studies verder aan te bly. Nagraadse studies (veral Wetenskaplike rigtings) benodig fondse vir eksperimentasie, ens.

Een van die probleme, onder andere, is die volgende; baie van daardie fondse gaan na instansies toe wat nie juis geakkrediteerd is nie. Indirek kan jy argumenteer dat die geld gemors word. Dit sal interessant wees om te sien hoeveel % gaan na jou groot Universiteite toe (UJ, UP, US, ens.) teenoor colleges, akademies, ens.

Moenie verbaas wees om te sien dat net ‘n klein % van daardie fondse bydra tot ons wetenskappe, en indirek ons ekonomie nie.

MJ ·

Wonder waar gaan die geld vandaan kom om al die wat beurse gaan kry, op te lei. Help veel jy het ‘n student, maar geen geld om sy navorsingsprojek te befonds nie…
En ja… waar gaan al hierdie massas werk kry?

Willa ·

So pragtige regering. Maak klomp mense slim, maar geen handvakmanne meer. Ons moet eers leer werk

Ruby ·

Die VAT verhoging na 15% betaal hiervoor.

Die regering dwing jou om HULLE verantwoordelikheid na te kom. Meeste studente wil net hê hê hê,

Ek moes studeer EN werk om SELF daarvoor te betaal.

B ·

HOe word bepaal watter studente kry beurse….ek is ‘n enkelma wat steeds vir my dogter se eerste jaar studielening betaal….haar tweede jaar het mense gehelp, en derde jaar sit ek nogsteeds die jaar met haar uitstaande kostes…..Al drie jare het sy aansoek gedoen by NSFAS en FUNZA……terugvoer…..insufficient funds…..haar punte is goed…sy’t ‘n passie vir onderwys na sy twee jaar sending gedoen het tussen minderbevoorregte kids….en nou moet sy dalk haar derde jaar opskop omdat sy nie beurs kry…elke jaar werk sy hard met die hoop op ‘n beurs…….terwyl daar soveel kinders is wat beurse kry en hul werk nie daarvoor…..en skop op na eerste jaar….of her hul vakke……….sal graag wil weet op grond van wat word beurse toegeken……

GM ·

Ja nee, dit maak nou sin om geld weg te vat van gevestigde navorsers, wat iets vir die land beteken, en dit te gee aan nuwe bloedjies. Wie sê hul gaan hul eerste semester deurkom? Of gaan die universiteite nou net almal deursit en grade gee. Plaas spaar die regering maar eerder die belastingbetalers se geld, en laat druk net gou ‘n graadpapiertjie vir almal wat so ‘demand’. Grade gaan in elk geval niks beteken as almal een het nie. En die ‘studente’ gaan partytjie hou met hul kosgeld. Kan ons almal ons gelde terug ‘demand’ wat ons aan studielenings betaal het? En wat van die ouer mense wat graag wou gaan studeer het destyds, maar nie kon nie? Kom hul ook in aanmerking?

Passie ·

Op grond van KLEUR. Wanneer gaan die toe oog mense in SA dit nou raaksien?? Of hoop en bid hulle nog dat hulle kinders ‘n kans gaan kry? Leen geld dat sy klaarmaak, daar is studentelenings MOENIE dat hierdie mense julle onderkry nie .. En lyk my nie sy moet verder haar tyd aan die minderbevoorregtes afstaan nie, dis hulle wat nou HAAR BEURS gevat het.

GM ·

Ek het nou gekla oor almal wat verniet wil gaan studeer, maar misgekyk dat dié gelde wat bo genoem word, vir nagraadse-studente is. Dit maak die situasie seker meer aanvaarbaar, want ten minste moes die persoon hard werk om sy graad eers te kon ontvang. Maar ek sien nogsteeds nie in hoekom daar befondsing van gevestigde navorsers weggevat word nie. En hoeveel begroot die regering vir voorgraadse studies as dít die bedrag is van nagraadse studies. Want BAIE meer gaan op dáárdie ‘demand’lysie wees.

zoom zoom ·

Pleks bou die staat nog skole en opgradeer die ou skole met die geld. Dan sal daar nie so ‘n gesukkel wees om kinders in skole te plaas. Mou met die geld gaan net sekeres daarvan kry vir studies en die res verdwyn stil stil in fie sakke van sekere amptenare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.