Regering gryp in oor aanvalle op vragmotors

(Foto: SA Trucker/Twitter)

Minstens 13 aanvalle op vragmotors het die afgelope maand plaasgevind en tussen April en November vanjaar is 84 aanvalle aangeteken.

Daar was die afgelope ruk toenemende woede in die vragmotorbedryf oor die voortgesette en gewelddadige aanvalle, met die padvragvervoervereniging wat vandeesweek in ʼn brief aan pres. Cyril Ramaphosa gevra het vir dringende ingryping.

Die ministers van arbeid en indiensneming, binnelandse sake, polisie, vervoer, staatsveiligheid asook die premier van KwaZulu-Natal – een van die land se groot brandpunte vir dié soort aanvalle – het vandeesweek vergader om ʼn omvattende plan teen dié misdaad te verfyn.

Die departemente het in ʼn gesamentlike verklaring gesê wetstoepassers konsentreer op sekere gebiede en meer hulpbronne word daar ontplooi. Dié benadering het reeds gelei tot verskeie inhegtenisnemings die afgelope week.

Die veiligheidsgroepering sal inligting versamel oor die oorsprong en aard van die aanvalle en die regering het gewaarsku dat sommige van die ingrypings moontlik tot ongerief kan lei.

Die interministeriële komitee wat die president daarvoor aangestel het, kyk onder meer ook na beleid, wetgewing en kwessies soos migrasie. Daar is volgens die regering reeds groot vordering gemaak.

Die aanvalle het glo verskeie elemente.

Nog 'n vragmotor brand in die voortgesette vlaag geweld.

(Argieffoto: Twitter)

Dit sluit in arbeidkwessies wat volgens die regering te doen het met ʼn kommerwekkende neiging onder sommige werkgewers om Suid-Afrikaanse vragmotorbestuurders met buitelanders te vervang. Vragmotors word dan glo aan die brand gesteek deur diegene wat deur só ʼn besluit geraak word in ʼn poging om die regering te oortuig om stappe teen buitelandse bestuurders te doen, lui die verklaring.

“Die saak is ingewikkeld. Daar is vragmotorbestuurders wat in besit van geldige dokumente is en wettig in die land is en dan is daar diegene wat nié is nie.”

Die regering sê sakekwessies soos die besit van vragmotors, tenders, kontrakte en mededinging tussen maatskappye vir winsgewende roetes kom ook as uitdagings na vore.

“Die aanvalle is misdaad en die regering gaan dié ekonomiese sabotasie geensins duld nie. Die regering gaan nie optrede duld wat sake ontwrig en inkomste vernietig nie. Die vervoerbedryf is ʼn katalisator vir ekonomiese groei en werkskepping en vragmotorbestuurders is onder diegene wie se werk hulle oor grense neem,” het Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming en voorsitter van die komitee, gesê.

“Ons werk hard om eensgesindheid in ons verhouding met ander SAOG-lande te bewerkstellig om die beweging van mense, ook vragmotorbestuurders, en goedere oor ons grense moontlik te maak.”

Nxesi sê Suid-Afrika is ʼn leier op die gebied van diensverskaffing, is ʼn streeksvervaardigingsmiddelpunt en Afrika se mees geïndustrialiseerde land.

“Aanvalle op vragmotors wat goedere vervoer wat die lewensbloed van Suid-Afrika en die streek se ekonomie is, moet op die sterkste moontlike manier veroordeel word. Die regering is verbind tot die transformasie en stabilisering van die padvrag- en logistieke bedryf. Die sektor is van kritieke belang vir die groei van die ekonomie.”

Hy sê aanvalle op vragmotors ondermyn ekonomiese herstelpogings en as die geleenthede wat handel tussen Afrika-lande bied behoorlik benut gaan word, benodig die land ʼn veilige en behoorlik funksionerende vrag- en vervoerbedryf.

Suid-Afrika het reeds verskeie handelsooreenkomste wat aan die land ʼn uitvoerplatform na internasionale markte bied en is een van die toegangsroetes na Afrika-markte.

Nxesi het ook gevra dat almal by die poging om bestendigheid te verseker betrokke raak.

“Ons wil verseker dat almal se regte, wettige en onwettige migrantewerkers, ingevolge die Grondwet beskerm word.

“Ons besef dat mense hul lewe verloor het en ons wil ʼn beroep op almal doen om te help om lewens te red.

“Ons gee ook erkenning aan die bydrae wat landafstandvragmotorvervoer, nes die mynbedryf, lewer om ons ekonomie deur dik en dun aan die gang te hou.

