Regering doen eierdans oor petrolprys

Nomvula Mokonyane. Foto: GCIS

Met openbare ontevredenheid oor die petrolprys wat toeneem, het die kabinet vanoggend by monde van die minister van kommunikasie, Nomvula Mokonyane, al wat leef en beef vir die situasie geblameer, maar geweier om hul eie bydrae tot die probleem te erken.

Terwyl die DA-LP Manny de Freitas tereg uitgewys het dat ʼn derde van die brandstofprys te wyte is daaraan dat die regering heeltyd die brandstofheffing opstoot, het Mokonyane eerder die skuld op die internasionale olieprys en die verswakkende rand geplaas.

Toe sy vanuit die parlementêre perskorps gevra is wat die invloed van die brandstofheffing op die petrolprys, en regeringsbeleid op die waarde van die rand is, het sy die vrae geïgnoreer en omseil.

Sy het wel die voorstel van haar eie party, die ANC, dat die brandstofheffing gevries moet word, as “oningelig” uit die water geskiet, maar die kabinet versoek dat maatskappye “so ʼn bietjie moet wag” voor hulle prysverhogings wat op die verhoogde petrolprys volg aan verbruikers deurgee.

Die regering meen ook dit sal goed wees as die ekonomie kan groei, maar doen geen stappe aan die hand oor hoe dit binne huidige regeringsbeleid gaan gebeur nie.

Sonder om besonderhede te verskaf oor hoe dit moet gebeur, het Mokonyane ook gevra dat die private sektor met die regering moet saamwerk om die lot van armes te verlig.

Hoewel die regering kennelik tans geen planne het betreffende die verhoogde brandstofprys nie, het Mokonyane armes daaraan herinner dat daar tans ʼn proses is om die hoeveelheid voedselsoorte wat van BTW vrygeskeld is, op te stoot van die huidige syfer van 19 af, wat verligting sal bring as dit eendag afgeloop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Chris Ws ·

Speedgaurd,jy het duidelik GEEN persoonlike ervaring met die POF gehad nie.Ons was in ‘n ongeluk en hulle het ons vergoed ,al was dit nie wat ons voel dit moes wees nie,nogtans het daar wel vergoeding gekom.Ons moes net 4 jaar wag.Bure van ons se seun het op sy mototrfiets verongeluk en hy is R9 miljoen uitbetaal net so jaar gelede.
Die fout met die brandstof prys is die BELASTINGS wat gehef word.Sou die regering dit wegvat daal die brandstof prys met omtrent R5 per liter oornag.Ek wag dat Maroela Media ‘n in diepte samestelling van die brandstof prys vir ons plaas.DIT sal BAIE mense se ogies laat wyd rek as daar gewys word hoeveel gaan reguit in die REGERING se sakke in deur verskillende belastings met verskillende benamings.Die POF is NIE een van hulkle nie.

Anoniem ·

Petrol land @ R7-50 in die land, so hoe kan die regering sê hy het nie beheer oor die ander R 8-50 nie? Het seker std 6 wiskunde deur die venster afgeskryf.

Corlia van den Worm ·

In die laat negentigs was die rand /$ R 18 vir 1$ en die peteol was R 6/ liter!!! hierdie verhoging in brandstofprys het niks daarmee uit te waai nie … die regering laai sie heftings en probeer net geld maak om hul bedrogspul te cover en verarm die armes net meer!!!!!

EQV ·

Sy en haar korneute weet duidelik nie wat dit beteken om hardverdiende geld op n mal prys vir petrol te betaal nie..word mos rond gejaag op ons belasting betalers se geld..so die petrol is mos soos water vir hulle.regtig useless die regering en anc met hulle storiestjies elke dag

Modelers besigheid ·

Dink hul regtig ons wat besighede het kan die petrol en diesel stygings absorbeer en self winsgewind bly? Dit is ‘n stryd om ons deure oop te hou soos dit is!!! Ons moet help maar wat doen hulle???

