Regering gee duidelikheid oor sigarette

Rokers sal vir nog twee weke aan hul eie genade oorgelaat word.

Dit nadat verskeie ministers Donderdag gesê het die koop en verkoop van sigarette bly inderdaad verbode tydens die landwye afsondering. Enigeen wat die regulasies oortree, kan ses maande tronk toe gaan of ’n boete, of albei, opgelê word.

Die versekering is gegee deur die minister van polisie, genl. Bheki Cele, en die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma. Die Wes-Kaapse regering het vroeër beweer sigarette mag wel verkoop word mits dit saam met noodsaaklikhede aangeskaf word.

Cele en Dlamini-Zuma het egter uitgewys dat sigarette nie onder die produkte op die lys van noodsaaklike produkte gelys is nie, en dus nie gekoop of verkoop mag word nie.

Die regulasies geld vir die hele land en provinsies mag nie daarvan afwyk nie, het Dlamini-Zuma en Cele gesê.

Cele het bygevoeg dat 2 289 Suid-Afrikaners reeds in hegtenis geneem is vir die oortreding van rampregulasies.

Die Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese ontwikkeling, David Maynier, het vroeër aangedui dat die Wes-Kaapse regering sal inval by wat die nasionale regering ook al bepaal, en ontken dat die provinsie van die reëls afwyk.

Informele handelaars mag nou ook handel dryf, maar slegs in die gelyste noodsaaklike goedere, en slegs as hulle oor die nodige permit van die munisipaliteit beskik.

Verlengde winkelure vir handel in noodsaaklike goedere word toegelaat.

Die getal koronavirus-infeksies het teen Donderdag met 82 gevalle tot 1 462 toegeneem. Die getal Suid-Afrikaanse sterftes staan op vyf, op ’n dag wat die gevalle wêreldwyd deur die kerf van 1 miljoen gebreek en die getal wêreldwye sterftes tot meer as 50 000 toegeneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

31 Kommentare

jongste oudste gewildste
charmaine

Wat het dit nou met die virus te doen? Die mense wat al die besluite maak is ook maar oningelig baie mense rook want dis hulle ding om nou niks te kan koop nie byvoorbeeld n kettingroker en nou kry hulle nie sigarette en moet nou ophou kan tot so persoon se dood ly.

AC

Wie gee die regering die reg!! Om mense te verbied om te rook of drink ? Dit is mos ‘n blatante aanval op menseregte

Nie Verbaas

Ek dink die regering maak n fout. Hulle wil gesinsgeweld beperk maar party mense wat ewe skielik van sigarette afgehaal word se persoonlikheid verander drasties. Die belasting op sigarette kan ook bydra tot die land se huidige benarde posisie. Onwettige verkopers kan nou floreer omdat hulle nie belasting betaal nie. Rook is n slegte gewoonte maar die reels maak nie sin nie.

Mathilda

Dit is nou pure lawwigheid van die regering. Hoe kan geen sigarette die virus keer. Dink baie mooi. Niemand gaan my keer om te rook nie. Rook sal ek rook!!!!!!! Ek koop my eie sigarette en vra nie die rigering geld daarvoor nie.

Jaco

Ag lekker, nou gaan die informele handelaars wat nou ook mag handel dryf EERS geld maak met die verkoop van onwettige sigarette. Al wie nou gaan sukkel om sigarette in die hande te kry is die mense in jou formele woonareas.