Regering bou huis vir Coligny-seun se familie

Daniel Buthelezi, burgemeester van die Ditsobotla-munisipaliteit, by die sooispit-seremonie. Foto: Stringer/ANA.

Die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit gaan ʼn huis bou vir die gesin van Matlhomola Jonas Mosweu, die 16-jarige seun van Coligny wat dood is nadat hy na bewering van ʼn bewegende bakkie afgegooi is.

“Ons koop hulle nie om nie, ons is in ʼn proses van genesing. Die grootte van die huis is nog nie bepaal nie,” het Daniel Buthelezi, burgemeester van die munisipaliteit, by ʼn sooispit-seremonie gesê.

Mosweu se familie sal dus van die Scotland-nedersetting na Gerdoren-park in die dorp verhuis.

Pieter Doorewaard (26) en Phillip Schutte (34) word van die moord op Mosweu, wat op 20 April dood is, aangekla. Die staat beweer die mans het Mosweu agterop ʼn bakkie gedwing voordat hulle hom later van die bewegende bakkie afgegooi het. Die seun is kort hierna aan sy beserings dood.

Die twee beskuldigdes ontken dat hulle Mosweu van die bakkie afgegooi het en sê Mosweu het van die bakkie afgespring. Volgens die mans het hulle Mosweu en nog ʼn kind in hul werkgewer se landerye betrap waar hulle sonneblomme gesteel het. Hulle het glo vir die seuns gesê om op hul bakkie te klim om hulle na die polisiestasie te kan neem. Een seun het weggehardloop en Mosweu het agterop die bakkie geklim.

Pieter Doorewaard en Phillip Schutte in die Coligny-landdroshof (26 Junie 2017). Foto: ANA

Die seun se dood het tot gewelddadige betogings in Coligny gelei, wat nog verder vererger het nadat die twee mans op borgtog vrygelaat is. Tydens die onrus is huise aan die brand gesteek, winkels geplunder en paaie versper.

ʼn Ooggetuie het aan die polisie gesê hy het gesien hoe Mosweu van die bakkie afgegooi is. Hy is op pad hospitaal toe aan nekbeserings dood.

Doorewaard en Schutte het vroeër borgtog van R5 000 elk gekry en sal weer op 7 Augustus in die hof verskyn.

Die huis wat nou vir Mosweu se familie gebou word, sal glo ʼn simbool van genesing vir Coligny wees. Buthelezi het gesê inwoners is stadig besig om mekaar te vind. “Hierdie geval was ʼn geïsoleerde een – die wit gemeenskap van hierdie dorp is nie sleg nie – hulle het lankal getoon dat hulle nie probleme met swart inwoners het nie,” het Buthelezi gesê.

Samuel Mosweu (24), Jonas se ouer broer, het gesê die huis sal hom aan sy broer herinner en hul familie saambring. “Ek het nooit gedink die regering sal ons so bystaan nie,” het Samuel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Pieter ·

Wat van die onskuldige mense wie se huise afgebrand is deur julle mense. PAPETISES MUNISIPALITEIT. RASSISTIES

Petro ·

En wat van al die ander mense wat se huise afgebrand het hulle het niks met die kind se dood te doen gehad Zuma kruip weer vir stemme

willie ·

Gaan die onskuldige dorpenaars wie se huise en vragmotors afgebrand is ook vergoed word?

Sakkie ·

Ag asseblief.Wat van al die vermoorde boere? Wat kry hulle families?

Danie ·

Gaan hulle die voorraad van die besighede wat geplunder was vervang en die geboue wat gebrand en beskadig ook oorbou en regmaak ?. NEE dit is mos blankes se eiendom en hulle moet self sien kom klaar

skurf ·

laat hulle bou en dan gaan brand julle af. as die ster ouers hulle kind onder beheer gehad het, het hierdie tragedie nooit gebeur nie.

