Regering het nié Zwelithini se grond in die oog

Koning Goodwill Zwelithini deur Reinhardt Hartzenberg, Wikimedia Commons

Die regering het Vrydag gesê die verkeerde indruk is geskep rondom die beleid van onteiening sonder vergoeding as sou dit die grond van tradisionele leiers insluit.

Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede, het gesê die regering wil dit duidelik stel dat wanneer hy van onteiening praat, hy nie verwys na die 13% wat deur tradisionele leiers en swart mense besit word nie.

“Ons benadruk dat die eienaarskap van die 13% nie betwis word nie,” het Mkhize gesê.

Mkhize het gesê die regering neem kennis van die ernstige bekommernis van tradisionele leiers met betrekking tot die verslag “High Level Panel on the Assessment of Key Legislation and the Acceleration of Fundamental Change” wat deur ʼn span saamgestel is wat deur voormalige pres. Kgalema Motlanthe gelei is.

Mkhize meen die verslag is die paneel se siening en nié die van die regering nie.

Die Zoeloe-koning, Goodwill Zwelithini kaBhekuzulu, het Woensdag aan duisende ondersteuners gesê enige pogings om sy eienaarskap van landelike grond in die provinsie van hom af weg te neem, is ʼn uitlokking van die Zoeloe-nasie en ʼn verklaring van oorlog.

Die uitlatings is tydens ʼn grondverhoor in Ulundi in noordelike KwaZulu-Natal gemaak. Die koning het verder gesê sy onderdane moenie toelaat dat hulle verder uitgelok word oor die voorgestelde skrapping van die Wet op die Ingonyama-trust nie. Die Ingonyama-trust besit 29,67% van die grond in KwaZulu-Natal.

Zwelithini is die enigste trustee van dié grond wat volgens stamme verdeel word en onder die toesig van tradisionele leiers is.

Mkhize het gesê die regering wil graag tradisionele leiers se insae hê rakende die ontvouende debatte oor die kwessies rondom grondhervorming.

Die interministeriële komitee oor grondhervorming onder leiding van adjunkpres. David Mabuza se taakspan het Vrydag met die leiers van die nasionale huis vir tradisionele leiers (NHTL) en dié van die provinsiale huise in Pretoria vergader.

Die leiers het Vrydag volgens Mkhize gesê hulle waardeer die spoed en dringendheid waarmee die regering gereageer het op sommige van die bekommernisse rondom grondbesit en onteiening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

79 Kommentare

marco polo ·

Nou wie het dan die verslag aangevra, of het Mothlanthe dit sommer uit sy eie gedoen. Wat is die punt van n verslag as jy dit in elk geval van die tafel vee omdat dit nie by jou siening inpas nie. En praat Mkhize namens die regering of, is hy as Zulu net bang vir die koning. Het ons regtig gedink daar is enige ander grond as blankes s’n in die oog? Hulle gaan nie rus voor hulle alles het nie, maak nie saak of almal doodgaan van honger in die proses nie.

Oorlog ·

Omdat ons velle wit is, en blankes vir alles wat hulle besit, hard gewerk het se ons vir die huidige regering net soos die zulus, is die blankes ook deel van hierdie land. Meer nog want toe die engelse en die duitsers hierdie land wou vat, waar was die swartes? Ramaphosa en malemma is kop in mus en hulle moet baie bang wees. Hulle praat soos dwase want voor die einde van die jaar is malema terug by die anc en hulle dink om populere praatjies van grondonteiening te maak sal sorg dat die anc weer verkies word. Min weet hulle dat die gematigde swartes gatvol is vir hulle.

Basjan ·

Oorlog, jy raak die kern van die saak aan. Dit is presies waroor hierdie hele polemiek gaan, naamlik om stemme te werf vir die komende verkiesing.

Ivan ·

Hoekom kan daar nie aan Goodwill se ground geraak word nie…,masr to ons standbeelde is afgebreek.Geen respek daarvoor nie.Daar word net verwoesting gesaai en Dan verwag die regeering moet geld van die buiteland leen om weer op te you.Dit voel Dan nie te sleg nie want dit kom nie uit Suid Africa se geld kus nie.Ons Staats minister het belowend gelyk ,maar hy draai nou om en is versigtig vir die volgenede verkiesing..Stem D.A…….Vasbyt ,ware Suid Afrikaners.

jankoos ·

Dit is van DA stem dat ons is waar ons is VF+ is volgens my opinie al uitweg of ons nou n DA koalisieregering vorm of VF plus die tweede gaan beter vir ons wees.

