Regering erken net 7% van munisipaliteite funksioneer optimaal

Dr. Zweli Mkhize. Foto: Elmond Jiyane

Die regering het besluit op ʼn massiewe ingryping om beter bestuur van munisipaliteite te verseker, het die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, dr. Zweli Mkhize, aangekondig.

Sy departement het die land se 226 munisipaliteite in vier groepe opgedeel en die volgende bevind:

* 7% van munisipaliteite funksioneer goed;

* 31% van munisipaliteite funksioneer redelik goed;

* 31% van munisipaliteite is bykans disfunksioneel en

* 31% van munisipaliteite is disfunksioneel.

Die minister het geweier om aan te kondig watter munisipaliteite in watter groepering val, maar het belowe om so ʼn lys beskikbaar te stel wanneer hy later vanjaar sy begrotingsrede lewer.

Mkhize het wel ʼn ingrypingsplan aangekondig wat uitgevoer sal word deur die departement se ingrypingspan, bekend as die Munisipale Infrastruktuur-ondersteuningsagent (MISA).

Die sleutelpunte waarop MISA sal konsentreer, is die bou en instandhouding van stormwaterpype, elektrisiteitsvoorsiening, water en sanitasie, vullisverwydering en padkonstruksie.

Een van die groot probleme – so het Mkhize aangedui – is dat die munisipale infrastruktuurtoelaag weens gebrek aan kundigheid onderbestee word deur munisipaliteite waar dit swaar gaan. So byvoorbeeld is R3,4 miljard verlede jaar van swakker munisipaliteite af na sterker munisipaliteite oorgeplaas – wat swakker munisipaliteite se posisie selfs meer verswak het.

Gebrekkige instandhouding van infrastruktuur is een van die groot probleme. Om dit te bekamp gaan kundige taakspanne deur die regering daargestel word om munisipale vermoëns uit te bou, en gaan omvattende beurse daargestel word om veral vakmanne en bestuurslui op te lei om in probleem-munisipaliteite te werk, het Mkhize gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

BEWYS ·

JINNE dit is ‘n fantastiese suksessyfer, dan se mense ons is onnodig NEGATIEF teenoor die regering en NEGATIEF teenoor die Munisipaliteite en AFRO-PESSIMISTIES >. hier is die bewyse . die proof is in the PUDDING, maar steeds leef almal in ontkenning en is die wittes die rassiste wat nie glo die swartes kan iets reg doen nie ..

Yebo ·

Smaak my 31% is soos op skool die aanvaarde slaagsyfer . VIVA SA onder die ANC.

ne ·

Kyk eers na hulle salarisse, en daarna na die werk wat hulle doen. Hopeloos te veel wat absoluut niks op ‘n dag doen nie, net tee drink gesels en op selfone! Geen wonder hulle wil nie werk nie, kuier is te lekker…..

thinus ·

Minister jou foku is op die verkeerde plek. Transformeer die amptenary na gekwalifiseerde persone, hou die bestuurders self verantwoordelik vir swak dienslewering d.m.v. salaris vermindering en terughou van voordele en bonusse, en vat die stakende werkers vas. Geen verdere vermorsende uitgawes op enigiets wat nie met beter dienslewering te doen het nie. O ja, en stop die salarisse aan raadslede totdat die muni weer behoorlik en likied bestuur word.

Eish ·

Dit is n absolute tragedie.
Nog n nuwe plan en die oues is nooit in werking gestel nie.
Gebrek aan kundigheid wat jul nou waar gaan uitkrap?

boere?? ·

En die lot wil van boerdery ‘n sukses maak?
Ek sien al hoe staan hulle daar met ‘n graaf in die hand ….. en dit is al…. net staan…

Reguit ·

Hulle meen eintlik dat net 7% funksioneer. Punt. En dan dink sekere wittes dat reënboogland die “land van melk en heuning” is.

Casper Labuschagne ·

7% van munisipaliteite vaar goed en 31% vaar redelik goed. Ek sou ‘n voorspellng waag dat die afwesigheid van ‘n stadsraad onder ANC beheer asook die behoud van kundige wit amptenare die twee sleutelfaktore is wat met daardie statistiek gepaard gaan.

honourable member ·

Onbekwame mense wat aangestel word en dan nog ook die korrupsie. Dis hoekom al die munisipaliteite bankrot is.

piper ·

skuldige persone moet aangekla word en vervolg en gestraf word. persone wat geskors word moet sonder betaling by die huis gaan sit tot ondersoek afgehandel is. is hy skuldig waai hy en onskuldig word hy betaal vir die tyd met rente.

Jakkalsdraai ·

Ja, dit kan nie anders nie. Het onlangs ‘n munisipale groepie dopgehou. Hulle moes ‘n stopteken herinplant. Daar was minstens 7 van hulle. Een sit op die sypaadjie en kyk dat die ander werk. ‘n ander hou die graaf vas, nog een hou die stopteken vas. Die enigste van die 7 wat werk grawe die gat weer oop. Die res is sommer net toeskouers. G’n wonder al ons belasting gaan in salarisse en lone nie.

willie ·

Hoe gryp jy in met hulle wat ingryp wat ook disfuksioneel is? Die een blinde gaan nou die ander blinde die pad vorentoe wys! Pateties verby!

Peet Schabort ·

Die Govan Mbeki (Secunda) mislike palityt skuld sedert April R3335 aan ‘n familielid. Dink julle vir een oomblik dat die geld uit hulle gekry kan word desondanks persoonlike besoeke in Nov.2017 en Jan.2018? Daar is ook ‘n e-pos gerig aan hierdie betrokke ministerskantoor (Des van Rooyen se tyd net voor die einde van sy termyn). Sterkte aan die nuwe minister vir ‘n (bykans?) onbegonne taak.

Joshua ·

Hoekom moet ons 1% ekstra tax betaal as my dorp se munisipaliteit nie eens stukkende straatligte met 14% se tax kan herstel nie?: Korrup en onbevoeg.

Moeggewag ·

‘n Onbekwame ANC regering probeer om Afrika se mees tegnologies gevorderde en nywerheidsland te bestuur. Hulle kon nie voor 1994 nie, kon nie nou nie, en sal NOOIT kan nie.!
En al die kundige mense het alreeds geimigreer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.