Swartkat ·

Wit, swart en bruin gemeenskappe het nie ‘n probleem met mekaar nie. Rassisme word deur sekere persone en politieke leiers misbruik en aangeblaas vir eie gewin en om politieke redes.

marous ·

Die mense is omgekoop met die beloftes van huise en werk en vooruitgang vir stemme wat nooit ‘n werklikheid geword het nie. Nou kapitaliseer hulle uit ander se verknorsing wat ‘n direkte uitvloeisel van hul belaglike bestuur is.

Maya Roon Joubert ·

Dink ek begin ook aan Stress Kardiologie te ly! Dit is ooglopend oneerlik en belaglikke omgekeerde rassisme! Inderdaad wat van die minderheid wat alles gebou en gegee het e vandag nog verwag word om te gee en te bou laat die needed geld dit maar net weer vat en verniel!

Brie-brie ·

Sit en wonder waar kry hulle skielike fondse vandaan vir die huis. Gewoonlik is daar niks nie.

Eva ·

My man is ook vermoor deur ń swart persoon, gaan ek ook nou ń huis kry? En so ook al die mense op plase waar daar moorde gepleeg is?

piper ·

laat hulle die huis maar bou. wat gaan hulle doen as blankes dit afbrand

Fred ·

Sal maklik brand. Dit gaan glo ‘n double-storey wooden shack wees.

Linda Koekemoer ·

Ek Glo dit nie. Bou ASB huise Vir almal in hierdie land wat kinders verloor het agv misdaad.

Rentia ·

Regering moet asb laat weet waar kan almal wat iemand verloor het a.g.v moord aansoek doen vir staatsvoordele. O ja en dalk net verduidelik wat die voorwaardes is om te kan kwalifiseer daarvoor

Ramkat ·

Reeds deur die burgemeester verhoor skuldig bevind en veroordeel.

Dis nie nodig meer om die saak in die hof te voer nie.
We’very made up our mind, don’t now confuse us with the facts.

Wat het geword van daardie HOOGHEILIGE GESEGDE ALTOOS DEUR DIE ANC OPGEGEE nl Onskuldig, totdat n (bevoegde) hof jou skuldig verklaar het.

Die Kryger ·

Kan jy dit glo. Wonder wie se belastinggeld word daarvoor aangewend. Dit is verregaande

TDW ·

Goed en wel. Onregverdig, maar dis nie nuut nie. Die probleem is wie gaan die huis in goeie kondisie onderhou?

Daleen ·

Dis nou ouers wat dae lank geen benul gehad het dat hul kind weg is, wat nog te sê oorlede. Vra bietjie daai ouers hul kind se geboorte sertifikaat..

humor ·

Baie duidelik hier hang die onderrokke baie erg uit. Of is dit kaalg@tte wat onbeskaamd sibaar is. Kaal vanwee n geveg om anc stemme Hulle het sommer by voorbaad besluit die 2 aangeklaagdes is skuldig aan moord. Dit is beslis die sugestie wat met hierdie sg. simpatiekedaad geskep word. Tipies die laakbare werksmetode van die anc. Hul besef nie dat hier n gevaarlike president geskep word waaraan hul weereens nie sal kan voldoen nie.

Blom ·

Maw. As jy steel en huise afbrand gaan iemand ‘n huis kry. Gaan iemand beloon word.. Dis die boodskap wat ek kry.. Wonder hoeveel word onder die tafel deur beloon vir plaasmoorde en almal wat deesdae in ons dorpe en stede ook net doodgeskiet word!!

TM ·

Die huis gaan seker R150 miljoen kos met ‘n swembad. Na twee weke gaan die krake so groot in die mure wees jy kan ‘n sny brood daardeur aangee. Na ‘n maand lek al die loodgieter werk. Ek sal geen huis wat deur die regering geborg word vertrou nie. Ek werk eerder vir my eiendom.

Jone ·

Hier op aarde kan hulle maar lekker lewe hê. Dis die hiernamaals wat op die einde saak maak.