Deen ·

Die ANC moet asseblief vergeet van om my eiendom te wil vat net vir hulle stemme, hulle moet heeltemal van daardie idee afstand doen.

Werner ·

Hulle soek net die boere se ontwikkelde plase met al hulle vee en trekkers dit is hoekom hulle art 25 moet verander om jou vee en implimente ook te vat vir die wat nie weet nie want soos die wet huidiglik is kon hulle alreeds lankal plase gevat het maar hulle soek nou die roerende bates ook

snoefie ·

hulle het geen swart mense se grond in die oog nie. die doel van onteiening is dan juis om blankes te straf vir apartheid en swartes te beloon en ou zwelithini weet dit

Bobby ·

Ja en enige grond wat van n boer gevat word is ook n verklaring van oorlog teen die boere??!! As die Zoeloe nasi en Koning 30% van die grond in kzn besit moet Hulle ook onteien word. Hierdie lyk vir my soos n aksie teen wit!

Werner ·

Presies, as die Zoeloe-koning n verklaring van oorlog kan uitreik as die ANC sy grond wil vat, hoekom kan Afrikaners nie dieselfe doen nie? Kyk, dit werk!

koos1 ·

Werner. Dit rede is eenvoudig. Die ANC het die Zulu stem nodig om aan bewind te bly. Hulle weet hulle het nie steun by die wit mense nie, so ons vat hulle grond want ons kan niks oorkom nie. Dit is rasisme op sy uiterste graad, en teen die land se grondwet, maar vir die ANC is dit ‘n kleinigheid. Ons boere word vas gevang on ‘n politieke spel waarin hulle nie mag deelneem nie. Dink bietjie aan die wêreld geskiedenis. Soortgelyke situasies het al in die verlede afgespeel, Duisland net voor 2de wêreld oorlog, Rusland heel onlangs nog, Italie en Katalonië, en so kan ons aangaan. Die einde het nog nooit reg uitgewerk vir die dader nie!

Andrea ·

Ekt nie vir n oomblik gedink dat hul beplan om eiendom (nie net grond nie) wat deur swart mense besit word, te onteien nie. Dis net gerig teen blanke besitters.

Die Stem ·

Die regering is eerstens lekker bang. Tweedens baie rassisties. Om te verseker dat een ras se grondbesit nie in gedrang sal kom nie…
Tel die standpunt ook as daar in die toekoms nodig gewag word om bv. n pad te bou? Dis werklik sleg om onder n n rassisties regering te wees as jy deel is van die mindenderheid waarteen gediskrimineer word.
Ek sou reken na 25 jaar, kan die regstellende rassisme afgestel word en gelykheid bevorder word. Ons is oppad na die 25 jaar merk en steeds besig om wete te maak om blankes spesifiek, te na te kom.
Los die veranderinge van die grondwet, koop van die plase wat adverteer word as te koop en moenie die pryse laai met omkoopgeld nie. Help dan die mense wat die grond kry om te weet wat om daarmee te maak en gee aan hulle eienaarskap.

leser ·

c r is bang om aan die grond van die zoeloes te vat, want hy weet ‘n groot oorlog staar hom in die gesig, “BANGBROEK”

Joshua ·

Wat die ANC regime nou se is n absolute bewys van hul rassisme.

Bob ·

My raad aan al die boere. ……. Maak skuld teen julle grond en neem nou verbande uit tot in die rooi. Bere die geld oorsee of op enige ander manier.. waneer hulle jou plaas vat moet hulle die uitstaande skuld ook oorneem. En jy stap weg met n …..grynslag!!!!!!!!!!!!

Elaine ·

Bob. Watter bank gaan ‘n boer nou ‘n lening gee? My hart is so seer vir die boere in die land.

Boerseun ·

Dink jy regtig die regering gaan titelaktes vat?? Dink mooi hulle het ondergrondse regte onteien sonder titel aktes. Dieselfde gaan gebeur met grond. Jy gaan titelhouer en skuldverantwoordelike bly. Hulle gaan grond beset en boer.

humor ·

Natuurlik hoef daar geen bekommernis vir enige swatrman te wees nie. Weet nie waarom het hy slapelose nagte nie. Nie net die bes ontwikkelste plase is die teiken nie, maar ook die mees onbewerkte, want dit sal bestempel word as ondoeltreffend en lui boere sn.

humor ·

Die raad sal nie werk nie, want as die besuit geneem is ,sal niemand belangstel in n verband op jou plaas nie.

