Regering gaan appelleer teen Al-Basjir-uitspraak

Omar al-Basjir, president van Soedan

Omar al-Basjir, president van Soedan

Die Suid-Afrikaanse regering het bekend gemaak dat hy gaan appelleer teen die onlangse hofuitspraak oor die omstrede Soedannese president Omar al-Basjir se vertrek uit die land.

Phumla Williams, woordvoerder van die regering, het in ’n verklaring gesê die redes vir die appèl sal in die verklaring vervat word wat binne die voorgeskrewe keerdatum ingehandig sal word.

Die hooggeregshof in Pretoria het verlede week die nasionale direkteur van openbare vervolging versoek om die moontlikheid van strafregtelike klagte teen de regering rakende die Al-Basjir-sage te oorweeg.

“Pres. Al-Basjir se vertrek uit die land ondanks die uitdruklike bevel van Sondag 14 Junie kom neer op nienakoming van daardie bevel,” het regterpres. Dunstan Mlambo namens ʼn volbank regters gesê. “Om hierdie rede vind ons dit raadsaam om die nasionale direkteur van openbare vervolging te nooi om te oorweeg of strafregtelike prosedures geskik sal wees.” Mlambo het verlede week gesê die hof soek ʼn verduideliking oor hoekom Al-Basjir toegelaat was om die land te verlaat ondanks ʼn tussentydse hofbevel wat dit verbied het.

Die regering het in sy repliserende verklaring beweer dat Soedannese beamptes nie Al-Basjir se paspoort ingehandig het by immigrasiebeamptes van die Waterkloof-lugmagbasis nie en dat niemand geweet het hy is op die vliegtuig toe dit die land verlaat het nie.

Die regering het ook verlede week aangekondig dat hy amptelik met die Internasionale Strafhof in gesprek gaan tree en sy lidmaatskap van die tribunaal gaan hersien.

Al-Basjir word beskuldig van oorlogsmisdade, misdade teen die mensdom en volksmoord in Soedan se westelike Darfoer-gebied. Twee lasbriewe vir sy inhegtenisneming is in 2009 en 2010 uitgereik. As lid van die internasionale strafhof was Suid-Afrika verplig om Al-Basjir aan die hof uit te lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hansie ·

Lekker, nou kan almal doen wat ons wil sonder om vervolg te word!! Dis mos die voorbeeld wat ons kry!! Kom ons gaan beroof Nkandla…daar sal seker baie wees veral so ‘n paar potte pap en magau!!

tina ·

Dit laat ‘n mens wonder of dit net ‘n kwessie van tyd is, voordat die vryheid van die howe onder die loep gaan kom,( om teen hierdie soort van ondinge van die regering ), om hulle ( die regering ) strafregterlik te vervolg, gestop sal word.
Weg is demokrasie – ( NIE dat ‘n mens NIE die verbrokkeling daarvan sien nie).
‘n Regering wat sogenaamd vir die mense daar is, maar hulle eie kop volg, al is dit tenkoste van onreg en ongeregtigheid.
Nietemin, die deursnee afrikaner weet dat sy hulp kom van God en God alleen!

Remondo ·

ja nee Waterkloof alweer .. Privaat lughawe van ANC/Zuma wonder watter arme kandidaat word nou weer ontslaan?

Remondo ·

ja nee Waterkloof alweer .. Privaat lughawe van ANC/Zuma wonder watter arme kandidaat word nou weer ontslaan?

Se Maar Net ·

Nee kyk die ANC gaan my verstand totaal te bowe!! Dink hulle regtig almal is dom??

Dave ·

Tyd dat die belastingbetaler ook lidmaatskap met SARS hersien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.