Anoniem ·

Ouens ek lees so die storie en van die kommentaar hier, lyk my paar mense sal daarvan hou van n huisie of twee, maar die pot word heel mis gesit. Die “Huis” sal nie die kind verteenwoordig nie. Of enige ander persoon wat al vermoor is in SA nie. Maar as jul lees agter die abstrak hoe maklik is dit nie om werklik soort gelyke persone te laat dink alles sal nou reg loop nie. Al wat jy moet doen is om n “vergemaklikheidjie” aan te bied.

Michael ·

En die hartseer is die wetsgehoorsame burgers wie se huise deur kriminele afgebrand is moet nog steeds belasting betaal maar nou ja die gesegde se mos as die kop dom is moet die lyf swaarkry.

stefanie ·

Laat net vir die res van die land se mense weet watter procedure gevolg moet word indien dit hulle ook oorkom on n kind te verloor asv. n kind wat hulle verloor asv.n misdaat. Wat goed is vir een is goed vir almal dit is seker almal se reg om gelyke behandeling te kry

Chaparel ·

Deur hierdie storie van huis bou vir die ouers sien ek as n klap in ons blankes se gesig en dit wys my dat ons in beginsel al hoe minder bestaansreg in SA het.
Hoekom nie alle mense blank, swart en bruin gelyk behandel nie maar ag nou ja blank het geen regte nie maar wel die verpligting om belasting te betaal.

schalk ·

Hel dis great!!! Laat jou kinders boere se goed steel!!! En as hul gevang word, kry jy n huis!!! Wat van al die boere wat vermoor is kan hul families nie dan maar die land terug kry nie!!!! Dis darm erg of eerder Goddeloos, beloon die krimineel. Dit het als begin toe die eerste krimineel president geword het!

Jasper ·

Is dit nou dieselfde “ouers” wat dae lank geneem het om agter te kom hul kind is weg? Word kinderverwaarlosing nou beloon? Weë hulle wat goed sleg en sleg goed noem.

broos ·

gaan dit nou ‘n nuwe trend word? kom ek leer my kind (wat ek nie weet wanneer waar is nie) steel sodat ek ‘n nuwe huis kan kry?

Blom ·

Gaan die regering vir die mense wat hul huise verloor het in Knysna ook huise bou? Ek wonder maar net?

Cornelius du Rand ·

En soos altyd swyg FW de Klerk, Theuns Eloff en die nasionaliste wat vir ons gewone mense hierdie wigte en teenwigte beding het. Waar is die teenwigte nou??????? Die ” dom” mense soos julle hulle beskryf het, het vir julle gewaarsku dit gaan gebeur. Die ” consumers” kan nie ” create” nie en dit gaan net erger en erger word. Ek hoop nie julle wit mense wat nou te velde trek teen wat gebeur is oud nasionaliste nie en het Ja gestem in die referendum nie. Indien wel moet julle tjoep stil bly want julle het dit beroorsaak.

Danie Rossouw ·

Watter gebaar van versoening teenoor onskuldige wittes wie se eiendom afgebrand is ???
Seker maar GEEN gebaar omdat hulle wit is. Ek glo nie die wat nou gratis huis ontvang het al enige finansiele bydrae gemaak tot belasting gehef deur staat of plaaslike stadsraad. So wie steel by wie ??? Vra maar net.

anel boshoff ·

Regtig regtig dit is so pateties, hulle gaan besig wees as hulle vir al die boere wat vermoor word se families huise bou. Ek sommer NAAAAARRRRRRRRR

Tina du Toit ·

Hoe flippen onregverdig is dit nie. Daar is soveel Boere vermoor, maar hulle gesinne is nie besoek of na om gesien nie. Hulle gaan dit seker `n gereelde instelling maak. Hoop die duiwel trek saam hulle daarin.

Amanda ·

Hoekom bou hule ni Huise vd kinders wat agtergelaat wrd na plaasmoorde ni!

Alida ·

Die VF+ moet aan JZ in die parlement vra hoekom word die sakemanne se winkels wat geplunder is en die mense wie se huise afgebrand is nie vergoed vir die skade wat sy ongeskoolde onopgevoede aanhangsers veroorsaak het. Wonder wat hy sal antwoord. Seker net giggel !!! Oeeeeeeeeeeee!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.