Regering gee bykomende R13 miljard vir maatskaplike bystand

Nhlanhla Nene, minister van finansies, tydens sy mediumtermynbegroting (Oktober 2015). Foto: Elmond Jiyane

Nhlanhla Nene, minister van finansies, tydens sy mediumtermynbegroting (Oktober 2015). Foto: Elmond Jiyane

Die regering gaan oor die volgende drie jaar ʼn bykomende R13 miljard vir welsyntoelaes beskikbaar stel.

Nhlanhla Nene, minister van finansies, het Woensdag tydens sy mediumtermynbegroting gesê dit is ʼn poging om die net van maatskaplike beskerming oor arm Suid-Afrikaners te vergroot.

Tans ontvang nagenoeg 16,7 miljoen Suid-Afrikaners ’n maatskaplike toelae en dit sal teen 2019 tot 18,1 miljoen vermeerder. Hierdie vermeerdering kan grootliks toegeskryf word aan ʼn langer lewensverwagting onder Suid-Afrikaners, asook die regering se pogings om te verseker dat meer kinders onder die ouderdom van twee jaar deur ’n maatskaplike toelae ondersteun word.

Teen die einde van die huidige finansiële jaar sal die regering minstens R154 miljard aan maatskaplike toelaes bestee het. Hierdie bedrag sal onderskeidelik in 2016/17 vermeerder tot R168 miljard en R181 miljard in 2017/18.

Nog ʼn voorstel in die mediumtermynbegroting is dat ʼn bykomende R6 miljard aan plaaslike regeringsfinansiering toegeken word om munisipaliteite te help om gratis basiese dienste aan armes te lewer. “Die verhoging in die prys van elektrisiteit en bevolkingsgroei plaas druk op die vermoë van munisipaliteite om gratis basiese dienste vir lae-inkomste-huishoudings te finansier,” lui die begrotingsdokument.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Peet Schabort ·

Dan is daar ook die kindersorgtoelae. Dus hoe meer kleintjies hoe groter die toelaag.
Maak dit sin ?
Daar is ook diegene wat nie wil werk en ook hulle word deur ons onderhou.
Wat ‘n bose kringloop ondersteun deur die regering.

Christie ·

Moenie hoë ouerdon die skuld gee nie Dis die 14jarige mammies wat meer geld wil maak. Ma en ouma kyk mos na die baba

Dan ·

Staatspensioen vir die oues geniet geen aandag. Waarvan moet hulle lewe?

Piet ·

Nee julle het dit almal verkeerd. Dis die vinnigste manier vir ‘n regerende party om stemme te werf. Onthou daar le ‘n verkiesing voor. Onthou soos die spreekwoord lui: ‘n hond byt nie die hand wat hom voer nie.

alida ·

Ek weet nie hoekom spook hulle so met die begroting nie. Beperk die kindertoelae tot net 2 kinders per gesin. As hulle dan 7 wil hê moet hulle maar self vir ander 5 sorg. Die goed teel aan soos konyne want die regering sorg mos vir hulle.

alida ·

Daar kan miljarde gespaar word as elke gesin net toelae kry vir 2 kinders. Maar hulle wil mos 10 hê !!!! Dit is die regering se eie skuld dat daar nie geld is nie. Toelae vir 2 kinders en klaar !!!

alida ·

Net Zuma se string kleintjies eet helfte van die begroting op want hulle kry ook seker toelae !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.