Regering: Drank- en tabakverbod sal bly tydens afsondering

Argieffoto: Pixabay

JONGSTE: Regering krabbel skielik terug oor rook- en drankverbod

Die regering het Woensdag gesê die verbod op alkohol en sigarette sal van krag bly gedurende die afsonderingstydperk.

“Die doel is om lewens te red en die gesondheid en welstand van ons mense te beskerm,” het die regering op sy amptelike Twitter-rekening gesê. In grafika wat by die twiet gelaai is, word daar spesifiek uitgebrei oor die redes vir die alkoholverbod.

“In baie gevalle plaas pasiënte met alkoholverwante beserings vir lang tydperke druk op mediese sorg.” Daar word verder aangevoer dat messteek-voorvalle ʼn algemene trauma is wat met alkoholverbruik verband hou en dat 2% van hospitaalopnames in dié verband gemiddeld vyf dae in die waakeenheid tot gevolg het.

Die vermindering van alkoholverwante hospitaalbesoeke help volgens die regering om blootstelling aan en oordrag van Covid-19 te beperk. “Die alkoholverbod het ook ʼn uitwerking wat die las op primêresorg- en privaat fasiliteite betref.”

Pres. Cyril Ramaphosa het op 12 Julie weer ʼn alkoholverbod ingestel nadat dit op vlak 3 van die afsonderingsregulasies opgehef is.

Die tabakverbod geld egter al van die begin van die afsonderingstydperk en die regering het al telkemale gesê die verbod sal nie opgehef word nie.

Talle hofsake is reeds in verband met die drank- en tabakverbod aangehoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

29 Kommentare

jongste oudste gewildste
Jacobus

Ons drank kabinett en die van “gesalfde kaders” goed “op gestock”. Sigarette – wel ‘n mede kaderin en cronies skep handevol. So vér van eties as die verste ster.

Alleen Wolf

Kopdoek en haar onder geskikte is besig om ons ou landjie deur hulle agter ente te trek, wat hulle nie besef nie is dat hulle people die swaarste gaan kry.
Ons boere weet van planne maak en met GOD se genade sal ons oorleef .

Anel

Werksveriese en hongersnood ag daarvan is minder belangrik as mense wat rook en die hospitale tot oorlopens vol lê of bakleiers agv drank. Hierdie land is siek, siek, siek.

Isabella

En di Regering waar kry hul sigarette…ons is op vlak 3 en CR HOU ONS DAAR WANT hy gebruik dit as verskoning

Onnie

Ek is ‘n roker en nou al net mooi [email protected]@l om soos ‘n misdadiger rond te sluip en skelm “deals” te doen. My spaarrekening het al ‘n GROOT duik in agv die astronomiese pryse en my longe suis van al die “no name brands” wat ek tans moet rook. Ek dink dis ‘n magspeletjie, veral die verbod op sigarette. Niemand weet hoe lank die inperking nog mag duur nie, sommige praat van tot nog 2 jaar – is die regering nou belaglik of wat?! Hulle rig meer skade aan as wat hulle die virus beveg. Gelukkig is my gewete skoon,… Lees meer »