Regering het tot dán om op Fita se appèlaansoek te antwoord

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die appèlhof het Dinsdag die regering gelas om sy reaksie op die Fair-Trade Independent Tobacco Association (Fita) se aansoek om verlof tot appèl voor die naweek in te dien.

Die hof het die regering tot Vrydag om 15:00 kans gegee om sy hofstukke in te dien.

Dít nadat Fita reeds Vrydag sy aansoek by die appèlhof ingedien het om direk in dié hof te appelleer teen ʼn besluit van die hooggeregshof om nie die verbod op tabakprodukte ter syde te stel nie.

Fita het dan tot 11 Augustus om sy antwoord op die regering se voorlegging in te dien.

Die appèlhof sal na verwagting betreklik vinnig besluit of hy Fita se aansoek om verlof tot appèl gaan toestaan. Sou die aansoek wel toegestaan word, sal die saak egter waarskynlik eers in November aangehoor word.

Maroela Media het vroeër berig Fita het die hooggeregshof aanvanklik toestemming tot verlof tot appèl gegee. Die aansoek is verlede maand aangehoor, maar die hof het beslis Fita het geen dwingende redes verskaf oor ​​waarom sy aansoek toegestaan moet word nie.

Sinenhlanhla Mnguni, voorsitter van Fita, voer in die hofstukke aan die saak is van wesenlike openbare belang en die versoek om appèl berus op verskeie regsgronde. Dit raak ook die omvang van Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, se magte om ingevolge die Rampbestuurswet beperkings op die publiek te plaas.

Dlamini-Zuma hou steeds vol dat navorsing bewys rokers word erger deur Covid-19 geraak. Sy sê sy tree op om te verhoed dat dié groep die gesondheidstelsel oorweldig indien hulle sou siek word. Die minister glo vas die verbod dwing rokers om op te hou rook.

Fita voer egter aan dat bitter min rokers sedert die instelling van die verbod ophou rook het en dat die minister se redenasie dus foutief is. Fita voer voorts aan, net soos British American Tobacco SA in sy hofsaak, dat die verbod die onwettige handel van sigarette bevorder en boonop die Suid-Afrikaanse regering van miljoene rande belastinggeld ontneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Marius ·

Ja en intussen kripeer die mense omdat hulle nie kan werk nie , hoekom sal dit die “fat cats” ontstel ?
Hulle sit mos in die stoel en maak die reels .

Pompies55 ·

Vergeet maar,die howe is klaar gekoop deur die regering Fita sal nike regkry nie

JohanR ·

As daar ooit ‘n ander regering tot stand kom in Suid Afrika, is hierdie een die eerste wat moet gahaal word. Hulle kan haar vir ‘n week voor die tronk laat staan in boeie, en ‘n vooraad vrot vrugte en groente daar naby laat staan. Miskien ‘n paar potte riool ook.

Ou gees ·

Selfde. Ek weet van twee wat nie die buitensporige kostes kan haal nie. Maar sodra hulle kan, koop hulle weer. Die res waarvan ek weet, rook nog heeltyd. Gelukkig het ek sap tot September, dan gaan ek ook maar moet krimineel word.

Johanncb ·

Die Regering kan werklik die Inperking ophef na Vlak 2! Die mens en die ekonomie is besig om baie vinnig te sterf! Dit kan nie langer so voortgaan nie! Covid-19 gaan nie vinnig verdwyn nie, maar die ekonomie is feitlik weg!

Johan ·

Hulle sal elke trick in boek try om nie die verbod op te hef nie

Anel ·

Dit gaan nou om mense se werk te beskerm. As daar nie tabak of drank verkoop kan word nie, wst is die doel om te produseer. Wat hulle nie besef nie is dat dit kettingreaksie veroorsaak. Dis nie net die bier wst swaar kry nie. Almal wst in die bedryf is gaan nie werk hê nie. Nog wat toelaes gaan moet kry. Op die ou end van die dag gaan almal toelaes moet kry , maar waar gaan die geld vandaan kom?

Persheks Adri ·

Regtig November eers? Nee wat hierdie kopdoek maak te veel geld op swart mark en word steeds nie vervolg nie! Jy koer my meter hoor!!! Daar’s GEEN bewyse dat ons Covid op doen deur te rook nie kry dit in julle koppe!

Hans ·

Dis my alie se deksel…. Dink tannie kopdoek dan nou die verbod gaan enigsins n verskil maak aan die longe van mense wat vir jare der jare al rook. Wat n klomp nonsens, die ou rokers gaan in elk geval siek word as hul vovid kry …. wanneer mense hul slim voordoen kom die krake mooi deur

Boortor ·

Maar die saak word eers November aangehoor. Wat op aarde help dit? By daardie tyd bestaan die land nie meer nie! Alles n absolute mors van tyd.

Janc ·

Haal ons uit lockdown uit! So maklik soos dit. Soveel geld word bestee aan regskostes. Duidelik het die ANC oor genoeg geld want regskostes en belasting gelde wat verlore is gedurende lockdown en by die dag meer en meer word…… Dan kan hulle mos nou nie kla nie.

Persheks Adri ·

Ons moet gaan plunder soos our people en maak soos taxi organisasies! Hulle toets ons geduld en myne is op verby met die crap regering! Gooi miljarde rande weg en is so bekommerd oor werkloosheid, maar kom ons bedank die ANC!!!

Lourens CFG ·

Nee wat, FITA en kie aanvaar alles maar té gedwee, laat my dink dat hulle saam met die howe lekker warm onder kopdoek se doek is.

Ronel ·

Dit lyk eerder vir my of FITA voordeel strek uit die swart mark en geniet die winsmakery wat hul uit ons ontvang deur om aan te hou om sigarette op die swart mark aan te koop. Dis nou alles n gemors van tyd en geld wat ons nie meer het nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.