Noellene ·

En dit het net betrekking op wit boere. Die wit boere wat kos en vleis voorsien. Die wit boer war daagliks uitgemoor word. Die wit boer wat tot op die einde teen engelse baklei het om die land te behou.

Piet ·

Jy’s verkeerd Humor, dis nie wat in Zimbabwe gebeur het nie. Die boere speel n baie groter rol in die ekonomie as wat algemeen besef word. Amper alle boere het oeslenings. As die grondgrypery in alle erns begin, gaan die banke ook sneuwel. Hoewel mens baie innoverend moet wees is Bob op die regte spoor. Gaan leer by die mense in Zim, dit was mos destyds die minister van grondgrypery se raad.

Hans ·

RSA is demokrasie en almal is gelyk voor die reg. Tradisionele leiers is nie verkose leiers nie en hoort nie tuis in demokrasie nie.Geen uitsonderings t o v etnisiteit behoort gemaak te word nie. Dink hierdie aangeleentheid moet howe verwys word.

Marius ·

Hi Hans en ander ons is nie n demokrasie nie. SA is n republiek, ons was nog nooit n demokrasie nie. Vergeet al die mense regte… Ons is die vyand en klaar. Al wat ons kan doen is saam staan en na ons mense kyk, ondersteun AfriForum en Solidariteit. Gaan land uit as jy kan… Volkstaat is nog die beste uitkoms.

Paul ·

Ek soek graag die onafhanklike grondoudit se syfers van alle grond in die land. Ek het ‘n idee dit moet nog uitgebring word. Hulle, die ANC en napraters bly hamer op 13% van grond wat in swart besit is. In wie se besit, in kategorieë ingedeel, ook die staat ingereken, is die ander 87%.

En dan sal ek ook graag wil weet waar die bevolking in die land sit, %-gewys, stedelik, landelik met nedersettings apart getoon en per provinsie. En die behoefte van sodanige voornemende grondbesitters? Dus, as hulle praat van grond, praat hulle van grond om op te bly, landelik, stedelik, of landbougrond om kommersieel op te boer?

leon ·

Paul, ek is bevrees die meerderheid wil/sal/kan nie na rasionele argumente luister nie. Die oorgrootte meerderheid fokus slegs op enigiets van waarde wat onregmatig gevat kan word. Dan ook die lekkerkry om wittes te straf vir die verlede.

Dit gaan op die einde ‘n bakleiery afgee. Maak gereed!

Casper Labuschagne ·

Eers het Ramaphosa ‘n syfer gebruik van 72% van kommersiële plase in wit besit en later word daardie syfer sommer opgeskuif na oor die 87% en geen haan kraai daaroor nie. Maar al die stamgrond van die ou tuislande is uitgesluit in daardie berekening asook al die grond in staatsbesit asook alle stedelike gebiede. Neem dit alles in ag en die totale hoeveelheid grond in wit besit is dalk slegs ‘n derde van alle grond. Neem nou in gedagte dat die landboupotensiaal van grond in die droë weste ‘n sestiende is van dieselfde grond in die ooste waar meeste grond reeds swart trustgebiede is. As landboupotensiaal die maatstaf is, sal wit boere dalk ‘n syfer van tussen 10% en 20% van die totale landboupotensiaal besit.

DirkJ ·

Daardie verslag kan jy by Afriforum aanvra…..dit bestaan al.

Gemaskerde Sopbeen ·

Dit bly eenvoudig tragies en hartseer dat ‘n volk wat nog altyd daarop geroem het dat hulle onoorwinlik deur hulle omstandighede bo dit uitgestyg het met uitmuntendheid…..wat in opstand gekom het teen Engelse oorheersing, wat baklei het vir hulle taal, wat teen alle verwagtinge in, net met hulle God die binneland van Afrika in is….veldslag na veldslag oorwin en oral waar hulle gekom het ontwikkeling laat plaasvind…..aan die einde van die dag ALLES net so weggegee het, en hulleself in vergetelheid in onderhandel het. Hier het eenvoudig niks oorgebly nie….en nou moet ek ook my wortels uittrek en verskuif….teen my sin, maar nie my beterwete nie.

