Regering gereed om Marikana-eise te betaal

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Onrus in Marikana, Augustus 2012

Die presidensie het Sondag gesê die regering is gereed om vergoeding aan die slagoffers van die geweld in Augustus 2012, by die Lonmin-platinummyn in Marikana naby Rustenburg in Noordwes, te betaal.

Die vergoeding is een van die aspekte wat die presidensie in ʼn verklaring bekendgemaak het oor sy vordering met die implementering van die regstellende stappe, soos vervat in die verslag van die Farlam-kommissie van ondersoek, wat aangestel is om die gebeure by Marikana te ondersoek.

Mynwerkers het in Augustus 2012 by Lonmin se Marikana-myn met ʼn staking begin en ʼn salaris van R12 500 per maand geëis. Die staking het gewelddadig geraak en 34 mynwerkers is tydens konfrontasie met die polisie doodgeskiet. Tien ander mense, insluitend twee polisiebeamptes en twee Lonmin-veiligheidswagte, is in die voorafgaande dae doodgemaak.

“Die SAPD het sy regspanne opdrag gegee om betalingsaanbiedinge te maak vir al die eise waar die berekening voltooi is en wat nie deel vorm van ʼn strafregtelike ondersoek nie. Hierdie eise sluit grootliks eise vir verlies aan inkomste ten gunste van die oorledenes se families in, asook die 275 eise vir onwettige inhegtenisneming en aanhouding, wat afgehandel is en gereed is vir skikking. Slegs een van hierdie eisers het nog hangende aanklagte teen hom en daar word nog op die uitslag gewag,” het die presidensie gesê.

Die presidensie het genoem een regsaksie vir persoonlike beseringseise, met betrekking tot 275 individue en 81 aparte persoonlike beseringseise, is ontvang. “Hierdie eise word vertraag, aangesien die eisers se prokureur steeds oorweeg of daar op een stel mediese kenners ooreengekom moet word wat die proses en die kosteberekening sal vergemaklik,” het die verklaring gesê.

Die presidensie het gesê die Noordwes-regering het reeds in Junie 2014 R460 miljoen beskikbaar gestel vir behuisingsprojekte in die Marikana-gebied in ʼn poging om langtermyn stabiliteit in die land se mynbedryf te bewerkstellig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lance ·

Is dit waar dat meeste mense by die hele ramp nie eers vir die myn gewerk het nie en maar net daar was vir die sensasie ?

Verstaan kol kol ·

Met wie se geld !!!!!!. Lekker jy val die polisie aan met kieries, gewere en pangas en dan word jy vergoed. Ek is beslis by die volgende strike.

Xavier ·

En nou moet onse belastingbetalende wetsgehoorsame landsburger se geld aan kriminele se families betaal word terwyl onse infra-struktuur, onderwys, basiese dienste en regs- en wetstoepassing uit mekaar val as gevolg van ‘n tekort aan fondse! Skokkend! Waar gaan dit eindig? Gaan die skurk wat my probeer roof en tweede kom se familie nou by my kom geld vra oorlat ek hulle krimineel van die voet gemaak het. Belaglik man!

al ·

Wat van die sekuriteitswagte en polisieman wat wreedaardig vermoor is voor die aanloop vd strike? ! Politiekery dis al wat die is en dan moet die belastingbetaler opdok!

Mariaan ·

Polisie manne en vroue is net n nommer vir die president en hulle families baat niks daaruit nie. Die storie dat die familie geld kry as lid dood gaan is n leun net die pensioen word uit betaal. Ons polisie beamptes word elke dag onder geweldige druk geplaas gegooi met bakstene bottels enige iets wat hulle kry. Pres Zuma ons moet maar by jou begin eise instel vir elke lid wat ons verloor omdat jy nie jou polisie beamptes waardeer nie en hulle vir jou kriminele elemente gee. Elkeen van ons polisiebeamptes het families net soos jy pres zuma en elke polisie man en vrou se moorde rus op jou skouers want jy kan ons nie beskerm nie!!!

lamfie ·

die presidensie is baie vinnige om geld weg te gee. wie se geld is dit mnr die president? asdit nie jou eie persoonlike geld is nie mies jy eers n referendum onder die INKOMSTEBELASTING- BETALERS gehou het om te hoor of hulle hulle swaarverdiende geld aan hebsugtige oortreders wil afstaan. teen die trand waarop jy geld weggee het jy nou seker al 100 nkandlas nodig om daarvoor te betaal.

Alida ·

R450m opsy gesit vir huise? Waar is die huise? Is daar al begin bou? Ek glo nie. Daai geld is gesteel en hulle sal nooit n huis sien nie. Merk my woorde.

Lions ·

Lyk my die spreekwoord ‘crime does not pay’ het nou verander na ‘ crime does pay’

Oosterse beleggers ·

Kanse is dat daar beleggers uit die ooste is wat baie gretig is om ons myne oor te neem, die dat hulle vir ons myne soveel moeilikheid fabriseer.

Ahooy ·

Gelukkig gaan die “nare” polisiemanne , wat die “slagting” van die “onskuldige “slagoffers veroorsaak het, nou vervolg word!! Hoe die Farlam kommissie tot die slotsom gekom het , sal net hulle weet en in SA is dit ook nie snaaks dat dit dit uitslag was nie. Miljoene sal nou aan die “arme slagoffers gemaak word en elkeen sal seker ook nou n huis kry. Die publiek moet in die toekoms nie verbaas wees as die SAPD versuim om op te tree nie – wat reeds sigbaar is in #feesmustfall. As n polisiebeampte optree is hy die eerste wat deur sy bestuur vir die wolwe gegooi word – om hul eie versuim aan bestuur te verberg.
En die Pers se sensasionelee berigte hieroor help ook om n vuisvoos en lustelose SAPD mag – SORRY -Diens te skep. Ons pluk reeds die vrugte hiervan!!!!

Skokkend ·

Ek weet wragtie nie hoekom ‘n regering mense se families moet betaal wat polisie AANGEVAL het wat hulleself net verdedig het nie. Stakende (GEWELDDADIGE) mynwerkers het sekuriteitsmanne, polisiemanne en TIEN ander nie-stakende werkers VERMOOR, toe hulle dieselfde medisyne kry, toe gaan speel hulle slagoffer en hulle familie moet finansieel vergoed word. HOU OP STAAK en HOU OP VIOLENT wees, dan het die polisie nie rede om hulleself te verdedig nie. Dis skokkend dat die perpetrators se families nou vergoed moet word. NEEWAT stakers het die SA regering aan die keel beet en hulle druk elke sent uit hulle uit al was hulle verkeerd ..

Gerda ·

Hoekom word die slagoffers van plaasmoorde en dorps moorde ook nie uitbetaal nie?

piper ·

dit gaan alles net oor geld en politiek. daar word daagliks ek se weer, daagliks, word meer mense in ons land vermoor. dit maak nie saak nie want daar is nie baie geld by betrokke nie en niemand kan politieke gewin daaruit kry nie. dis net die doodskissaak wat groot aanhang kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.