Die departement van gesondheid sê alle hofaksies rakende die jongste afsonderingsregulasies sal teengestaan word.
Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê sy departement staan vas by die aanbevelings wat hy aan die nasionale Covid-19-bevelsraad gedoen het vir die hantering van kwessies rakende die koronavirus in die feestyd.
Die minister hou vol die aanbevelings is gegrond op bewyse wat gestaaf kan word.
“As departement is ons van voorneme om hierdie aansoeke teen te staan aangesien die regering se mandaat om die lewens en die gesondheid van ons mense te beskerm van die uiterste belang bly,” sê Mkhize.
“Ons durf nie die verantwoordelikheid afskeep nie. Daarom is ons optrede daarop gerig om te keer dat die gesondheidsorgstelsel oorweldig word of ineenstort soos ons in ander lande gesien het.”
Mkhize het Suid-Afrikaners geprys wat aan die regering se beroep gehoor gee en aan regulasies voldoen deur nie strande te besoek nie. “Ons strande is bekend vir oorbevolking en mense neig om sorgeloos te wees.
“Ons gaan voort om die hele land te evalueer en daar waar ons risiko’s identifiseer, sal ons in gesprek tree en bepaal of verdere beheermaatreëls of beperkings nodig is.”
Hoewel al die ander provinsies ’n beduidende toename in daaglikse nuwe gevalle aanmeld, het die Oos-Kaap intussen ’n effense afname in nuwe gevalle van Dinsdag tot Woensdag beleef.
Die Wes-Kaap het egter Woensdag vir die eerste keer hierdie week die 3 000-kerf wat nuwe gevalle betref, oorgesteek.
Die land se infeksiekoers staan volgens Mkhize tans op 21%, ver bo die gewenste koers van 10%.
Só lyk die nuwe gevalle per provinsie:
Provinsie | Getal nuwe gevalle Dinsdag | Getal nuwe gevalle Woensdag |
Wes-Kaap (+) | 2 785 | 3 233 |
KwaZulu-Natal (+) | 1 152 | 2 743 |
Gauteng (+) | 1 278 | 1 795 |
Noordwes (+) | 152 | 182 |
Limpopo (+) | 59 | 154 |
Mpumalanga (+) | 67 | 146 |
Vrystaat (+) | 67 | 88 |
Noord-Kaap (+) | 36 | 56 |
Oos-Kaap (-) | 1 956 | 1 619 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
54 Kommentare
Hoop al hierdie inperkings en nonsens word nou vir eens en vir altyd onwettig verklaar sodat mense normaal met hul lewens kan voort gaan.
Die maatreëls gaan nie daaroor om mense te beskerm nie. C-19 het n 99% herstel koers. Dit gaan oor die vernietiging van klein en medium grote privaat besighede en die uitwissing van die middelklas.
ANC wil dit teenstaan omdat hulle wonderlike mediese fasiliteite n totale onbeholpe gemors is.
Hier gaat ons alweer, ons het ‘n regering wat elke liewe besluit wat hulle maak in die moet staan en verdedig.
Die prokereurs en advokate lag al die pad bank toe.
Hoe het ons hier gekom dat rasionele denke en besluite deur hofsake getoets moet word? Dis mos duidelik soos daglig dat die regerende regime totaal uit voeling met werklikheid is!