Petro ·

Ek wonder nou net wie die meneeer is dat daar nie aan sy grond gevat mag word kyk hoe lyk hulle grond in vergelyking die boere se grond die boere werk blerrie om die land van kos te voorsien wat doen die Zulu koning se mense vir die land

Rynhardt ·

Ramaphosa-regering wil nie Koning van Zoeloes se grond he nie,hy wil alles he!!Anc sit reeds met 4000plase waarvoor belastingbetalers reeds betaal plus hul wil nog meer he!Blanke boere mag geen bestaabsreg he in hul boek nie.Plase moet gaan aan Anc kamerade en Chinese!Gister op SABC 3 het Ramaphosa aan beleggers gese hul het meer as n $100miljoen se beleggings nodig vir SA!Beleggers skop vas en wil meer duidelikheid he in detail oor grondonteiening terwyl Anc nie geloofwaardig sy standpunt kan verdedig nie.

Casper Labuschagne ·

Dit is hoe die regering onteiening aan die Zulus moet verkoop: In effek is onteiening ‘n manier vir die meerderheid om hulself oombliklik te verryk ten koste van ‘n minderheid. (Dat so iets ooit as wet moet bestaan is verregaande, maar dit is ‘n hoofstuk vir later.) Eers word die wittes onteien. Dan, soos Malema opgemerk het, het die Indiërs en Bruinmense ook minder swaargekry as swartmense daarom word hulle daarna ook onteien. Maar daar is ‘n swart stam wat alle ander stamme op neerkyk die Shangaans, dus tref onteiening hulle ook. Maar die land van die Suid Sotho is Lesotho en die van die Tswana is Botswana so onteien hulle dat hulle kan terugkeer na waar daardie vreemdelinge dan regtig hoort. Daarna kom die Pondos aan die beurt wat in die Suide van die Zulu provinsie bly. En terwyl daar so ver gevorder is, onteien die Pedis, Xhosas en Vendas ook, want hulle is ook net minderhede. En so behoort die hele land dan aan die Zoeloe nasie.

Vergesog? Maar dit is presies wat in Afrika gebeur wanneer sulke wette al gemaak is.

Willem ·

Die kapasiteit in die openbare sektor is nou al oorvol, alle departemente bars uit hul nate en is daar nie meer plek vir ‘n muis nie, ook by plaaslike owerhede. Kyk hoe groot is die Kabinet. Terselfdertyd het die ANC regering die private sektor met SEB en regstellende aksie/kwotas geteiken, ook dáár is dit al vir ‘n geruime tyd stampvol. Die regering sit nou jaarliks hande in die hare met skoliere en studente wat nie werk kry nie, dit raak net meer en die probleem al groter. Die ekonomie groei nie, maar die aanwas in die land en verwagtinge van diegene wat baie miljoene mense beloop, werkloos en meestal ongeskoold is, het nou kookpunt bereik. Al sektor wat oorbly om te teiken is dus landbou en grond in die algemeen.

Chris ·

Ja die oomblik toe die koning sy stem dik maak skrik die anc hulle melk weg en paai hom . Sekerlik bang hulle gaan stemme verloor in volgende jaar se verkiesing. Ons blankes kan in elkgeval nie stem dik maak nie want ons is klaar ontwapen en daar is klaar besluit op ons eiendom . Ons sal maar wag en sien wat gaan hulle probeer ontein en wat sal hulle op die ou einde kry

Alida ·

Het daai ou koning en sy trawante gewerk vir die grond of dit net as hul eie toegeein.

Vermeendes ·

Kom ons breek dit gou op en kyk hoe dit die stexeling sal raak.
Ons het reeds elke jaar n fiskale tekort in die staatskas en moet jaarliks geld leen om die begroting te laat klop. SA is eintlik bakrot en kan sy skuld nie meer bekostig nie.
1) ons banke sal nie die uitstaande balanse op plase kan apsorbeer nie.
2)a: Niemand sal produksie lenings gee aan boere nie, so hier kom n verlies in saad aankope, kunsmis, olie, diesel en Eskom krag.
b: op al hierdie produkte wprd VAT gehef en PAYE wat die staat se inkomste verder gaan raak.
c: werloosheid gaan die hoogte inskiet en die staat sal dan moet kos gee aan die massas.
Ons ekonomie sal letterlik inplof en n honger mens moor vir kos.

