Regering ‘kan en wil’ beurtkrag beëindig

Suid-Afrikaners sit in die donker, maar pres. Cyril Ramphosa sê die regering kan en gaan meer doen om die kragkrisis op te los. (Foto: Maroela Media)

Die afgelope twee weke, terwyl Suid-Afrikaners opnuut aan hoë fases van beurtkrag onderwerp is, het gewys dat die land meer moet doen om die kragkrisis te pak en dat dit met die grootste dringendheid gedoen moet word.

Pres. Cyril Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief daar is in hierdie tyd met die betrokke ministers en senior amptenare vergader oor verskeie bykomende maatreëls om pogings om kragtoevoer te verhoog, te versnel.

Wat dié bykomende maatreëls is of gaan wees, het die president nie presies uitgestippel nie.

“Ons kan en gaan meer doen om ʼn einde aan beurtkrag te maak,” het die president vandeesweek opnuut beloof.

Hy het onder meer verwys na die hernubare energieverkrygingsprogram wat in 2018 weer afgestof is, sowel as die verhoging van die lisensiedrempel vir nuwe projekte wat dit moontlik maak vir private beleggers om tot 100 MW krag sonder ʼn lisensie, maar met ʼn permit, op te wek.

“Ons gaan binnekort die detail en beraadslaging afhandel wat nodig is om die verdere maatreëls te verseker. Ons gaan dan in die komende dae meer omvattende stappe bekend maak om veel vinniger vordering te sien om beurtkrag te pak.”

Fase 4-beurtkrag geld in hierdie stadium steeds, ʼn verlaging van die fase 6-beurtkrag wat ingestel is weens die verlies aan 18 000 MW se opwekkingskapasiteit weens stukkende aanlegte en die onwettige staking deur sommige Eskom-werkers.

Ramaphosa sê ná meer as ʼn dekade van kragtekorte, kan Suid-Afrikaners met reg gefrustreerd en kwaad voel. Dit voel dalk ook of daar geen einde in sig is nie. “Hoewel dit lyk of beurtkrag vererger, is die werklikheid dat ons reeds verskeie belangrike stappe gedoen het om die tekort aan krag op te los.”

Die president sê in hierdie stadium is die prioriteit egter om die kragnetwerk te stabiliseer. Sodra die stelsel herstel en opwekkingskapasiteit herstel word, sal Eskom beurtkrag na laer fases kan afwentel.

ʼn Verslag van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) wat verlede week bekend gestel is, waarsku egter dat die kragnetwerk nie eens naastenby byhou met die vraag na elektrisiteit nie. Die tekort aan krag het die afgelope paar jaar net vererger, ten spyte van die regering se pogings tot nou.

Suid-Afrika is vanjaar vir net die tweede keer in fase 6-beurtkrag gedompel en terwyl fase 4-beurtkrag in 2014 as die uitsondering beskou is, het dit in 2022 normaal geword, met fase 6 wat die uitsondering is. “Indien die huidige neiging voortduur, gaan fase 6 oor die volgende vyf jaar die normale word, met hoër fases wat die uiterste gaan word,” sê Connie Mulder, hoof van die SNI.

Werklike krag beskikbaar vir verspreiding het sedert 2012 met 9,7% gedaal en die gaping tussen aanbod en vraag word al hoe groter.

“Kortom, Suid-Afrika wek minder krag per jaar op as in 2012, met meer mense en ʼn groter ekonomie in rand-waarde,” sê Mulder. Die uitwerking hiervan was die stagnering van Suid-Afrika se BBP per persoon, wat sedert 2008 basies stilgestaan het.

Die SNI waarsku ook dat permanente beurtkrag die Suid-Afrikaanse arbeidsmark in die gesig staar as die land net op die regering gaan staatmaak om die energiekrisis af te weer. Solidariteit sê die betrokkenheid van private opwekkers kan ʼn sogenaamde kragrevolusie veroorsaak en die land boonop uit sy kragdilemma help, terwyl duisende werkgeleenthede geskep kan word.

