Regering gooi nóg ʼn reddingsboei vir SAL

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse regering het Vrydag die oorplasing van geld van die Nasionale Inkomstefonds na SAL goedgekeur om die lugredery in staat te stel om sy skuldverpligtinge teenoor Citibank na te kom.

SAL moet teen die einde van September sy verpligtinge teenoor Citibank nakom in terme van ʼn totale lening van R6,8 miljard, terwyl die lugredery so diep in die finansiële knyp is dat hy selfs sukkel om salarisse te betaal.

Citibank het ook SAL se R250 miljoen korttermyn bankfasiliteit gekanselleer weens ʼn tekort aan regeringswaarborge, wat die lugredery nou sonder kontantvloei laat.

Die tesourie het gesê die fondse sal gebruik word om die SAL te help met sy onmiddellike bedryfskapitaalvereistes. “Die betaling is gedoen ooreenkomstig artikel 16 van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur,” het die tesourie gesê.

“Hierdie gedeelte van die wetgewing stel dat die minister die gebruik van geld kan goedkeur om uitgawes van buitengewone aard te dek waarvoor daar nie tans voorsiening gemaak word nie en wat nie, sonder ernstige benadeling van openbare belang, uitgestel kan word vir ʼn toekomstige parlementêre toekenning van geld nie.”

Die tesourie het gesê die regte prosesse soos deur die wet voorgeskryf sal gevolg word en het bygevoeg die verbetering van die finansiële posisie van die lugredery deur middel van herkapitalisering was sedert die begrotingsrede in Februarie op die regering se agenda. Volgens die tesourie word verskeie opsies ondersoek en sal nuwe inligting volgende maand tydens die mediumtermyn-begrotingsrede gegee word.

Die regering het nog nie die opsie uitgesluit om sy 39% aandeel in Telkom te verkoop om die winslose SAL te red nie, terwyl daar ook berig word die tesourie beplan ʼn spesiale wetsontwerp om R10 miljard aan die lugredery in 2017/18 te bewillig.

“Die aanstelling van ʼn voltydse hoof vir SAL, mnr. Vuyani Jarana, wat op 1 November 2017 die rol sal oorneem, is ʼn belangrike stap om te verseker dat die lugredery se omdraaistrategie geïmplementeer word. Ander aanstellings in sleutelposisies sal binnekort volg,” het die tesourie gesê.

“Soos voorheen gemeld, die lugredery is ʼn strategiese bate en sy rol as die nasionale lugredery dien as ʼn ekonomiese bate met direkte en indirekte voordele oor ʼn wye spektrum van ekonomiese aktiwiteite.”

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Donderdag gesê die tesourie se beplande R10 miljard reddingsboei aan die SAL sal slegs korttermyn verligting bring en die enigste oplossing is om die nasionale lugredery onder sakeredding te plaas met die oog daarop om dit te privatiseer.

Maimane het gesê die somtotaal van reddingsboeie aan die SAL sedert 1999 is R14,4 miljard, terwyl die maatskappy se verlies die afgelope vyf jaar altesaam R15,7 miljard was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

al ·

Te lekker lag ek nou – strategiese bate!! Daar is baie goedkoper lugrederye binnelands. By party dorpe moet jy ten duurste betaal vir hul lugredery en hul versmoor die kompeterende mark.
Ons is sat vir die onbevoegde spul. SABC is konsuis ñ bate, maar niemand stel belang in hul afgewaterde diens.

Dafer ·

Was die SAL al ooit so winsgewend dat jy jou geld lang termyn daarin sou wou bele? Ek onthou vaagweg dat ek voor ’86 met iemand gesels het wat daar gewerk het, en die SAL was toe al gereeld in die knyp.

Jacques venter ·

Google gerus. ” Pamperred SAA pilots” berig in Citizen gee n klomp lig opdie sittuasie

Jos ·

“ekonomiese bate”?? Dis seker ‘n drukfout. Moet seker “ekonomiese las” wees. Daar is ander lugrederye binnelands en oorsee waarvan ons gebruik kan maak.