Wonder ·

Soos ek verstaan…. wil die staat alles he, met ander woorde die hele land se ALLES moet aan die staat behoort. As jy eiendom het soos bv n plaas en jyt lenings aangegaan en verbande op die plaas geneem, en die staat vat hom is jy steeds verantwoordlik vir die skuld se terug betalings. Jy mag steeds op die eiendom woon of besigheid doen teen “huur” elke maand wat jy dan aan die staat moet betaal asook die skuld wat aangegaan is wat terug betaal moet word, dalk het ek verkeerd verstaan? Kan iemand my reg help as ek dalk het?

Penellope Jones ·

Maar wel die oog op ontwikkelde plase met geen” koning”, maar ‘n hardwerkende, werkverskaffende boer.

Ralph ·

Die Zoeloe koning ze hy verklaar oorlog as hulle sy grond vat maar ek verklaar ook oorlog as hulle aan my grond vat!daar sal darem seker n paar duisend boere wees wat nie te slapgat sal wees nie en saam met my sal staan

Tinus ·

Ek voorsien dat dit op dieselfde wyse as in Rhodesië sal afspeel. Die plase was nie almal gelyk gevat nie, maar een vir een. Elke boer was maar net bly as dit nie die dag sy plaas was nie.

Johanna Botha ·

Die koning is sosialities maar te bly vir sy geldtjie wat deur kapitalisme gemmak word …..

Eddie ·

Dit is nie nodig om die grond van die Zoeloekoning af weg te neem nie ! Hy moet dit net regverdig en op ‘n geordende manier onder sy mense met vol titel verdeel en dit moet so met hom onderhandel word ! Die Koniging van Engeland het nie al die grond daar in Trust nie !

Frikkie Geld en huis ·

Die grond waarop die tiervel-koning aanspraak maak, behoort in elk geval aan die staat. Hoekom sal die staat dan nou die staat se grond wil onteien ?? Kommunisme beteken dat alles in die land aan die staat moet behoort, nie net grond nie. Hulle beoog selfs ‘n staatsbank, wat beteken dat dit ten goede vir hulle sal meewerk as alle ander banke met grondonteiening ten gronde gaan. Wat by die staat se bank gedeponeer gaan word, bly ‘n ope vraag, want hier sal niks oor wees nie.

leser ·

boland & ralph, eks ‘n stedeling en ek praat en staan saam met julle

Klein Boer ·

Bob ek wens n bank wil my n lening gee, geen bank sal jou nou n lening gee nie. Ons boere boer nie nou lekker nie, die swaard oor ons kop is elke dag daar. Moet ek nog 100% gee of moet ons wag en kyk wat gaan gebeur. Ek wonder net of die swart boere wat gaan oorvat ook gaan grond belasting, elektrisiteit, btw, arbeid, vebeterings, etc… gaan betaal?. ek glo nie, so nog minder inkomste vir die staat.

Pieter ·

Laat hulle vat wat hulle wil.Hulle gaan mekaar vernietig,dan kan ons ou nasie ma wee alles optel en herstel.

Manie ·

Die boere is nie magteloos maar te geld behep. Hulle het al die mag van kos in die land in hulle hande en hulle kan maak dat almal na jou luister. n honger mens luister om sy voortbestaan te verseker. Maak n plan en vergeet van julle hebsug met geld en wys die land wat gaan gebeur as daar nie produkte op die tafel is. Die alternatief is sê solank totsiens vir jou plaas want jy sien die ANC gaan nie aan swart grond vat wat verniet gekry is en deur klein diktators beheer word. Hulle soek grond wat gekoop is teen duurste

Natan ·

Dit gaan my oortuigings te bowe dat ons alles gelate van hierdie misdadigers , by name ANC en EFF, gelate moet aanvaar. Met Jacques Pauw se berigte oor beide partye en hul leiers is dit duidelik dat hul befondsing op misdadige wyse geskied. Dus hul uitgangspunt is ook so. Het hulle reg on die land te dien? Verder merk ek op dat MM baie sensitief is tov kommentaar rakende Julius Malema.

humor ·

Wie praat van oorlog. Wat maak jy as jy die oggend ontwaak en daar kom 5- 6 kaspers wat jou werf stof trap. Omsingel jou en se meneer ons het jou lank genog kans gegee, klim op!! Nou is dit jou kind of vrou of jy waai.

