Regering het plan as jy grond wil skenk

Minister Thoko Didiza. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die regering gaan binnekort ‘n wetsraamwerk aankondig waarbinne Suid-Afrikaners wat die vermoë en die behoefte het, grond kan skenk vir grondhervorming.

Dié aankondiging is Woensdag gedoen deur die minister van landbou, landelike ontwikkeling en grondhervorming, Thoko Didiza, tydens ‘n voorlegging aan die parlementêre ad hoc-komitee oor die wysiging van art. 25 van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding te vergemaklik.

Didiza het nie verdere besonderhede oor sulke grondskenkings bekend gemaak nie, maar het wel, soos amptenare van haar departement in ‘n latere tegniese voorlegging, gevra dat die howe nie te vroeg in die proses van grondonteiening betrek word nie.

Hoewel nie die minister of haar departement alte duidelik oor die kwessie was nie, blyk dit moontlik te verwys na die voorstel dat alle gevalle van nul-vergoeding by onteiening outomaties na die hof verwys word – wat in praktyk sal beteken die onteiende sal moontlik nie regskoste hoef te betaal nie.

Voorts het Didiza ‘n oorsig gegee van wat haar departement beskou as die grootste wetsuitdagings met grondhervormings die afgelope 27 jaar.

Sy het in herinnering geroep dat die Heropbou- en Ontwikkelingsplan (HOP) voorsien het dat 30 miljoen hektaar teen 1999 oorgedra sou word na individue wat in die vorige bedeling nie grond kon besit nie.

Dat daar nie voltyds regters in die Grondeisehof is nie, dat mense toe nou eers van 1995 tot 1998 kon grondeise indien, dat navorsing oor grondeise lank neem en dat ‘n praktyk van gewillige koper en gewillige verkoper gevestig geraak, het, was volgens Didiza groot uitdagings, asook die rekord van eienaarskap oor die grond, en wat presies regverdige en regverdigbare vergoeding vir eiendom behels, wat tot vele hofsake gelei het.

Sy het nie na wanbestuur, onbeholpenheid of korrupsie verwys nie.

Didiza het wel na swak koördinering deur die staat verwys, en dit daarvoor geblameer dat soveel begunstigdes geldelike uitbetalings bo grond verkies het.

Sy het die ad hoc-komitee versoek om groter duidelikheid te verskaf oor hoe nul-vergoeding bepaal sal word, oor die rol van howe en oor faktore wat by vergoeding vir onteiening in ag geneem moet word.

Oor die EFF-hoofsweep, Floyd Shivambu, se voorkeur dat die staat alle grond moet besit het die minister eerder ‘n reeks verskillende maniere van grondbesit voorgestel.

Die ad hoc-komitee sal volgende week voorleggings van die departement van openbare werke aanhoor.

Intussen het die parlement se regsadviseurs nege punte uitgelig waaroor die ad hoc-komitee besluite sal moet neem:
* Word nul-vergoeding reeds in die Grondwet vervat?
* Is die komitee besig om sy mandaat, om dit wat implisiet in die Grondwet is, eksplisiet te maak, te oorskry?
* Is die voorgestelde veranderings aan die Grondwet ongrondwetlik? Dus: bots dit met ander dele van die Grondwet?
* Moet daar na “sonder vergoeding” verwys word eerder as na “nul-vergoeding”?
* Moet onderskeid getref word tussen grond en die verberings daarop?
* Wat moet die rol van die howe wees?
* In watter mate moet die Grondwet hom oor omstandighede van onteiening uitlaat?
* Wat is die uitwerking van en op internasionale reg? en
* Watter botsings kom voor met die Onteieningswetsontwerp?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Bella ·

Ag asseblief. Hulle weet nie eers hoeveel grond die staat besit nie, wat nog vd suksesvolle SWART boere op staatsgrond wat afgesit word van die grond omdat die staat dit vir maatjies gee. Hulle is gevaarlik nutteloos, en hulle weet dit nie. Dis al lankal tyd vir n ander regering, wat al die inwoners van Suid Afrika eerste stel.

Sarel ·

Hulle kan huidiglik nie eers Stsstgrond bestuur sonder Korupsie en Politieke Boeties nie? Kzn mens dit glo dn Kortupsie gasn voort.

marius ·

Ek besit geen grond nie . Soek ook asseblief ‘ n wilds plasie van so tien duisend hektaar . Met ‘ n Ferrari om te ploeg ook ..

JohanR ·

marius sal seker nie lank wees nie dan vra hulle jy moet jou huis skenk! Daar kom ‘n verkiesing. Stem reg!

Snowball ·

Volgende is seker : “Regering het plan as jy eiendom/roerende bates/besighede wil skenk.”
Regering het al van lankal af baie bose planne met ander mense se goedjies… hulle noem dit net ander name as Sosialisme, Diefstal en Onteiening.

Fedup ·

I don’t know what tokolos is on.
No one in his/her right mind will ever donate anything to this circus.

Nuff ·

Het iemand nie n paar duisend hektaar dryfsand om te skenk nie ..?

Misky ·

Sy het erken die mense soek geld en nie grond nie. Werklik n handjie vol van hulle wat regtig eintlik wil boer

Anoniem ·

Baie waar Misky, ek weet van etlike soortgelyke gevalle. Die boer verkoop sy plaas as ‘n swart bemagtigingsplaas, die fondse vir ontwikkeling en bedryf word geplunder, nuwe 4×4 voertuie word gekoop, huise word op gekoop en oepsie, die geld is op en die plaas gaan tot niet. Oor 4 jaar koop die boer dieselfde plaas weer terug, maar moet feitlik van vooraf begin omrede niks in standgehou is nie.

Yvonne ·

Waar in jou lewe minister gaan jy iemand kry wat graag aan die mees oneerlikste spul mense grond wil skenk….droom maar voort….hoe dink die mense hulle kon nie eers die geld wat vir Covid geskenk is bestuur nie…lagwekkend

JohanR ·

Nee wat die brein werk nie lekker nie. As ek ‘n lappie grond daar by Betty’s Baai, Hermanus, Gansbaai lank gelede gekoop het, afbetaal het en sal begin bou net voor ek aftree dan moet ek nou vrywillig die lappie grond aan die regering skenk as my hart reg is? En dan sal ‘n minister nou daai mooi lappie grond kry vir niks, en met belastingbetalers se geld nou hy of sy se vakansie huis daar bou? Ek wil nie hier lelik praat nie maar sal maar se #VoersakANC, en #VoertsakMinister!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.