Chrisna Botha ·

Wonder daar kom die geld nou so skielik vandaan om die sinkende skip te red? Daai aanloklike pensioengeld?

Jacques venter ·

Ek vertrou Bennie Boekwurm nie so ver as wat ek kan spoeg nie

Buitestander ·

‘n 15,8 Miljaard verlies word nie net so uitgewis nie.
Wat van die R10,1 biljoen wat nog geskuld word aan Citybank?

Hanna ·

Hulle kan blykbaar skaars salarisse betaal? Ek glo dit nie. Is seker elke nek kry elke maand sy/haar groot salaris plus die gewoonte bonusse ook. You don’t fool me… SAA is n bleddie las!

Marinda ·

Al weer betaal dag. Lyk my hulle het elke einde van die maand geld nodig.

Johann ·

Die gemak waarmee BILJOENE eenvoudig gespreek en uit gegee word? ONS belasting geld as ek reg is? En .et uit deel bedoel.ek 8nslyitende dienaelf finansierings opsies wat ZUPTOPIA so gewild maak. KLUG! En die hoof ZUMAIKIE tannie DUDY…wel sys well off na sy geskep het.waar en wat sy wou. ANC LEGACY: verwoes die een na die ander winsgewende funksionerende entiteit en is trots daarop.

marous ·

Wens daar kom ‘n siekte wat al die korruptes in sandkorrels verander. Nee gaan nie werk nie want die hele land gaan ‘n woestyn wees.

Leahim ·

Dit is nie n probleem nie ons word mos gemelk met belasting geld.

Nico ·

Dis klaar verkoop en behoort aan die guptas en nou word die belasting betalers gemelk

Eish ·

” … sonder ernstige benadeling van openbare belang..”
“… strategiese bate…”
Hier lê die kern van die probleem in die land, dieselfde woorde het verskillende betekenis vir die verskillende bevolkingsgroepe.

Sou ons die assimilasie verskille kan hanteer, is helfte van ons probleme opgelos.
Byvoorbeeld: n Strategiese bate wat dien as n ekonomiese bate met direkte en in direkte voordele beteken eenvoudig in Afrikaans die SAL is n las op die samelewing wat geen moontlikheid op herstel het nie en die feit dat voortdurende befondsing nodig is gaan n negatiewe uitwerking op belasting hê.
Die feit dat salarisse bykans nie betaal kan word nie, gaan tot gevolg hê dat hoëprofiel aanstellings gedoen gaan word.

Dis soos om n Rolex horlosie te koop wat jy nie kan bekostig nie, aangesien vermoënde mense die handlesmerk verkies. Maar jy het nie n koeken clue hoe om daar uit te kom nie. Maar Rolex dra, die wil jy!

Chris Ws ·

Die SAL is GEEN bate vir die land nie.Verkoop die bodemlose put en kry klaar.Ons het SAL glad nie eers OORWEEG toe ons in Australia gaan vriende besoek en vakansie hou het nie.Qantas was ons keuse.Ons sal nooit met SAL vlieg nie.

Penellope Jones ·

Mens wonder hoeveel “reddingsboeie” daar nog is om links en regs uit te deel vir mense wat skynbaar weier om self te “swem” of immers te leer hoe om te “swem”!
Die reddingsboeie en reddingsbootjie is mos altyd naby.

piper ·

per vliegtuig het SAL die meeste werkers teenoor al die ander redery ter wereld

Cherokee ·

Quote:
“Hierdie gedeelte van die wetgewing stel dat die minister die gebruik van geld kan goedkeur om uitgawes van buitengewone aard te dek waarvoor daar nie tans voorsiening gemaak word nie en wat nie, sonder ernstige benadeling van openbare belang, uitgestel kan word vir ʼn toekomstige parlementêre toekenning van geld nie.”
End Quote

Watse ‘ernstige benadeling van openbare belang’ kan daaruit spruit indien daar nie weer ‘n astronomiese bedrag op hulle vermors word nie? Geen want daar is etlike ander lugrederye wat buitendien meer populêr is.

