Regering het glo nie geweet dis ’n Gupta-straler

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Die naam van die eienaars van ʼn private vliegtuig wat gehuur is om adj.pres. Cyril Ramaphosa te vervoer op ʼn amptelike besoek aan Japan is nie bekend gemaak nie, het die minister van verdediging Vrydag gesê

“ExecuJet [die maatskappy wat die bestuur van die vliegtuig hanteer] is nie verplig om aan ons bekend te maak wie die eienaars is nie. Wat belangrik is, is dat die straler behoort aan ’n maatskappy wat in Suid-Afrika is. Die nodige prosesse is gevolg,” het minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula Vrydag tydens ʼn mediakonferensie gesê.

“Ek is egter ná ondervraging oor die eienaarskapkwessie in kennis gestel dat ExecuJet nie hul eie stralers besit of bedryf nie maar namens verskeie eienaars hul vlote bestuur.” Volgens Mapisa-Nqakula was die private straler nodig vir die besoek aan Japan aangesien geen van die weermag se vliegtuie “beskikbaar of geskik” was nie.

Die proses waarvolgens vliegtuie gehuur word staan bekend as die RT61-stel kontrakte en val onder die tesourie. Volgens Mapisa-Nqakula is daar van die stel kontrakte gebruik gemaak om ʼn vliegtuig te huur toe die weermag nie kon help nie.

“Die eerste maatskappy op die lys is genader, maar die vliegtuig wat hulle beskikbaar gehad het kon slegs die vlug voltooi deur verskeie kere by branstofhervullingspunte aan te doen en het nie aan die vereistes voldoen nie,” het Mapisa-Nqakula gesê.

“Die tweede maatskappy op die lys, ExecuJet, is genader en hulle het die Global Express-vliegtuig beskikbaar gehad wat slegs by een brandstofhervullingspunt hoef aan te doen sowel as die nodige aantal passasiers kon vervoer.”

Volgens mediaberigte het die departement die Bombardier Global Express, wat aan Westdawn Investments geregistreer is, gehuur. Westdawn Investments word deur die Gupta-familie en pres. Jacob Zuma se seun, Duduzane, besit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Lynette ·

En nou moet almal die storie glo dat hulle nie geweet nie

Daleen ·

Onthou, ons bly in Suid afrika waar alles is van ‘ons het nie geweet nie’

Chris ·

Hulle het nie geweet nie???? Dit is die land se adjunk president wat n aanvraag moet uitreik vir betaling wat gedoen moet word vir die straler deur die staat. Hy moet seker verslag doen hoe en waarmee hy moet reis! Maar id hoof betrokkene is n Zuma se seun se maatskapei wat die voordeel trek.
Laat my wonder of Cyril ook aandele in die maatskapei het???

louis ·

Waneer gaan ons besef hulle sal maak nes hulle wil? Dis mos nou al duidelik bewys. Ons kan maar kla op ons koppe staan dit sal niks help nie.

Johan1 ·

Ek was in die ou S A in die skool. Asseblief jy beledig my intelegensie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die ANC dink almal is ape maar sommige van ons is ou ape .

Irene ·

Ja ek stem ons is ou ape ons tel ons kettings op wanneer ons loop. En wat het geword van die gewone SAL vlugte.

Christine ·

Maak dit enige verskil in ons lewens wie vlieg met wat waarheen? Alles is nog net soos dit was 1 dag of 1jaar gelede.

Christie Joubert ·

Klink vir my al te veel na “Eish, ek het nie gasien”

Charmaine Lourens ·

Ag nee werklik…….. ek het vir die Guptas gewerk, hulle regeer ons land glo my!!!!

chris ·

Ek glo hulle!

Julle moet verstaan mense dit is verseker nie al wat hulle nie weet nie.

Voorbeelde.Hoe om ‘n land te regeer ,hoe om sy mense te beveilig,eerlikheid,verantwoordelikheid ag en sommer nog ‘n klomp my tyd is beperk.

George ·

Baie skerp Chris. Nou verstaan ek ook dat hulle baie min weet. Hulle weet net genoeg om skelm te wees.

elsja ·

my tjom het die groot toolbox gekies hammer graaf en kruiwa ek het die handsak tang skroewedraaier en tester gekies kan julle nou meer

alex ·

Baie mooi so gaan die land onder.
Ons kan niks goed van julle en die gupta’s verwag nie.

J.Z ·

Glo nie geweet dit is ons pel se vlietuig nie.HO!! ho!! ho!! ho!! ho!!!!!!!!!!!!!!!!!!,mooi man.

Bedouin ·

Die punt is nie of dit n Gupta straler was nie. Die vraag wat gevra moet word , is hoekom vlieg hulle nie 1ste Klas op n kommersiele redery teen n fraksie van die koste soos vele ander lande se leiers nie?!

Pieter V ·

Wat van ander lug rederye soos SAA, LUFTHANSA , VIRGIN ens.

Oupa Pieter ·

Maar hulle weet drommels goed om terwille van hulle eie veiligheid NIE met SAA te vlieg nie…..

Dave ·

En wanneer gaan begin vrae vra oor die bekangrikheid van die vlug. Die nodigheid daarvan. Die rede waarom ons aanhoudend moet betaal vir oorsese reise vir onbevoegdes. Dìt behoor ook deel van die vrae te wees. Nie dat ek werklik dink ons forum-vrae dien ‘n doel maar miskien tòg!

PATTY ·

Dis tog SA se Adjunk wat gevlieg het. Sy veiligheid en beskerming is veronderstel om belangrik te wees. Hoe weet hulle nie wie se vliegtuig dit was nie. Hoe weet hul nie die vliegtuig sou gekaap geword het nie, hoe weet hul nie of daar ‘n bom op die vliegtuig geplant was nie. Dit is tog die belangrikste feite wat bekom behoort te word, wie se vleigtuig is dit, aan wie behoort dit, waar word dit geberg, ens ens ens, voordat enige ampdraer op ‘n vliegtuig klim. Dis is wat ek doen wanneer my kinders saam iemand anders, of in ‘n bus, na ‘n sportgeleentheid ry. Ek wil weet waar om te gaan soek as iets gebeur. Dit beteken ons regering voel vir hul eie mense net mooi niks!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.