“Ons doen ʼn beroep op dié werkgewers wat buitelanders as goedkoop arbeid gebruik om dit te staak. Dit het geen plek ons ons land en streek nie.

“Ons veroordeel die vernietiging van eiendom ten sterkste en gaan streng optree teen enigeen wat by misdaad betrokke is,” het Nxesi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Werner ·

Iemand weet duidelik nie wat aangaan nie want net van verlede Donderdag tot Sondag was dit 20 aanvalle

Misky ·

Weet nie meer oor syfers en hoeveelhede wat berig word nie. Morning Live op SABC2 het gesê daar al net oor die 40 trokke beskadig in laaste paar weke. Ek dink dis nader aan die waarheid, want ek onthou een aand wat 9 trokke alleen beskadig is. Dit bly steeds skokkend en baie besighede ly erg skade

Leana ·

Verstaan ook nie, op eendag het daar dan omtrent 12 trokke gebrand wat gepetrol bom is en verder hoor jy nog elke dag van trokke wat brand. Lyk my mens kan die syfers net so ver glo soos die ware Covid syfers. Ons sal moet uitvind by watter skool hierdie mense waswant lyk my hulle was almal saam met Zuma op skool.

Wakkerslaper ·

‘n Handvol aanvalle op vragmotors en die staat gryp in…. DUISENDE wit Boere gemartel, verkrag en wreedaardig op hulle plase vermoor en die staat het tot vandag nog nie iets gedoen nie…

Dit skets ‘n DUIDELIKE prentjie! En ons wil steeds vreedsaam onderhandel met hierdie terroriste?

Casper ·

Die Nootd Gautengse hooggeregshof het beveel dat buitelandse vragmotorbestuurder wel in Suid Afrika mag werk.(Immigration directive 12 of 2014).die department van Binnelandse sake reik ‘n besoekersvisa uit aan die drywers ingevolge artikel 11(1) en 11(2) van die immigrasiewet, wet 13 van 2002 om die betrokkenes se verblyf te wettig.Die dryers moet sorg dat die visas te alle tye gelding is.Genoemde Visa kan vir 30 tot 90 dae gelding wees.Ek weet van hofsake wat van die rol geskrap is teen ‘n werkgewer en trokdrywers a g v die hofuitspraak.

ElizeK ·

Miskien moet ons die padvragvervoervereniging vra om namens ons boere ook n ou briefie aan Ramaparra te stuur. Duidelik weet hulle iets wat ons nie weet nie.
NET EEN brief en hy stel sonder versuim n komitee aan, braak gal oor die aanslag op lewens en die ekonomie wat skade ly, veroordeel die wetteloosheid.
Nou wat van die voedselvoorsieners naamlik ons boere wat so uitgemoor, gemartel en aangeval word Cyril.
Die polisie, let wel die polisie wat openlik gedreig word.
Wat van jou klein boetie mal ema wat geweld daagliks aanhits, dorpe begin aanval en kinders traumatiseer wat besig is met eksamens.
My hart is stukkend want SA “Is no more and will never be again”

Kokerboom ·

Sinnelose verbale relaas deur Min Nxesi sonder enige resultate. Hoekom is alles krisisoptredes? Bestaan daar enige deurlopende praktiese reaksieplanne? Of is dit bo hul vuurmaakplek?

Kaal Keiser ·

Nou dat hul die spoorweë tot stilstand gebring het is die trokke volgende… hoe wil jul dan produkte vervoer ?

Persheks Adri ·

Verbale diarree die klomp pffft het GEEN benul wat aan gaan nie en talk is cheap in elk geval! Julle veroordeel alles, maar weet eintlik julle gaan niks doen nie pffft.

Cyril jou mense man wat so brand en breek DOEN iets hou op sit en dink jy lyk mooi!

domheks ·

Ciryl jy moet nou mooi staan, trokke is belangriker as BOERE? Ek weet die trokke is groot skade, maar boere lewens veralgemeen jy net met misdaad? Nou kan jy gou spring want ‘our people’ se lewens is dalk in gevaar! Wonder of wit mense ook ‘n mosie van wantroue teen jou moet instel! By jou is dit seker ook net BLM…. Vergeet die wit belastingbetaler betaal jou en kie se salarisse!

Hennie J ·

Kom ons vra die vraag; waarom is buitelanders so gewild as trokbestuurders? Geen I/we demand;baie meer betroubaar;geen onrealistiese vakbond eise nie;bereid om die ekstra myl te loop; geen lagwekkende salariseise nie; beter en veiliger bestuurders ; minder arrogant teenoor werkgewers; Trek nie die voertuig deur die kloof nie.