Ramaphosa sê in sy nuusbrief ook daar is geen rede waarom ʼn land soos Suid-Afrika, met die vaardighede, vermoëns en hulpbronne tot sy beskikking, ʼn tekort aan krag moet ondervind nie. Die president sê ook daar is “geen maklike oplossings” nie, maar dat die regering daartoe verbind is en vasbeslote is om aan die vraag na krag te voldoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Manie ·

Hul kan nie, hul wil nie, hul hou mos nie van werk nie……………………

Miena ·

Daar is maklike oplossings!!! die goewerment e.a. moet net bykom. Laat ek liewer verder stilbly. Voor hulle my kers wil kom uitblaas

Henri ·

Wat ‘n absolute pot snert. Die vakbonde staak, ondermyn en saboteur Eskom, maar hieroor rep Cyril nie ‘n woord nie. Loop poep op ‘n miershoop.

Johan ·

Regering ‘kan en wil’? Hulle is nié in staat om enige van die twee effektief te doen nie! Los ook maar leë beloftes en woorde soos ‘omvattende oplossings en vinnige vordering’ , dit pas nie by ‘n onbeholpe en onbevoegde regering (eerder organisasie-) nie! Gaan net weg!!

domheks ·

Ramaparra gebruik WEER die heuningkwas….. Sri Lanka hier kom ons….
Glo nie meer ‘n woord wat cANCer ons vertel nie

Jessey ·

Ai toggie, hulle kan en gaan meer werkgeleenthede skep ook al vir die afgelope 10 jaar, en ons kan en gaan maar net by fase 6 bly want kan en gaan is net troos woordjies wat die hele tyd gebruik word. As daar Gekan en Gegaan geword het toe dit moes geword het, sou daar minder kan en gaan nodig gewees het nou, en meer ons WOU en ons HET.

Heinrich ·

“Die president sê ook daar is “geen maklike oplossings” nie”…daar is baie mense hier in ons land vir wie die oplossings voor die hand liggend is; hulle kyk net nie deur ANC brille nie. Ek wil graag wêreldvrede hê maar kan dit nie reg kry nie. Wanneer ek die vermoë kry om wêreldvrede te bewerkstellig sal die ANC die vermoë kry om die land te regeer.

Chris dupreez ·

Hulle kan en wil seker op een of ander slinkse manier wat die anc by baat, soos die Karpower skepe of Russiese kernkrag.

Di ·

Al wat hy doen is PRAAT! Elke keer wat daar ‘n krisis is met Eskom dan kom hy met mooi stories. Andre de Ruyter hoeveel keer gemeld dat voorlegging om probleme op te los al laas jaar ingedien is by die Parlement maar nou nog nie goedgekeur is nie. SO, WIE is dan nou die skuldiges?

Delilah ·

Bla bla bla dit is al wat hy elk week doen en daar kom dadels van

LANA is ELANè ·

Hierdie regering is so goed met praat en praat en praat.
Hulle praat net vir tyd want hulle is nie by magte of bevoeg om iets te doen rondom die dilemma waarin ons onsself bevind, agv hulle korrupsie en wanbestuur nie.

Christine ·

Die linkse faksie van die ANC maak reg vir oorlog terwyl Rama praat. Hulle gaan hom binnekort geweldadig uitskop, dan sit ons met die terroriste in beheer.

PieterJ ·

‘n Belofte van die presi, dit beteken nou rerig regig totaal en al niks!!!

pompies ·

Hoe gaan die ou liedjie, How can we believe you, you lie, you lie, you lie.

Madeleine ·

En daar word miljoene aan Ander lande geleen… Vir niks.

marius ·

Gaan rus maar op een van die knopperige banke op die wilds plasie . Dalk sal iemand saam sit en na al die storietjies luister .

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek verstaan dat eMzansibabwe ook nou by BRICS gaan aansoek doen om lidmaatskap.

Adeline ·

Glo nie een woord wat hierdie kultuur gebaseerde korrupte cANCer regering sê nie – nie een woord nie, verseker

Jannie van Niekerk ·

Hulle gaan ‘n einde aan beurtkrag maak ja, mens noem dit GEENKRAG.

AJ ·

Solank die ANC kaders geen beheer oor kragopwekking het nie, sal die land weer herstel.

Demokratiseer kragopwekking sodat elke huis,plaas, fabriek en besigheid hulle EIE KRAG opwek.

Die ‘klein man (of vrou) ‘ sal met vindingrykheid die land RED!

