Regering bevraagteken Amcu-staking

Amcu-lede betoog in Pretoria op 6 Maart 2014 Foto: Montsho/SAPA

Amcu-lede betoog in Pretoria op 6 Maart 2014 Foto: Montsho/SAPA

Die ANC-leierskap bevraagteken of die staking in die platinumgordel in Noordwes moontlik polities kan wees.

“Ons is besorg of hierdie ʼn kollektieweonderhandeling-staking of politieke staking is,” het Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, Sondag aan verslaggewers by Luthuli-huis gesê. “Daar is ontstellende ontwikkelings.”

Van dié ontwikkelings sluit die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) se beweerde betrokkenheid by onderhandelings en die posisie van die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), glo deur wit uitlanders. “Hierdie twee faktore het daartoe gelei dat die lekgotla die ministerie van minerale hulpbronne gewaarsku het om die bemiddeling met sorg te hanteer,” het Mantashe gesê. “Daar word vrae gevra oor die rol van die staat in arbeidsdispute waar daar duidelike reëls is wat dit lei.”

Lede van Amcu staak al sedert 23 Januarie by Lonmin, Impala Platinum en Ango American Platinum. Hulle eis ʼn basiese salaris van R12 500. Hulle het die maatskappye se aanbod, dat die werknemers dié bedrag teen Julie 2017 sal verdien, verwerp.

Ngoako Ramatlhodi het, net nadat hy as minister van die departement ingesweer is, ʼn taakspan saamgestel wat sou poog om die geskil op te los. Hy het Saterdag gewaarsku dat hy uit die onderhandelingsproses sal onttrek indien geen ooreenkoms Maandag bereik word nie.

Mantashe het verduidelik dat die regering ingegryp het omdat mense sterf en hulle nie die tragiese voorval, wat hom in 2012 in Marikana afgespeel het, wil herhaal nie. Altesaam 34 mense, hoofsaaklik stakende mynwerkers, is op 16 Augustus 2012 deur die polisie doodgeskiet wat hulle wou ontwapen en wou verdaag. Nog tien mense, insluitend twee polisiebeamptes en twee sekuriteitswagte, het die vorige week gesterf.

Mantashe sê vyf mense het die afgelope week in die platinumgordel gesterf.

Volgens die webwerf Platinum Wage Negotiations, wat deur die maatskappye opgestel is, het die werkgewers reeds meer as R21.5 miljard in inkomste verloor en die werknemers bykans R9.6 miljard. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.