Regering gryp in om poste in staalbedryf te red

Argieffoto.

Argieffoto.

Die departement van arbeid het Maandag gesê danksy die regering se ingrype is 650 werkers in die staalbedryf wat deur afleggings in die gesig gestaar is, se poste gered.

Volgens ʼn verklaring van die departement is dié werkers, wat verbonde is aan Evraz Highveld Steel, se poste is gered nadat daar in samewerking met die departement van ekonomiese ontwikkeling ʼn reddingsboei aan die werkers gegee is. Die reddingsboei behels dat die werkers toegang gegee is tot die departement se opleidingafleggingskema wat op die been gebring is as ʼn alternatief tot afleggings in die sektor.

Poste in die staalbedryf, insluitende duisende in Suid-Afrika, is wêreldwyd in gedrang weens die vermindering in China se vraag na staal en die wêreldwye oorvloed van dié kommoditeit.

Die opleidingafleggingskema behels dat werkers opgelei word om hul vaardighede te verbeter, terwyl hulle steeds betaling ontvang. Verskeie belanghebbendes was by die proses betrokke onder wie die vakbonde Numsa, Solidariteit en Cosatu, asook die kommissie vir versoening, bemiddeling en arbitrasie (KVBA).

“Die ooreenkoms is ʼn bewys van wat bereik kan word as belangegroepe saamwerk om poste te verseker, armoede te verminder en werkloosheid hok te slaan,” het die departement van arbeid in die verklaring gesê.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Berhalet Berhalet ·

Die regering gryp ook net in wanneer dit hulle pas.!

Knapie ·

Dink nie so nie. Vermoed dit het iets te doen met die opleidings “levy” wat werkgewers moet betaal. Aangesien die ouens nou opgelei word, kan die werkgewer dit terug eis….

Wouter ·

As ons minder staal van China invoer sal ons ons poste meer kan beskerm. Die graad en gehalte van staal is baie swakker as Mittal s’n.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.