TO ·

Hoe lekker lag ek nou, nee sy edele jy lieg alweer. Ek gaan onlangs by die munisipaliteit van mogalakwena in. Dis 13h00. daar was pas 2 ure beurtkrag, geen siel tydens daai tyd in kantore. Ek word vriendelik meegedeel dat ek intrude in hulle etenstyd, nadat hulle pas ‘n 2 ure lange etenstyd geniet het. Nee wat hulle wil nie werk. Onlangs, wil ek ‘n dokument vir lisensiehernuwing gaan afhaal. Ons krag het 11 uur afgegaan om 13h00 weer aan te gaan. Jammer maar almal van hulle reeds huis toe. bid jou dit aan, daar lê stapels en stapels dokumentasie vir filing, maar nee die fat cats, letterlik en figuurlik, sal op hulle 3de rugwerwel gaan lê of gaan shop met die enorme salarisse wat hulle verdien.

TO ·

Nee sy edele, julle wa wa wa net, een ondersoek na die ander, net n nodelose gepraat, want met alles wat saak ask word daar vir maande en jare gesloer. Afrika tyd is mos julle motto. Ek sê dit nou sommer reguit, van André de Ruyter daar is gebeur daar ten minste iets, kry die blankes met kennis terug en julle sal die land red, hulle toy toy NIE, hulle moan nie, hulle werk.

Hercules ·

Ramaphosa was die stigters lid van die meeste vakbonde soos numsa, ens hoe kan hy nou sy eie idologie stilmaak??

maar sy dag sal kom so seker as wat ek hier tik en dan gaan hy op sy tande kners!!

Swerwer ·

In die NoordKaap is daar ‘n Sonplaas opgerig wat op ‘n staduim krag in die grid ingesit het, maar weer gestop het omdat die Regering die voordeel daaruit wil trek en nie die voordeel vir goedkoper krag aan die verbruiker wou gee nie. So, daar is reeds alternatiewe oplossings.

Mariana ·

Hulle kan en gaan maar sal hulle. Die kragnetwerk is nou al vir baie jare in krisis, hoekom het hulle nie lankal begin met oplossings nie, hoekom nou skielik lewe kry en weereens beloftes maak. Jammer Ramapoza ons glo jou nie meer nie. Sien is inderdaad glo.

Jr ·

Want verkiesing kom weer, dis hoekom. HOL BELOFTES EN N T SHIRT EN KENTUCKY BELOFTES

Quinzie ·

Die modus operandie van die regeering is eers ontken alles en dan stel alles so lank as moontlik uit ! Maar ons en die our people sien alles raak. Ek dink die burgers van die land is nou op daai punt om te begin wys dat ons sien dit meneer die president ! Na die punt is daar nie meer verskongs nie, dit gaan nie saak maak nie.

Marius ·

Hulle wil ‘n einde daaraan maak maar kom dit nie voorkom in die eerste plek??? Vertel my hoe…

Samuel ·

CR lieg. Hy wil net sy swaer, Patrice Motsepe, kans gun om deur African Rainbow Minerals and Power krag op te wek. Dan is staatskaping V2.0 voltooi.

JohanR ·

Die ANC is nie ‘n regering nie, maar net ‘n klomp tronkvoels!

Nie Verbaas ·

“Regering ‘kan en wil’ beurtkrag beëindig”
Luister net na die grapjas leier van die ANC sindikaat. Plep

Jacques ·

Regering ‘kan en wil’ beurtkrag beëindig……
Dis nou wat geestesgesondheidsdeskundiges seker… “bekwaamheidswaan” sal noem……

NWT ·

Ervaar die presedensie beurtkrag. Nee. Ek het net een antwoord. Die 2024 eleksie moet vervroeg word. Nog die jaar asb.

Vraag . Wanneer gaan die ANC die son en maak lol kaap want hulle kaap mos alles wat lig he.

Binnekort word daar seker n verbod geplaas op die verkoop van kerse en ook die verkoop van hout om vuur te maak.

Realis Thailand ·

Een ding wat die vent kan doen is vals beloftes maak en leuens vertel

dada ·

As dit dan sodanig maklik is, hoekom het hulle nie destyds iets gedoen nie? Nou sit ons met die gemors!

Frank John ·

Waneer Mr.Rampies gaan jy besef julle kan nie die land regeer nie en liewer vir iemand gee wat kan. Die NP het vir julle gegee nie omdat hulle gedink het jul kan nie maar om julle te wys julle kannie.
Julle kan nie eens besef julle kan nie.

Frank John ·

Dis tyd dat julle die tuig neerlê en gee vir iemand wat kan. Julle is useless

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.