Regering besorg oor aanvalle op uitlanders

SAvlag

Suid-Afrikaanse vlag. Argieffoto.

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het ʼn dringende vergadering met Afrika-ambassadeurs in Pretoria versoek om die vlaag van geweld wat uitlanders en hul eiendomme teiken, te bespreek.

“Die minister het haar ernstige kommer uitgespreek oor die situasie en doen ʼn beroep op wetstoepassers om misdadigers en vandaliste aan te keer,” het Ndivhuwo Mabaya, woordvoerder van die departement, Saterdag gesê.

Sisulu het gesê Suid-Afrikaanse maatskappye en Suid-Afrikaners kan oor die kontinent heen onverhinderd betrokke wees by verskillende maatskappye. “Suid-Afrikaanse maatskappye en ons burgers word oor die kontinent heen verwelkom. Ons moet dieselfde hier doen; ons moet ons bure en mede-Suid-Afrikaners verwelkom.”

Sy het gesê die Afrika-kontinent en ander lande in die wêreld kyk na Suid-Afrika vir leierskap in verskillende internasionale forums, insluitend die Verenigde Nasies (VN), die Afrika-Unie (AU) en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG).

“Suid-Afrika word deur alle Afrika-lande en talle lande in die wêreld ondersteun om ʼn permanente setel te hê in die VN-veiligheidsraad; dit is tans die adjunkvoorsitter van die AU en die voorsitter van die AU in 2020. Hierdie verantwoordelikhede vereis dat ons brûe moet bou tussen lande, spesifiek in die SAOG en die kontinent,” het Sisulu bygevoeg.

“Almal van ons moet opstaan en ʼn sterk boodskap uitstuur dat geweld, alle kriminele aktiwiteit en die plunder van eiendomme van uitlanders nie geduld sal word nie, en die polisie en ander wetstoepassers moet sonder vrees of guns optree.”

Die departement het gesê die vergadering sal “so vinnig as moontlik” plaasvind en sal fokus op hoe ambassadeurs en die regering met gemeenskappe en ander belanghebbendes kan werk om integrasie in gemeenskappe te bevorder.

Die Suid-Afrikaanse regering het Donderdag gesê hy is besorg oor aanvalle op uitlanders in KwaZulu-Natal. Meer as 150 uitlanders wat in ʼn informele nedersetting in Clare Estate in Durban woon, moes uit die gebied vlug toe hulle deur ʼn groep mans aangeval is. Verskeie boodskappe doen die ronde in Suid-Afrika met waarskuwings van betogings teen die indiensneming van uitlanders in die land.

Zambië se president Edgar Lungu het die SAOG-voorsitter, Namibiese president Hage Geingob, gekontak om sy kommer uit te spreek oor aanvalle op uitlanders in sommige dele in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Anoniem ·

Dit wat gebeur praat ek nie goed nie. Maar kom ons kyk na die probleem en dit is die ANC hulle het die grense oopggemaak en nou sit ons met ons eie mense wat nie werk het of kry omdat duisende van buite inkom en werksgeleenthede kry wat hul nie toekom nie. My vraag is hoeveel van ons swart bevolking werk in Zimbabwe, Mosambiek , Nigerie, Malawi en ander lande. Bitter min maar die regering laat hulle invloei soos miere en die skuld moet voor hul deur le. Gaan kyk die dorpe en stede dit wemel van Nigeriers. Dit is nie hoe dit moet wees. Maar nog steun van ons die ANC . Tyd om die oogklappe af te haal.

Buite Stander ·

As ons een oggend wakker word, dan rol buitelandse army tenks in ons stede en dorpe om hul burgers te beskerm. Die SANDF sal maar magteloos toekyk.

Andre Coetzee ·

Lol…bekommerd.Julle kan nie eers julle eie mense beskerm nie…hoe wil julle ooit buitelanders beskerm?

Asjas ·

Bogger die buitelanders!! Dis hul eie stupidgeid!! Wat kom maak hulle in hierdie gevaarlike plek waar die regerings nie eers na hul eie mense / landsburgers kan omsien nie?
Nee wat, as jy hierna toe kom moet jy nie huil as jy net nog ‘n statistiek word nie …

Alida X ·

Groter besorgdheid en dringendheid oor aanvalle op uitlanders as oor aanvalle op SA Burgers.
Ons is welkom in ander lande maar het nie toegang tot die ander lande soos almal wat na SA kom nie. Daar geld paspoort regulasies.
Elke Jan Rap en sy maat kan ook nie net bly en gratis medies kry nie.
Kan nie regtig SA se situasie vergelyk met SA’ners se besoeke aan Afrika lande nie
Daar kan jy nie net oor die grens loop en vir altyd bly en begin “demand” nie.
Maar wragtag die Sa’ners wil ook nie werk nie, lewe op grants en kry baie goed verniet.

Waarheid ·

Julle is meer besorg oor aanvalle op uitlanders as aanvalle op boere op plase wat Suid Afrikaners is.

Vincent ·

Waarom sal hul besorg wees as hul aandadig is aan moord op boere?? Hul lakeie, by die MRK, het dit mos al oor en oor bewys dat hul niks fout vind met moorddreigemente teen boere en blankes nie.

Sons ·

Waarheid, en daar stem ek 100% met jou saam!! WAT VAN DIE PLAASAANVALLE!!!