Tinus ·

Alle boere behoort nou, as ‘n gebaar van welwillendheid, die helfte van hul plase vir die regering te gee. Alle huiseienaars wn ontwikkelaars wat grond, erwe en tweede huise het, behoort dit nou as ‘n gebaar van versoenenende welwillindheid aan die regering te gee sodat dit onder die armes verdeel kan word.
Die gebaar moet uit jul eie kom, sonder dat dit afgedwing moet word.
Verder moet werksgeleenthede deur besigheidsheids eienaars geskep word vir die jeug.

Elize ·

Tinus. Waar val jy nou uit!! Ek weet nie of dit jou idee van n grap is nie, maar indien jy ernstig is, kom stel jy nou die voorbeeld vir ons. Put your money where your mouth is.

Zumie ·

En nadat jy die helfte gegee het VAT hulle die res want hulle sien jy is ‘n swakkeling …… ek weet nie hoe lank jy in Afrika bly nie maar jy het nog nie geleer nie…

Ander Koos ·

Hierdie stelling van anc regeringsleiers is tog sekerlik blatante rassisme en dan wil hulle wet daarteen maak. Hoe geveins ?!

David ·

Die regering het net die Zoeloe stem, vir die 2019 verkiesing, in die oog…

Neelsie ·

Ons president het ook plase. Gaan hy dit onteien? Kom pres, stel die voorbeeld.

Mark ·

My maat, dalk maak dit die afrikaner WAKKER, want sover doen NIKS.

Nikita ·

So? Dan moet ons ook seker dreig met n oorlog soos die Zoeloe koning. Malema het aan die banke gese hulle betaal nie verbandlenings wat gevat is na Des 2017, daarom gee banke nie meer n verband aan eienaars nie. Malema het ook gese banke is korrup….weet hy dan nie waar kom al die geld vandaan nie, wil jy nou meer. Hulle beplan seker om een vir een plaas te vat, net soos hulle 1 vir 1 boer vermoor. Seker bang die paddas spring uit. Besef hulle nie ons het die beste boere ter wereld nie. Hoe kan hulle nou net n witmens se grond wil vat, of gaan hulle nou die wet rasisties verander en n klousule in Artikel 25 insit dat grond wat aan swartmense behoort glad nie onteien mag word nie. Dit sal die ergste graad van rasisme wees. Hulle is nou regtig uit op die oorlogspad!

CHRISTA ·

As ek ‘n boer is sal ek ALS op my plaas afbrand, alle implemente verkoop en ELKE boorgat opblaas. Hulle sal daardie plaas met NIKS op kry, soos wat ons boere dit gekry het!! DAN sal hulle sien wat se harde werk en opoffering dit verg om so ‘n plaas op te bou totdat dit winsgewend is (AS hulle dit WEL winnsgewend kan maak)!!!

WAT maak die Zoeloekoning met die miljoene hektaar grond wat in sy trust is? Hy word dan nog maandeliks miljoene uit ons belastinggeld betaal?

Vaandrig ·

Gee dan vir die Afrikaner ook sy eie tuisland – hy was hier 162 jaar voor die Zoeloe.

Sputnik ·

Nikita, wat laat jou dink ons het die beste boere ter wêreld? Hoe is dit gemeet?
Christa, ek ken ‘n hele paar boere wat alles verloor het in Zimbabwe en wat ook altyd gesê het hulle sal alles vernietig. Weet jy wat, geeneen van hulle het iets wat die moeite werd was vernietig nie want hulle is met tronkstraf gedreig sou hulle iets saboteer. Tragies, maar waar.

Nikita ·

Sputnik ek het al baie gelees daaroor dat Suid Afrikaanse boere word beskou as van die beste landbouers ter wereld. Baie van hulle produkte word tog uigevoer. Australia en Kanada het ook al belangstelling getoon in ons boere. Al kan n mens seker nie als glo wat n mens lees nie, glo ek dit in my hart.

Johann Holtzhausen ·

Weet dit : Tradisionele leiers is op die anc se “pay roll”. Hulle en hulle volgelinge skuld dus die anc lojaliteit. Alles gaan nou oor stemwerwing.

Hertzog ·

News flash hulle gaan nogsteeds sy grond vat ? dis communism .