JM ·

Nou is ons goed genoeg om die skok te absorbeer net om op die eiende van die dag nie aan hulle eie sakke hoef te raak nie. As en dit is n groot as, als weer reg kom dan verkondig hulle weer hoe baie hulle, wat niks gedoen het, moes op offer. Al hierdie bruindood verskonings en besluite maak my siek. Ek wonder of die 1% op VAT ook is as gevolg van die Rand Doller verhouding. As ek n se gehaad het sou ek se dat net mense wat belasting betaal mag stem, want jy moet n bydrae in die land he om n se te he.

Joshua ·

Hierdie dame het soos in haar vorige regerings absoluut nie n clue wat aan gaan nie maar die gemorsde biljoene rande volg haar waar sy ook al gaan.

Henk ·

Die agbare minister moet liewers haar boude gaan skud om vir Zuma te beskerm soos sy belowe het. Dit is duidelik dat sy meer as net oningelig is. Petrolprys word bepaal deur drie goed waarvan net een buite die regering se beheer is, nl olieprys. Heffings en Rand/dollar wiselkoers word deur die regering en die optrede van die regering bepaal. Asseblief, ons is nie almal ‘n spul morone nie !

Marietjie ·

En so koop Namibia by ons brandstof en steeds is hulle brandstof R3.00 per liter goedkoper as SA. Hoe werk dit ?? Vra maar net

Ella ·

Hulle gee niks om vir ons.
Hoekom is die vrou nog daar? Sy moes lankal haar sak gevat het maar sy is van die gevaarlikes.
Waar is Nene en Gordhan omhaar teg te help in haar gekkeparadys?

KP ·

Hierdie ANC regering se eie mense begin nou teen hulle opstaan. Wonder wat het van die ondersoek geword waar ons olie reserwes teen ver onder markprys verkoop is.

Lollie ·

Tipies van ANC! Almal en alles word geblameer, hulle is in alles onskuldig!
Snaaks dat apartheid nie weer die skuld kry nie!

Griet ·

Ag foeitog, di agbare minister het geen maar geen benul wat om haar aangaan ni. Maar ons betaal haar merske salaris en dit vir haar onkunde!

Emma ·

Watse stappe sal hul doen soos gewoonlik niks nie. Pocket die hele pad en gee nie n duiwel om vir publiek en jan alle man nie so sukkel ons voort. Hoog tyd om te dink vir wie gaan ons ons kruisie trek.

wraggies ·

Mokonyane “we will pick the Rand up if it falls” kan nou vir ons wys hoe dit gedoen word.

Chris Ws ·

‘n Klomp bollie!HOEKOM iS SASOL SE BRANDSTOF SO DUUR??Geen antwoord!

Steve ·

Wat julle almal nie verstaan nie… Hulle het nie SASSA geld om op te maak nie…hulle het nie Zuma’s en Guptas en Aces nie… Al daai geld moet van iewers afkom en ons wat belasting betaal raak minder en grants raak meer…

GAB ·

Toe die Rand laas jaar hoog was, was petrol laag. Wat het dit nou met die verhoogde Rand uit te waaie. Rand us laer as November laas jaar. Hier is regering skuld wat hulle so wil uit merg uit die onskuldige burgers

Mrs H ·

Kan Trevor Manuel nie asb vir ons die waarheid deur gee nie?! Die laaste ou wat nog gelyk het of hy die werk kan doen. Hy is ook die laaste ou wat vir ons gese het om die belde styf vas te draai, want hier kom groot optraandes en vir ons gese om ontslae te raak van alle skuld….

Markus de Beer ·

Sasol kan petrol uit steenkool maak! Dit was die hele doel van Sasol! Wat het van die vermoë geword?

MJ ·

Hulle sal gehoor gee as die land weer afgebrand word en niemand werk nie. Hulle onderskat Suid Afrikaners se wrewel teen hul sinnelose prysverhogings wat net eenvoudig afgekondig word. Hulle gaan met ‘n skok agterkom die mense aanvaar nie net meer alles nie!

Chris Ws ·

Hierdie Mokonyane weet NIKS.Daar is DRIE belastings verskuil in die brandstof prys.Die REGERING moet hieroor aangevat word maar niemand is gewillig nie.Los die POF uit,hy het sy doel daarvan kan ek getuig.Dis al die ander “heffings” en belastings wat ons brandstof met R5 per liter duurder maak as wat nodig is wwar die probleem le.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.