Regering betaal miljoene aan Guptas se media-instansies

Jan Gilliland. Foto: Nokuthula Mbatha/ANA

Die regering het R260 miljoen aan die media-instansies The New Age en ANN7, wat aan die Gupta-familie behoort het, betaal.

Jan Gilliland, ʼn amptenaar van die nasionale tesourie, het Maandag voor die kommissie getuig dat hy betalings aan die Guptas se media-instansies nagegaan het. The New Age (koerant) is in 2010 begin terwyl ANN7 in 2013 begin uitsaai het.

Adv. Vincent Maleka, die getuienisleier, het gesê Gilliland se getuienis is die laaste deel van die getuienis oor die staat se inligting-en-kommunikasiediens (GCIS) nadat Themba Maseko en Phumla Williams vroeër getuig het hoe hulle gedruk is om geld na die Guptas se media-instansies te kanaliseer.

Gilliland het verduidelik hoe die regering se algemene boekhoudingstelsel, wat onderskeidelik deur die nasionale en provinsiale tesourie gebruik word om regeringsbetalings vir goedere en dienste aan te teken en na te gaan, werk.

Gilliland het getuig die eerste betaling aan die Guptas was in 2004 en dat dit klein bedrae was, maar in 2008 na meer as ʼn miljoen gespring het. Teen 2011 is meer as R6 miljoen aan die Guptas oorbetaal en teen 2012 het dit tot R29 miljoen gestyg.

Die algehele bedrae vir 2014, 2016 en 2016 was onderskeidelik R51 miljoen, R66 miljoen en R43 miljoen. In 2017 is die Guptas net meer as R27 miljoen betaal en in 2018 amper R5 miljoen. Mzwanele Manyi het ANN7 en The New Age einde 2017 van die Gupta-familie gekoop. ANN7 se naam is verander na Afro Worldview en The New Age na Afro Voice.

Gilliland het ook getuig dat die Vrystaat die meeste geld aan die Guptas se media-entiteite betaal, naamlik R79 miljoen, gevolg deur KwaZulu-Natal wat R29 miljoen betaal het. Noordwes het R23 miljoen betaal en die Noord-Kaap meer as R16 miljoen.

Die kommissie word Woensdag om 10:00 hervat.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sannie ·

En steeds neuk die ANC en EFF aan met White monopoly capital, volgens hulle besit wittes te veeel. Ek kry eintlik die idee hulle wil wittes heeltemal stroop van al hulle waardigheid, kultuur en eindom terwyl hulle soos konings wil leef. NET een klein foutjie .. die 50 miljoen wat julle in die steek gelaat het gaan nie vir ewig in armoede wil leef nie ..

Piet ·

Presies soos jy sê Sannie. Kan nie meer saam stem nie. Die hele spul is korrup want hierdie is maar slegs die klein hoeveelheid voorvalle waarvan die publiek weet en wat nou kamstig ondersoek word.

Irma ·

Die R 79 miljoen van die Vrystaat af is waarskynlik deur onse Ace. Kyk na die Vrystaat se ‘gewrse’ teerpaaie. Seker van die swakste in die land. Dit beteken dus dat die Vrystaat nie net paaie ge offer her nie masar die Estina melkplaas is ook ern van Ace se geraamtes. So word alles id geheim gedoen om hulle en hul genante te bevoordeel. Skande…. ANC

Afrikaanse Knaap ·

Mens kon daai sien, dat ANN7 die ANC propaganda masjien was.

leon ·

Ongelooflik!!

Dit met jou en my swaarverdiende belasting geld!

Laat ek nou weer van die korrupte anc – leier, -kieser, -ondersteuner hoor van swart armoede en wit bevoorregting!

As dit nie so tragies was nie …kon mens net lag.

Johanna Botha ·

Al die gelde kom van die anc areas …hehe en hulle is so dom en stem weer anc !

Ben ·

“From Robin Iland. back to Robin Iland” – As gevolg van al die korrupsie sal ons seker nog tronke in die toekoms benodig. Wag tot ‘n nuwe regering begin oorneem dan gaan al die korrupsie EERS op die lappe kom daarom die eerste sinnetjie. My oupa het gese “You can fool some people some time but you cannont fool all the people all the time.” Nogal waar. As Indie, of die land waar hulle skuil, enige integriteit gehad het, sou hulle die Guptas terug na Suid Afrika gedeporteer het, sodat hulle tereg kan staan vir hulle dade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.