Kommunisme ·

Dit gaan oor om beheer te kry en oor alles te Rule – Wit en Swart, want soos ek dit het, besit die swartes alreeds meer grond as wit mense (swart is dan meerderheid), so hulle stellings is eintlik gefokus op swart mense, Zulu kan sy grond hou, maar as die Wet verander dan val dit mos onder nuwe wetgewing. Alle rasse moet wakker word..hierdie besluite is nie gebasseer op christelike beginsels nie, maar kommunisme..niemand het vir my grond verniet gegee nie ek het daarvoor gewerk en betaal..gaan ek dit nou weer terug “Lease” by die regering, soos talle ander mense, wat eintlik ons pensioen is, dit beteken dan die regering soek eintlik die geld vir die “Lease van grond” , want hoekom besluit regering skielik hulle soek nie Zulu’s se grond nie..wie se deel van daardie grond was deel van swart gesin wat bv nou in Mamelodi woon, wat sy deel daar terug soek…oe sorry regering het klaar vir hulle besluit…

jaen van zyl ·

Ek is n bruin leser,ek wil net weet,hier is so baie grond in wit mense se besit self berge,hoekom is dit so moeilik om van die grond te deel.party mense het verskriklik baie grond en party het niks,is dit reg. vra maar net

Kleios ·

Hulle pomp eerder duisende liters melk in die grond weg as hulle nie die regte prys kry daarvoor nie eerder as om dit vir die armes te gee. Waar gaan hulle enigiets deel.

marco polo ·

As jy hard werk om grond te koop en nog harder werk om n verband terug te betaal, sal jy dit wil deel met iemand wat geen bydrae lewer nie? Ras het niks daarmee te doen nie.

Nikita ·

Jaen van Zyl, ek gun retig elke siel in ons land n stukkie grond. Selfs die president het dan te veel, hoe nou? SA is groot, daar is tog sekerlik vir elkeen n stukkie grond. Hoekom deel die regering nie van die 4000 plase in staatsbesit uit en die ander staatsgronde wat ongebruik rondle uit nie waaroor ons nou al hoeveel keer gepraat het van. Hoekom moet ons wonder of hulle nou aan mense se grond wil vat wat hard gewerk het en dit op n eerlike manier gekoop het. Dis mos nie reg nie. Nee wat fout is, is die regerende party is korrup, nou is daar n hoe werkloosheid onder die armes wat dit vir hulle moeilik maak om grond te koop. Plaas die regering fokus om werksgeleenthede te bevorder. Hoe gaan die armes in elk geval belasting en uitgawes op die grond kan betaal as hulle dit verniet kry maar nie eintlik kan bekostig nie. Dit maak nie sin nie. Die regerende party moet ophou korrup wees, werksgeleenthede skep en van daar af sal dinge beter gaan. Almal moet werk vir wat hulle wil he….dis mos nou logies.

Rynhardt ·

Jaen van Zyl my vraag aan jou is:As jy baie hard gewerk het om twee wonings te laat bou,moet jy sommer nou een gratis weggee,want die Anc het nie sy beloftes nagekom aan sy ondersteuners nie??Die probleem is dat die Anc n kultuur van bakhand geskep het vir 24 jaar!Jy moet werk vir wat jy het,niks het vir die witte uit die lug geval nie.Ons mense word wreed onderdruk en uitgemoor,en nou moet hul gratis nog hul eiendom ook nog uitdeel.Gaan jy jou eiendom gratis gee vir n Anc-ondersteuner om Ramaphosa gelukkig te hou??????

Emma ·

Mense moet ophou om staat te maak op ander. Ek besit nie grond nie, maar die regering moet ophou om mense net in te stop en liewer dat ons S.A begin om te werk vir wat hul wil he. Die maandelikse geld wat baie so ontvang is net om mense lui te maak en daarom verwag hul vir nog en nog… wanneer gaan die regering dit besef,seker nooit of wil nie. Hul moet besef apartheid is verby maar bly om blankes te blameer vir alles .

Yolani ·

Dit bly interessant wanneer mense dink grond beteken plase. Grond beteken jou huis in Sandton, Putsonderwater…

Sê almal in die land besit grond, maar dit is 1 vierkante meter per persoon, wat kan jy daarop doen?

Grond gaan geen verskil maak. Die wat kry wil meer hê. Jy het grond, nou soek jy ‘n huis, en ‘n trekker, stroper, planter, ploeg,’n wa, saad, kunsmis…

Of jy soek nou ook ‘n swembad en ‘n dubbelverdieping huis.

Maar ons sal sien wat gebeur, die mense wag nog vir hulle stowe en yskaste wat in 1994 belowe is.

Ray ·

O grote Koning

Hulle het daai belofte in die vroee 90’s ook gemaak.

maar nou ja, seker leer mense nie uit die geskiedenis nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.