‘Regering het geen begrip vir krisis in landbousektor’

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Die Suid-Afrikaanse landbousektor is in ‘n baie ernstige krisis gewikkel en dit lyk asof die regering geen begrip daarvoor het nie, het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, Dinsdag in die parlement gesê.

“Volgens koerantberigte is hulle ook nie van plan om boere enigsins te help nie. Om suksesvol te boer het ‘n landbouer basiese stowwe soos kunsmis, saad, trekkers en diesel nodig, om net ‘n paar te noem.”

Mulder het verder na die prysstygings van verskeie landbouprodukte verwys. “Oor die laaste paar jaar het kunsmis (ureum) se prys met 92% gestyg, saadpryse met 88%, trekkerpryse (70kw-80kw) met 105% en diesel met 86%. In dieselfde tyd het die mielieprys met slegs 28% gestyg. ‘n Eenvoudige wins en verlies-som toon aan waarom soveel landbouers bankrot gaan of net ophou boer.”

Volgens Mulder is 46 plase in die Bothaville-distrik, wat binne die mieliedriehoek val, tans te koop. “Dit gee ‘n indruk van die erns van dié krisis. By hierdie finansiële krisis moet die huidige droogtetoestande gevoeg word. In die meeste provinsies is dit vir die tweede jaar uiters droog. KwaZulu-Natal is reeds tot rampgebied verklaar en provinsies soos Limpopo, Noordwes, Vrystaat en die Noord-Kaap is ook op pad daarheen.”

Mulder het gesê indien die regering nie betyds optree nie, kan hongersnood en abnormale hoë kospryse Suid-Afrika se voorland wees. “Ongeag al hierdie feite gaan die regering voort om met onverantwoordelike uitsprake die landbouers die sondebok te probeer maak vir talle probleme wat deur die ANC geskep is. Gaan doen ‘n studie van rewolusies in ander lande en kyk hoe dikwels was daar ‘n regstreekse korrelasie tussen hongersnood en opstande.”

Senzeni Zokwana, minister van landbou, het in reaksie daarop gesê die regering gaan in gesprek tree met die landbousektor en beoog om wel droogtehulp te verskaf. Dr. Mulder het gesê hy is skepties daaroor in die lig van vorige ervaring met die ANC-regering en die vraag is hoeveel van hierdie beloftes wel op grondvlak by die landbouers gaan uitkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Chantell ·

Maar so wil die regering pap, Vleis, en groente eet. Hulle wil hulle pense nog dikker laat word maar geen hulp bied vir die Boer wat al hulle kos voorsien gee nie. TIPIES

Janes Barnard ·

Los hulle, van 1994 was daar nog nooit ‘n tekort aan voedsel nie. Ons boere produseer elke jaar te veel. Laat hulle ‘n slag voel en miskien kyk hulle daarna met ‘n ander siening na ons boere. Die hartseer is net dit is die eindvebruiker wat die swaarste gaan kry met kospryse wat gaan weghardloop as alles ingevoer moet word.

Johan ·

Janus. Jou opmerking “…laat hulle voel…”-met verwysing na die regering neem ek aan – is ongelooflik naïef. Kom ek verduidelik vir jou die realiteit. Jou argument impliseer dat as die regering nie na die boere gaan omsien nie, gaan die regering en die mense in die land honger ly. Dink nugter:
1.Vir die mense om honger te ly, beteken dit boerdery in SA het misluk. Dit beteken ‘n klomp boere is bankrot – hulle ly honger, is verneder tot ellende en hulle werkers saam met hulle.
2. Die land se mense tref die gevolge van ‘n bankrot boer. Dit gebeur onverwags, want die handel het almal gekondisioneer tot verbruikers wat mag aandring op produk en beskikbaarheid, omdat mense geld is hulle toegang tot kos… Die algemene publiek voel nie besrg of geraak oor dinge wat hom nie nou in die oomblik ongemaklik maak nie. Daarom tref hongersnood altyd onverwags…
3. Die regering is nie afhanklik van die boere nie. Hulle het eksklusief toegang tot die wêreld se winkelrakke. ‘n Hongersnood in SA gaan nie die regering ” ‘n les leer” nie.

Kyk na Zimbabwe. Die ellende tref die boere eerste en dan die publiek. Maar nooit die regering nie.

Kommunisme is drakonies en sonder enige gevoel vir burgers… Mense wat wag vir die regering dat hulle eendag gaan besef hulle breek die Land af, wag met die naïwe illusie dat die regering nie besef waarmee hulle besig is nie. Die realiteit is dat hulle presies weet waarmee hulle besig is en geen gevoel het vie enige burger van die land nie etnisiteit maak nie saak vir hulle nie…

spreker ·

En vanaf 1994 was daar nog altyd betaal vir wat die boere geproduseer het.niks was verniet gegee nog minder geproduseer.raak ontslae van die siening van voor en na 1994 asb

