Die Suid-Afrikaanse regering se planne het opgeraak en terwyl die land Donderdag in die mediumtermynbegrotingsraamwerk gewaarsku is dat armoede en werkloosheid kan toeneem, lyk dit nie of die regering enige idee het hoe om die ekonomie weer aan die gang te kry nie.
Só sê Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep, nadat die minister van finansies, Enoch Godongwana, gister sy eerste mini-begroting aan die parlement voorgelê het.
Roodt was deel van ʼn aanlyn paneelbespreking van die Noordwes-Universiteit se sakeskool wat die beleidsraamwerk bespreek het. Hy sê meer as 18 miljoen mense ontvang reeds gewone toelae, nog sowat 9,5 miljoen mense ontvang die sogenaamde Covid-19-toelae, terwyl twee miljoen staatsamptenare ook ʼn inkomste van die staat kry.
Dit beteken altesame 33 miljoen mense is vir hul inkomste van die staat afhanklik, terwyl daar maar 12 miljoen mense in die private sektor is wat belasting moet opdok. Roodt sê die minister se planne om besteding te besnoei, gaan die inkomste van nagenoeg 30 miljoen mense onder druk plaas en groot woede veroorsaak.
Maar hy sê ook ʼn nuwe krisis, soos nog ʼn groot inperkingstyd, gaan Suid-Afrika in diep moeilikheid laat beland as ʼn permanente vorm van toelaag in werking gestel word.
Prof. Michael Sachs, verbonde aan Wits, sê Suid-Afrika sit met massawerkloosheid terwyl die ekonomie stagneer. Hy meen die staat se reusebesteding aan maatskaplike toelae, gesondheid of onderwys is nie die kern van die probleem nie, maar eerder die feit dat die land nie genoeg beleggings lok nie.
Dít terwyl staatsbeheerde ondernemings (SBO’s) soos Sanral en Eskom nog ʼn remskoen vir groei is.
Volgens Roodt is die goeie nuus dat die staat nou geen ander keuse het as om te begin privatiseer nie. Dit word gesien in planne om derdepartye van volgende jaar toe te laat om by die staat se spoorstelsel in te skakel, en in die regulasies vir onafhanklike kragprodusente wat reeds verslap is.
“Dit is nie deel van ANC-beleid nie, maar dit word gedoen omdat hulle geen ander keuse het nie. Die private sektor gaan aansienlik beter vaar en dit oorneem. Dit word stilletjies gedoen.”
Hy sê in Suid-Afrika is daar ook al hoe meer tekens van ʼn parallelle staat wat op verskeie gebiede ontstaan.
Wees realisties
Hoewel die groeivooruitsig vir die huidige jaar op 5,1% staan, lyk die toekomsprentjie aansienlik donkerder en gemiddelde groei oor die volgende drie jaar op 1,7%.
Isaah Mhlanga, hoofekonoom van Alexander Forbes, sê egter dit is veel beter om ekonomiese groei op ʼn realistiese syfer te grond. Hy sê die afgelope dekade het gewys wat gebeur as die begroting nié op ʼn realistiese syfer gegrond word nie.
“Ek beskou dit as ʼn goeie strategie om realisties te begroot,” sê Mhlanga.
Prof. Raymond Parsons, verbonde aan die NWU-sakeskool, maan egter dat groei van 1,7% bloot nie goed genoeg is nie. Hy sê meer mense moet uit die welsynstelsel gehaal en aan die werk gekry word – en die regering moet strategieë hiervoor ontwikkel.
Een van die planne om die ekonomie ʼn hupstoot te gee, is om die land se kragprobleme te verminder, veral deur die oorskakeling na hernubare energie. Sachs sê die “groen oorgang moet met die grootste ywer nagejaag word”, maar hy waarsku dat dit ook met beduidende risiko’s vir die armste gemeenskappe in die land saamgaan. Hy sê terwyl daar gepraat word van ʼn billike oorgang, is dit moeilik vir ʼn steenkoolwerker in ʼn township wat skielik sonder werk sit, om te glo dat hy heropgelei en elders aangestel gaan word.
“Dit is die werklike belange wat gebalanseer moet word. Ons het ʼn leierskap wat almal gelukkig en aan boord wil hou, maar aan die einde van die dag beland ons in ʼn skaakmatposisie.”
Mhlanga sê dat 115 000 werksgeleenthede in die steenkoolbedryf verlore kan gaan as na ander energiebronne oorgeskakel word. Dié werkers ondersteun tussen hulle naastenby 600 000 afhanklikes en almal se lewensomstandighede gaan negatief geraak word.
“Sonder ʼn oplossing daarvoor, of vir die R400 miljard wat Eskom aan sy krediteure skuld, gaan die oorgang nie billik wees nie,” sê Sachs.
Hy sê selfs al duur die groen oorgang tussen 10 en 15 jaar, of selfs 50 jaar, gaan dit steeds onvoldoende wees as daar nie ʼn uitdruklike plan is om die oorskakeling te doen nie. Mhlanga sê mense kan nie aanneem hulle gaan wonderbaarlik werk kry nie, veral nie terwyl diegene wat pas hul werk weens die Covid-19-inperkingpandemie verloor het, nog geen oorgang na ʼn ander vorm van werk kon maak nie.