Suzette ·

Die regering het geen beheer oor niks. Alles is buite beheer in hierdie land want die anc regering DOEN NIKS om enige terrorisme, plaasmoorde, geweld teen vrou en kinders, opstande, verwaarlosing van diere, optogte, politieke aanhitsing, verwoesting van infrastruktuur, wanbetaling, korrupsie en plundery hok te slaan nie. Hulle was te lank self deel daarvan en nou slaan die blinde sambok hulle en die land vergaan…..

MAGIEL ·

Kyk mooi wie veroorsaak al die moeilikheid in die land begin daar ondersoek

MAGIEL ·

Kyk mooi wie begin al die moeilikheid in die land begin daar met ondersoeke

Jessey ·

En weer ‘n klomp Blah Blah Blah, in een van Mal emma se toesprake se hy spesifiek grense sal val sodat “all brothers and sisters” welkom is in SA, en noem ook vir SA Burgers dat hule in ander Afrika lande moet werk soek. Nou brand hulle die “brothers and sister” en nou word dit veroordeel. Die narratief verander vir populisme. Die regering kan nie inspring nie al wil hulle, hulle is die direkte oorsaak van die probleem

Hennie ·

“Die regering gaan dit nie duld nie” beteken “ons kan en gaan NIKS hieraan doen nie!” Die regering kry 15% van alle versekerings premies wat betaal word deur die besigheid vir die vragmotors en 15% indien ‘n nuwe vragmotors gekoop word met die vervaging van die gebrande vragmotors. Gee my EEN rede hoekom die swartgallige regering ‘n vinger sal vervoer om hul inkomste te verminder!?

Gato ·

Dit wys maar net weer die regering en ANC, want dit is maar dieselfde ding, het geen benul hoe om die land te regeer nie. Daar is geen planne nie. Daar word baie gepraat oor streng optrede en dat sulke dinge nie geduld sal word nie en alles word veroordeel maar daar is geen aksie nie. Die aanvalle gebeur daagliks so wat doen hulle om dit te beveg. Ek lees nie van mense wat inhegtenis geneem is nie, ook nie van die Polisie wat enige poging aanwend om beskreming te bied aan die vragmotor bestuurders nie. Ons is regtig op 11:59:59 in die land voordat daar algehele chaos an anargie gaan losbars. Die Politieke leiers sê mense moenie praat van oorlog nie want daar is nie enige wenners in ‘n oorlog situasie nie, maar ek sien geen ander uitweg in die land nie. Mooi praat en komissies aanstel help baie duidelik nie. Die mense verstaan net een taal en dit is ongelukkig die geweldadige manier om te kommunikeer.

Jacobus ·

Snaakse land dié. Ons landsgrense lek soos diewe met mense in regering se seën. Kopdoek wou dan landsgrense afskaf. Meeste operateurs gebruik buitelanders omdat hulle wíl werk. Die gebrek aan misdaadintelligensie is presies dít bo en behalwe gewone ANC onwilligheid.
Feitlik alle infrastruktuur is afgetakel tot op die grond. ANC slapgeit of beleid – besluit self.

Kosie ·

Dit gaan oor plundering alles anders is net verskonings vir diefstal, hulle vermoor mense , sluit die lot toe hulle is besig om die land te verwoes , as dit gaan oor die trok eienaars buitelanders aanstel is dit oor die land se mense net wil werk soos hulle wil en as hulle dt nie regkry nie staak hulle.

skinderbek ·

Ek wonder of die regering besef dit is net “our people” wat die skade aanrig. Waar is die regering se “job creation” om “our people” besig te hou of is hulle net te sleg om te werk, nou doen die buitelanders dit.

Barend ·

Miskien moet hulle ook kyk hoe gevaarlik die trokdrywers op die grootpaaie ry.

Alexander ·

Plaasmoorde sal nooit die aandag van die ANC regering kry nie, want hulle is deel van die komplot om boere uit te moor.

JohanR ·

Die ANC is absoluut useless…..ABSOLUUT USELESS! Hulle gaan hier ingryp soos hule met plaas moorde ingegryp het? Die ANC kan nie ‘n partyjie in ‘n brouery reel nie, al is die partyjie reg langs aan die bier tenks!

Derek ·

Hulle slaap lekker en wanneer iemand kwaad raak dan skrik hulle wakker. Eers moet daar groot skade en verliese en moorde wees voor iets gebeur. Ons hunker na vrede en geregtigheid, vir die regering gaan dit oor mag en om hulle mense gelukkig te hou net vir die volgende verkiesing, ongeag wat die prys mag wees.

pestilensie ·

Hier kom die taxi mafia , vryemark stelsel beteken ilimineer jou teenstander in SA

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.