Regering hersien Covid-19-regulasies dalk binnekort

Minister Zweli Mkhize. Foto: @DrZweliMkhize/Twitter

Suid-Afrikaners behoort teen volgende week te weet hoe die regering die Covid-19-pandemie verder gaan hanteer.

Dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, sê hy sal voorleggings maak aan die nasionale bevelsraad vir Covid-19 oor wat die volgende stappe in Suid-Afrika se stryd teen die koronavirus behoort te wees.

Mkhize het die media Woensdagoggend tydens ʼn virtuele vergadering toegespreek. Tydens die vergadering het hy daarop gewys dat die aantal nuwe Covid-19 gevalle in Suid-Afrika aan die afneem is en dat die aantal gevalle, hospitaalopnames en sterftes weens dié siekte, minder is as wat aanvanklik verwag is, het Maroela Media vroeër berig.

Hy het egter benadruk dat Suid-Afrikaners nie nou op hul louere kan rus nie en dat dit steeds belangrik is om die nodige veiligheid- en gesondheidsmaatreëls toe te pas om die verspreiding van Covid-19 te verhoed. “Totdat ons heeltemal veilig is, sal die regering aanhou om die regulasies te hersien en, indien nodig, die regulasies in stand hou om te verhoed dat Covid-19 verder versprei.”

Hy sê indien maatreëls nou laat vaar word, daar ʼn baie groot moontlikheid is dat ʼn tweede Covid-19-golf die land kan tref. “In lig van die mees onlangse data wat ek hier bekendgemaak het, het pres. Cyril Ramaphosa gevra dat ons bepaalde voorstelle maak oor wat die regering se volgende stappe behoort te wees om die pandemie te bestry. Daarom sal my departement volgende week voorstelle aan die nasionale bevelsraad vir Covid-19 voorlê,” sê Mkhize.

Volgens hom behoort Suid-Afrikaners teen volgende week leiding van die raad en die president te kry oor wat die volgende fase van die regering se hantering van die pandemie sal wees.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
JohanR

Just as all the court cases come together, they suddenly move the goalposts so as to make those court cases null and void! Jy sien ou Mkhize Suid Afrikaners is nogal slim, alhoewel julle ANC ‘s dink hulle is ‘n klomp domes! Gaan ons dan in Vlak 3.4739 in?

Johann

Ek twyfel of die bevelsraad sy mag gaan opgee Zuma is vir alle praktiese doeleindes presedent en gaan nie afstand doen daarvan nie

gatgogga

Miskien gaan hulle dit weer moet hersien, soos wat hulle die taxi regulasies hersien het: nadat die taxis verklaar het dat hulle voertuie 100% gelaai gaan word, ongeag wat die regering se, toe verklaar die regering dat taxis 100% gelaai mag word. Ha ha ha!
So miskien gaan die regering nou hersien en laat weet dat, nieteenstaande al die verwarrende en onnosele regulasies, moet julle maar maak soos julle wil.

Anel

Nou ja, die komunistiese bevelsraad het gepraat. Hoekom het ons dan nog hoegenaamd ‘n regering met’ ‘n presidernt?

Joos

Gaaf, nou het julle tyd om julle skelms aan die kaak te stel!!!