Adam ·

Cherokee, die antwoord op jou vraag is ‘n maklkike een. Daar is geen rede om nog geld in ‘n bodemlose put te gooi nie. Terloops, daar is gee SOE of sg “parastatal” in SA wat werklik as ‘n bate gesien kan word nie. Privatisering van sulke siek organisasies is ook nie juis veel van ‘n oplossing nie, aangesien ‘n omdraai-strategie slegs sou kon slaag indien bykans die hele top-bestuur vervang word. Die probleem is vierkantig gevestig in onbevoegde leierskap en bestuursvaardighede en die gebrek aan sake-etiek.

Cherokee ·

Dankie vir jou terugvoer, Adam. Soos jy ook sê word die vraag beantwoord deur bloot na die opset te kyk en logies te redeneer en op te weeg teenoor hulle manier van beredenering.

Johan Bester ·

Wel wel hulle het dit reggekry om nog geld te melk uit n bankrot kas.
Maak soos Pres Jerry Rawlings van Ghana hou op vlieg los dit vir ander om te doen .Hou die lughawe in stand en maak geld daaruit.
Verkoop die vervlakste gemors dit is in elk geval niks van my meer nie.

Boet Fasie ·

Ja , en daar vlieg ons belasting geld ook nou al. Wonderlik wat melkkoeie kan doen in Suid Afrika g’n wonder die koei se spene is kurkdroog soos verkalkte are nie.

Toppie ·

Teen hierdie tempo is dit goedkoper om in jou hel te vlieg as SAL

Adam ·

Toppie, jy het my lekker laat lag. As jy self in jou hel vlieg het jy ten minste ‘n baie groter kans om betyds daar aan te kom as wat jy SAL vra om jou in jou hel te vlieg. SAL is partykeer so laat dat die vliegtuie roeskolle kry.

Johanna Botha ·

Saa is regtig n groot gemors bedryf deur dom onkundige mense wat weet hoe om te steel

Eddie Roos ·

Die Regeringslede , veral Zumpie , ondersteun self nie SAL ten volle nie , sou ‘n mens net kyk na al die private huurvlugte wat onderneem word ! Daar is ongelukkig nie medikasie vir onnoselheid nie !

Boet Fasie ·

Johanna die probleem is nie net steel nie, maar regstellende aksie en minimum kwalifikasie vir poste. Die kanidaat vir ‘n pos hoef nie oor die nodige kwalifikasies of ondervinding te beskik om die werk te kry nie solank hy aan die kleur vereiste voldoen en moontlik opleibaar is. Gewoonlik is hulle dan baie goed opleibaar in bedrog en diefstal wat eintlik die vereistes is waaraan die ANC. wil he hy / sy moet voldoen.

Vermeende ·

Daar is net een manier om SAL winsgewend te kry en van die belastingbetaler se nek af.
Bele Zuma en alle parlementslede se pensioene daar in……… ek is darem n dagdromer!!!!

HPV ·

Dan wil hulle nog banke, myne ensovoorts nasionaliseer! Waar sal die geld dan vandaan kom om daardie besighede elke paar jaar te red na dit wanbestuur, lees leeggesteel, word?

Johannes van Staden ·

Briljante plan ….bele hulle eie pensiongelde in SAA laat ons sien wat bly oor

Boet Fasie ·

Daar is sprake dat Zuma die Reserwe bank gaan privatiseer – vir homself en die Guptas

SARIE VAN HEERDEN ·

Jare gelede het ons slegs met SAL gevlieg totdat ons ‘n nare ondervinding beleef het met die kajuitpersoneel en besef het die skrif is aan die muur met enige verbintenis met hulle. ‘n Boei word uitgegooi na hulle maar hoe kan dit geregverdig word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.