Geen woord oor pensioene, NGV
Een kwessie waarna Godongwane nie werklik verwys het nie en wat talle ekonome verwag het wél aandag in die begrotingsraamwerk sou kry, is die gedeeltelike onttrekking van pensioengeld. Vakbonde vra nou al geruime tyd dat mense toegelaat moet word om ʼn gedeelte van hul pensioengeld in ʼn krisistyd te gebruik
Mhlanga en Roodt het albei meer besonderhede oor dié voorgenome plan verwag, maar die proses is oënskynlik nog nie veel verder nie. Roodt waarsku indien mense toegang tot die geld kry, hulle dit dalk as ʼn “teiken” kan sien en geld kan begin onttrek.
Hierdie ontrekkings kan dan groot ontwrigting vir die spaar-ekonomie veroorsaak en Roodt sê dit is belangrik dat die minister die kwessie met omsigtigheid hanteer.
Wat die voorgenome nasionale gesondheidsversekering (NGV) betref, sê Roodt geld is inderwaarheid by die departement weggeneem omdat hy dit nie bestee nie.
“Die goeie ding van ʼn onbevoegde regering soos ons sʼn, is dat hulle ook nie ʼn slegte idee in werking kan stel nie.”
Die idee van privatisering is baie goed maar rooi ligte flikker as ‘n kommunisties/sosialistiese regime dit wil implementeer. Hul kan NIE uit die boks dink. Lang planne word gesmee hoe kaders se sakke gevul kan word. Voorbeeld is Pres se swaer wat moontlik 12 van 25 goedgekeurde kragprojekte kan inpalm.
So wees baie wakker!!!
Ander swaer is mos minister van Energie
@Baardman, goeie môre swaer….. kry jou feite reg want, Jeff Radebe is nie meer in kabinet sedert Patrice Motsepe se swaer as president vd land oorgeneem het nie.
Ons President se staatskaping in samewerking met Patrice Motsepe, gaan Zuma s’n na ‘n sondagskool piekniek laat lyk. Daar is net nie eerlike kaders nie. Zilch.
@Samuel ou vrint, hoekom so swart galling….. wees bietjie meer positief want, die enigste tyd wanneer die lewenslyn reguit is, is wanneer daar dood is en van waar ek staan, is daar nog pols, al is dit hoe vaag.
Van waneer af kan die gekrokte regering goeie planne hê. Vra maar net.
@Shakespeare, neem aan jy gaan jouself vlg keer tydens die verkiesing beskikbaar stel om daai wow factor te bring en die verskil wat jy wil sien, te bring. Sê maar net.
Ek haal aan :
“So gaan dit in die land ook. Daar is nie meer mense wat in die Here glo nie. ’n Mens kry ook nie meer eerlike mense nie. Om die waarheid te sê, hulle bedrieg en vermoor hulle eie mense soos niks. Hulle is goed geskool in die kuns om verkeerde dinge te doen. Die ministers en die regters verwag omkoopgeld vir gunsies. Hulle is kop in een mus met mense in belangrike posisies wat maar net kan sê wat hulle graag wil hê en dan gebeur dit so. “Die bestes onder hierdie klomp bedrieërs is erger as ’n gifplant of selfs ’n bos met gevaarlike dorings. ’n Mens kan hulle doodeenvoudig nie vertrou nie. Maar dít moet hulle weet, die dag wanneer die Here hulle gaan begin straf, is baie naby. Chaos gaan dan losbreek.”
Miga 7:2-4
Pasop om te veralgemeen!
Nie my woorde nie, Hennie. Ons Vader se Woord. Ek deel dit net. ;)
Hoe kry jy die SA ekonomie aan die gang? Eenvoudig man! Skrap affirmitive action en BEE. Hierdie ekonomie sal onmiddelik verbeter en investering sal onmiddelik gebeur. Binne drie jaar sal werkloosheid halveer word.
Kommin sense. Jy hoef nie ‘n ekonoom te wees om dit te weet nie. Tot ‘n blerrie bike mechanic kan dit uit ‘figure’.
Ja, al wat die regering eintlik hoef te doen is bloot om uit die ekonomnie se pad te kom, dan sal hy self groei. Die vraag met meeste probleme is nie wat gedoen moet word nie, maar wat NIE gedoen moet word nie.
Die laaste paragraaf van die artikel is heeltemal verkeerd. Hierdie regering het al BAIE slegte idees in werking gestel. Om die waarheid te sê, AL hul idees wat in werking gestel is, is slegte idees.
Ons moet koes vir die begroting van 2022 wanneer CR die tjor se remme gaan laat los om sy aanstelling vir nog ‘n termyn te verseker. Wilde drome en oplossings gaan dan ons asems wegslaan.
Min planne vir brose ekonomie en baie planne vir selfverryking.
Nie Verbaas, hoe verbaas is my verbaas nou vir jou verbasende opmerking.
“Min planne” is hopeloos te optimisties. “Geen planne” is nader aan die waarheid.
Parkeer mynbou en landbou eenkant. In welke ander produklyne is Suid-Afrika ekonomies wêreldkompeterend om buitelandse valuta op ‘n wins basis sonder staatsubsidie te verdien? Op welke produklyne is Suid-Afrika wêreldkompeterend? Toerisme? Blombedryf? Speelgoedbedryf? Medisynebedryf? Juweliersbedryf? Horlosievervaardiging? Parfuumbedryf? Fietsvervaardiging? Plastiekvervaardiging? Klerebedryf? Skoenbedryf? Motorfietsbedryf?
En welke steek werk doen die ontvangers van staatstoelaes? Welke werkstrots word by hulle ontwikkel?
Hulle beplan slegs om die bietjie wat nog oor is, n hulle sakke in te kanaliseer. Dis makliker m die bevolking te beheer as hulle heeltemal van die regering afhanklik is