Regering bekommerd oor ontvoering van kinders

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Die regering het Donderdag tydens ʼn kabinetsvergadering jong Suid-Afrikaners gemaan oor die gevare wat moontlik in die feestyd kan voorlê. Die kabinet het alles van kinderontvoerings tot ʼn herhaling van verlede jaar se gevreesde superverspreiderbyeenkomste bespreek.

Die kabinet sê hy is veral bekommerd oor die veiligheid van kinders ná onlangse sporadiese ontvoeringsvoorvalle op verskillende plekke landwyd.

“Gedurende die komende feestyd moet die ouers en versorgers van kinders waaksaam wees oor die veiligheid van die kinders in hul sorg.

“Ons vra dat ouers noukeurig oorweeg waarheen hul kinders gaan en aan watter bedrywighede hulle deelneem om hul veiligheid te verseker.”

Die kabinet het ook daarop aangedring dat ouers algemene veiligheidsmaatreëls met hul kinders bespreek, onder andere ook protokolle wat met Covid-19 verband hou. Dít in ʼn poging om ʼn moontlike vierde vlaag van die Covid-19-pandemie te voorkom.

“Geleenthede soos matriekvakansies en matriekafskeidpartytjies is moontlike superverspreiderbyeenkomste. Geleenthede soos hierdie, waar alkohol dikwels betrokke is, ondermyn die hele land se pogings om die verspreiding van die virus hok te slaan.”

Debbie Schäfer, LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, het die kabinet se siening benadruk en alle matriekleerders gevra om die gevare wat verband hou met die bywoning van sulke geleenthede, behoorlik te oorweeg.

Dít volg nadat duisende jongmense verlede jaar Covid-19 by matriekvakansies in onder andere KwaZulu-Natal opgedoen het en dit later na verskeie provinsies landwyd versprei het.

“Ek doen ʼn beroep op leerders en hul ouers om te oorweeg of hierdie en ander sosiale geleenthede die risiko werd is. Hoewel die gevalle in die land nog laag is, weet ons dat dit net ʼn kwessie van tyd is voor daar nog ʼn vlaag gevalle is,” sê sy.

“Dit is verstaanbaar dat matrieks aan die einde van die jaar die harde werk van die jaar opsy wil sit en saam feesvier, maar hulle betree ook nou volwassenheid en moet die verantwoordelikheid aanvaar om hulself, hul gesinne en hul vriende veilig te hou.”

Schäfer het ook genoem dat matrieks die einde van hul eksamen bereik en dat partytjies gedurende hierdie tyd lewensveranderde gevolge kan inhou.

“Partytjies wat Covid-19-protokolle verontagsaam, kan daartoe lei dat leerders die virus opdoen en eksamens misloop. Dit sal ʼn massiewe impak op hul toekoms hê, aangesien dié gemisde eksamens eers in Junie volgende jaar geskryf kan word.

“Om op die oomblik gefokus en veilig te bly, is die beste belegging wat jy in jou toekoms kan maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

EnoughSaid ·

Maar bring die doodstraf terug…..vir ontvoering, verkragting en moord…..sien dit as misdaad teen die mensdom!!

Di ·

Dit sal nooit gebeur nie – die Regering besef dat die meeste van “our brothers” dan sal kwalifiseer vir die doodstraf. Hulle is gebore verkragters en moordenaars

Johanncb ·

Die Regering bespreek reeds Suid-Afrika se siekverlof vir Desember vooruit. Die ekonomie sal op hierdie wyse nóóit volkome herstel nie! Ons is mos mooi verantwoordelik om soos volwasse burgers op te tree en na onsself om te sien!

Vonkprop ·

Die regering is uitstekend met net twee goed. Korrupsie en om hulle kommer oor dinge uit te spreek.

Di ·

MY GENADE, iets waaroor hulle bekommerd is, dis ook al waar dit sal bly. Hierdie useless korrupte ANC kaders het geen belangstelling by die welsyn van hierdie land se mense nie,

Anonymouse ·

Ek deel die regering se kommer. En wat my nagmerries gee is dat ek nie dink dat daar ‘n manier is om dit te stop nie, maak nie saak hoeveel polisie jy het nie.

Anel ·

Nou bly in jou kamer, dra joy maskertjie 24/7 en was jou hande 1000 keer per dag, maar los ons wat wil lewe uit dat ins ons lewens kan geniet en lewe soos ons wil. Ons is gesond en steur ons nie aan paranoia nie. Genoeg is genoeg!!!!

Shakespeare ·

Julle “bekommernis” is hel/ diabolies gefundeerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.