Anoniem ·

@Waarheid. Jou uitlaating is verkeerd. Ons gee ons mening tot betrekking die berig. Ons kom nie mosterd na die maal en wil dan n opinie gee nie. As dit n boer is dan gee ons ,ons kommentaar so ook met elke ander berig.

Manie ·

Hierdie aanvalle is nie die eerste keer dat dit gebeur. Ek dink dit is n Afrika probleem sodra ander een n soort van lewe vir hom kan maak en die ander nie. Hulle praat ook net oor hoe erg hulle oor hulle broers is veral politici maar die broers moet heeltyd omkyk vir n mes in die rug

Ai.. ·

Dit is gewis so…Die onder regeerders is meer bekommerd oor die uitlanders se veiligheid as die bindelanders sin….go figure…Patete maak my siek!

Michael ·

Die iutlanders pla haar maar ons boere en hul mense kan maar uit gemoor word dit pla haar niks want hul is mos blankes

Annie Webb ·

Sisulu praat net, soos Ramaphosa. Gaan hulle regtig hier vlak voor die verkiesing “optree” teen SAners wat buitelanders aanval? ?? Waarskynlik vir hulle sê hulle moet eerder “die Boere/boere” aanval.

PPP ·

Die buite landers het hulle mooi geleer toe hulle daar opleiding gekry om die land te kon oor vat hulle het dit alreeds volmaak.

Jerry ·

Lindiwe, wettige immigrante is nie n probleem nie, dit is die onwettige immigrante wat die probleem is. Suid Afrikaners is gatvol vir onwettige immigrante wat ge “rent a crowd” word deur die eff vir boikotaksies en onwettige grondbesettings en so ook vir van hulle ander duistere motiewe. Indien dit nie deel is van ANC agenda om toe te laat dat die eff onwettige immigrante wat uit voormalige oorloggetuisterde gebiede SA instroom, gebruik word nie, dan sou die ANC mos nou reeds wetgewing uitgevaardig het wat alle onwettige immigrante aangese het om die land te verlaat voor die verkiesing ten einde n meer veilige voor, tydens en na verkiesing omgewing te skep. Dit pas julle ideologiese agenda egter soos n handskoen om alles en almal met intimidasie van getalle te verswelg. Wel, duidelik is nie alle Suid Afrikaners, selfs van julle eie mense daarvoor te vinde nie. Julle geheim is op die lappe net soos julle Suid Sudan geheimpie, so julle kan maar julle onwettige immigrante (derde mag) terugstuur na hulle lande toe en julle vuilwerk self doen!

marous ·

Sy is so besorgd en bekommerd soos ‘n slagter oor ‘n skaap wat voor hom staan . Dalk kan iemand vir haar Jesaja 1 vers 23 voorlees …

willem Botha ·

Dit is wat gebeur as n volk nie meer n land het nie dan word jy regeer deur n regering wat jou waarde en regte misken en dan verwag jy moet belasting betaal daarvoor onafhanklikheid is die enigste uitweg.

Katryn ·

Absoluut Willem! Afrikaners help finansier hierdie spulletjie. Al wat ons terugontvang is haat en verdrukking. Ons moet nuwe planne maak.

Jan pierewiet ·

Ai Lindewe… ek is bekommerd oor jou regeering. Daar is meer stemmers dood in Natal sedert die verkiesing datum bekend is as Suid-Afrikaaners in die res van die wêreld. Maar soos jy sê volgend die statestiek van jou regeering is dit normaal. Julle doen goeie werk.

Anoniem ·

Geen wonder daar is xenofobiese aanvalle. Die regering gee meer om vir buitelanders as hul eie mense.

Zombie ·

Ek stel voor die geagte minister versoek die SAPD om die situasie te monitor. Probleem opgelos.

smurfie ·

Meer besorg oor buitelanders as oor die boere wat kos op hul tafels sit!

HPV ·

Dit is hoe dit lyk as ander lande oor die afgrond gaan, dan stroom hulle jou land binne waar hulle beter as ons eie mense behandel word. Nou is die land ook besig om oor die afgrond te stort, wonder waarheen gaan hulle nou?

Marinda ·

But there is no problems in South Africa or something to that effect. Wasn’t that what was said a couple of weeks /months ago?

Why are you so worried now about what other countries think of our country? It didn’t bug you a while back. It doesn’t bug you when innocent farmers or their families or the farm workers and their families are killed? Why should this worry you?

Foxi ·

Waarom is die regering nou sodanig bekommerd oor aanvalle van buitelanders? Wie het die grense oopgestel vir hulle. Julle… die magtige ANC is verantwoordelik vir die buitelanders. Ja….laat hulle padgee, ons land is vervuil en vervrot van dwelms, moord en doodslag, verkragting, hel man…..noem dit net op. Kry vir julle……ander gaan nie julle vuilwerk doen nie!

Adam ·

Die ANC is te besig om die land te plunder en daar is dus nie genoeg tyd om te gebruik om Suid- Afrikaners te beskerm nie, vergeet nog van die buitelanders.

Hanna Hoekom ·

Is dit dan nie die einste Sisulu wat die Aussies so n paar maande gelede in die bek wou ruk deur te beweer dat “niemand” in Suid-afrika rede het om vir hul lewens te vrees nie? Nou hoe nou, Lindiwe? Jou storie klink nou heel anders. Of is jy (en jou cANCer regering) net oor die buitelanders besorgd?

Hennie ·

Net omdat dit die ANC se beeld kan skaad! Waar het jy gesien rowers en plunderaars het gevoelens?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.