Dup du Plessis ·

…….het dit al tevore genoem……binne ‘n paar jaar gaan ons boere nie meer die vraag na voedsel in RSA kan diens nie. Oorsake sal wees: grondhervorming van produktiewe plase wat feitlik alle produksie verloor (dit vat soms geslagte om ‘n eenheid produktief te kry en om dit so te hou baie kundigheid en jare se ervaring. Tel nou hierby die uitmoor van boere, politieke beleid soos die 50/50 verdeling, populasie ontploffing, droogtes, ens,ens – dan is die skrif eintlik teen die muur. Graan sal van die VSA ingevoer moet word en met ons wisselkoers teenoor die dollar($) gaan baie,baie rande ingesluk word. Dinge soos gratis universiteite, gratis medies, gratis bou van huise, onnodige welsyntoelaes ens. gaan baie onder druk wees aangesien hongersnood = anargie soos ook in die skrywe genoem word. Studente se slagspreek sal dalk dan verander na: #Students must pay to keep hunger away – want die staat gaan dan elke rand nodig he om die nasie te voed. Op die ou end sal RSA die voorbeeld van meeste Afrika lande volg en aan wit boere gratis grond voorsien net vir hul kundigheid om voedsel te produseer (selfs oom Bob oorweeg dit)…….maar dan kan dit heeltemal te laat wees nes die res van Afrika.

elna ·

Watter regering? Daar is nie een nie. Jy moet insig hê. Dit is nie daar nie. Dis realiteite.

Gert Kruger ·

Jy moet verstand hê om dit uit te werk….. iets wati ministers nie het nie ! As hy honger ga slaap izit te laat !!!

christine ·

Ha ha n paar ouens hierbo se baie goed maar se ook niks tipies ouens met die dik brille. Die feit is die is komminisme. Loop lees maar die Siener se boekie mooi. Die boere trek die ossewa die osse word langer op die wa is die nutteloses van die land en die geel mense van die Ooste. Daai soustrein gaan ddis langer word dan trek die mense nog die briek op. Die mense wat lekker op Waterkloof geland het is stewig op die wa en die stomme boere trek maar. Ek sit maar nou en wag want die mense kannie kole lewer nie soos gekontrak en probeer uit hierdie kontrak kom. Ou man se woorde. ” Ek sien in die Weste twee enjins en ek sien vuur ek sien n dorpie waarvan niks oorgebly het nie , die aarde daar is pikswart. Daar staan komministe hulle is kwaad” So verwag ontploffing by Koeberg want ou man se ons is in donkerte gehul. Die Pres is net n “puppet” in hul hande. Wereld magte het andeers besluit. Hierdie Pres is useless hoe dommer hoe beter vir hulle. Hy teken als want hy kannie lees en begruip nie. Hy gaan nerens heen nie, hy kan maar moord voor jou oe pleeg sal hy maar bly. Genis kan maar nou my foute kom regmaak

christine ·

Nou kom ek probeer so. Lees “Siener van Rensburg boodskapper van God” Adriaan Snyman. Bls 203-214 gaan in vervulling. Dis al. In bibloteke. As hy nie na dit afgehaal word nie. Ook al gebeur ontrek deur regeerders van die land.

Johannes Meintjes ·

Het die “regering” sedert 1994 werklik al enige begrip vir enige-iets in ‘n baie komplekse samelewing en voorheen die beste ekonomie in Afrika getoon, behalwe om hier en daar reaktief op te tree met ander se belastingeld of om rykdom waarvoor ander gewerk het onregverdig te herverdeel? Vasbyt, – asb landbouboere, en baie dankie. Mag julle volharding landboumetodes en nuwe oplossings te midde van groot uitdaagings oplewer.

siener ·

Daagliks word daar gehuil oor voor 1994…sommige wil die era voor 1994 blink poets asof daar niks fout meë was.tye het verander en ongelukkig het die landbousektor ook verander so laat ons dit aanvaar en bydra tot die verandering wat ons GRAAG wil sien

vermeende ·

Wat ons mense en die boere veral nie besef nie is dat hulle met die hef in die hand sit. Weet julle wat sou gebeur as die TLU sou vra dat ons boere net vir ‘n jaar niks produseer nie en dit af dwing, hierdie land kom tot stilstand. Zuma sal by jou kom smeek vir ‘n bordjie pap maar die TLU sal dit nooit doen nie want waar kry hy sy geld vandaan?

Hanlie ·

Nee maar hulle dink mos daar sal altyd mieliemeel op die rakke wees al is daar nie mielies op die lande nie.

Ludwig ·

Nie begrip van die krisis in die landbou nbie? Het die regering begrip van énigiets?

Eddie ·

Ek is ook n Siener!!! Al wat ek sien op hierdie stadium is daar is groot julle weet wat opad. Die land van ons is en het klaar sy agterend gesien. Ons dwaal weg van die Here en sit ons geloof op mense. Dit is waar ons grootste probleem is. Gaan eerder op ons knee en Bid as wat ons dink Satan sal n uitkoms gee. Ek weet daar gaan seker weer n hele klomp n eier te le he oor my kommentaar maar is fine baie van ons weet wat die waarheid is.

Theresa ·

Pateties. Die grootkoppe voel ‘n veer vir enige landsburger. Respek vir die boer wat voedselvoorsiening doen, bestaan nie by hul nie – het nie begrip daarvoor nie, want verstaan glad nie waaroor dit gaan nie. Daarom voel hul ook dis reg as so ‘n persoon sy gekoopte/erfgrond verloor – geen gevoel, geen insig, baie argwaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.