Regering “ignoreer” xenofobie, sê ADF

Plundery in Soweto Foto: @SAcrimefighters op Twitter.

Plundery in Soweto Foto: @SAcrimefighters op Twitter.

Die Afrika Diasporaforum (ADF) het in ʼn ope brief aan pres. Jacob Zuma gesê die regering bly ontken dat daar xenofobie in Suid-Afrika bestaan.

“Ondanks die toename in geweld oor die afgelope ses jaar wat tot talle sterftes gelei het, ontken die regering steeds dat daar xenofobie is,” het Marc Gbaffou, voorsitter van die ADF, in die brief gesê. “Die regering bevraagteken steeds die aard van die geweld en skryf dit toe aan ‘misdaad’, sonder om dit te herken vir wat dit eintlik is – xenofobiese geweld.”

Volgens Gbaffou wil dit voorkom of die regering deur hul optrede die geweld goedkeur en toelaat dat dit sake selfs nog meer bemoeilik vir uitlanders om in Suid-Afrika te leef en selfs Suid-Afrikaners wat maatskaplike vrede en integrasie nastreef.

Die brief, gedateer 24 Januarie, is ook aan Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, en Nkosinathi Nhleko, minister van die polisie, gerig.

Daar was die afgelope week onrus en plundery van uitlanders se winkels in Soweto nadat ʼn Somaliër Maandag glo ʼn 14-jarige seun doodgeskiet het toe hy en sy vriende by die man se winkel wou inbreek. Die plundery het ook na Diepsloot en Kagiso uitgebrei. Minstens vier persone, insluitend ‘n baba, is dood en meer as 170 persone is die afgelope week in hegtenis geneem in verband met die plundery en geweld.

Die ADF hou Sondag ʼn optog vir maatskaplike kohesie in Yeoville, Johannesburg.

Lees alle vorige berigte oor Soweto op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Asjas ·

Julle poep teen donderweer!! Jammer maar dis die beste waarmee ek kan opkom nadat ek die artikel gelees het.
Die regering sweer hoog en laag dat misdaad in die land afneem – ha ha.
Die regering weier om die probleem van plaasmoorde aan te spreek of eers te erken dan daar ‘n probleem is – xenofobie teenoor nie-blankes??
Die hoeveelheid uitlanders in die land IS ‘n probleem – oop grense kan nie werk nie.
Nou gaan daar ‘n optog in Yeoville wees – nou sprei die geweld want die mense wat deelneem aan die optog KAN NIE vreedsaam deur ‘n area beweeg sonder om te plunder nie – weereens ha ha.
Weet nie eers hoekom mors ons nog ons asems nie. Die regerings hoor nie, wil nie luister nie en stel nie belang nie!! En wat kan ons doen? Ons hande is afgekap totdat ons saam stem en weer ‘n meerderheid stem uitbring vir ‘n party wat die probleme gaan aanspreek …

JZ ·

Presies soos jy skryf , die Anc regering is onbevoeg om misdaad te beveg,plaasmoorde en nou xenofobiese geweld word as misdaad af gemaak ,en stilswye goed gekeur.Laat n wit mens of n buitelandse besigheidman sy eiendom beskerem en n swarte beseer of dood is,is almal tot in die hoogste regeringkringe op hul agter voete en veroordeel maar, anders om word dit goed gepraat .

Johanna ·

Vreemdelinge het duidelik meer regte en mag as mense wat hierdie land help bou het; selfs die onwettige vreemdelinge wat nie ‘n bankrekening kan open nie, kry werk en word kontant betaal. Dan so elke paar maande word daardie kontant oor die grens geneem. Kom kyk maar hoe koop vreemdeling duur huise en ry in blink karre.

petra van vuuren ·

wat soek die mense in elk gevan in sa? bloed gaan vloei, ma nie sommer ons sn nie.

Mama sponge ·

ja dus die oop grense, die land is vol….die immigrante dusrespekteer ons as binnelanders, ons beoefen verskillende gedragtes as gemeenskap in lokasies. Hulle roep on stupids, hulle gebruik on kinders van elfjarige vir verskillende dinge…..

Dus regtig waar vol – dus nie dat ons wil snaaks wees nie, maar SA is nie meer ‘n land van trots nie, dit voel asof on aangeval word met tik, en drugs.

Mama sponge ·

Op Kaapstad stasie staan hulle sommer rond – maar ons SA-Polisies sien niks, hulle staan sommer langs hul Polisie kantoor op die Dek.

Dus net nie waar wat ons deesdae sien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.