Regering erken probleme met uitbetaling van toelaes

Argieffoto

Die regering het erken dat die oorskakeling na ʼn nuwe stelsel om toelaes uit te betaal daartoe gelei het dat ʼn aantal mense wat op toelaes geregtig is, nie daardie toelaes ontvang het nie.

Nomvula Mokonyane, kabinetswoordvoerder en minister van kommunikasie, het aan die parlementêre perskorps gesê dat die kabinet vandeesweek toeligting oor die kwessie ontvang het van die minister van maatskaplike ontwikkeling, Susan Shabangu.

Shabangu het die agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) se onvermoë om die toelaes korrek uit te betaal, as ʼn “vertraging” bestempel, maar toegegee dat ʼn klomp mense daardeur verontrief is.

Mokonyane het die regering se opregste verskoning vir die gemors aangebied. Sy het ook gesê ʼn taakspan is aangestel om te verseker dat ʼn herhaling nie plaasvind nie, en dat die regering die frustrasie van toelae-begunstigdes deel.

“Ons begryp dat hierdie toelaes ʼn reddingsboei is vir die kwesbaarste Suid-Afrikaners en dat die ongemak dus betreurenswaardig is,” het sy gesê.

Volgens Mokonyane het Shabangu die kabinet verseker dat tegniese probleme voortspruitend uit die oorskakeling van die ou administratiewe stelsel na die nuwe een wat deur Sassa en die poskantoor bedryf word, die enigste rede vir die fout is.

Sy het voorts die versekering gegee dat die meeste van die oorbetalings wat nie gedoen is nie, wel sedertdien aangesuiwer is en dat tegniese spanne tans hard werk om die stelsel te probeer stabiliseer en ʼn herhaling te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mielie ·

Die probleem sou vandag uitgesorteer word maar is nie. My ouers het nog niks van hulle geld gekry nie. Hulle is oud en het nie die stress nodig nie

Hendrik van George ·

ANC en hulle kaders het die afgelope 24 jaar bewys dat hulle heeltemal “clueless” is as dit my organisasie kom. Kyk ook maar na die res van Afrika as jy chaos wil sien.

CHRISTA ·

Ek kan nie verstaan nie: Als wat gewerk het, het die ANC gaan karring totdat dit nie meer werk nie!! Sover ek kan onthou het die pensioenarisse ALTYD hulle pensioen by die Poskantoor getrek TOTDAT die ANC daardie afdeling “geprivatiseer” het!! Ek wonder aan wie daardie maatskappy behoort?

Noudat die pensioenarisse in opstand kom oor onnodige onwettige aftrekkings van hulle pensioene, wil die ANC net ‘n knoppie druk en die Poskantoor moet weer die uitbetalings oorneem!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.