Regering kan nie eensydig oorlog se naam verander nie

Minister Mthethwa tydens die bekendstelling. Foto: Facebook

Minister Mthethwa tydens die bekendstelling. Foto: Facebook

Die regering kan nie eensydig en na willekeur die naam van die Anglo-Boereoorlog na die Suid-Afrikaanse oorlog verander nie, het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, Dinsdag gesê.

“Navorsers, geskiedskrywers en historici bepaal so ʼn naam wat dan deur gebruik gevestig word,” het Mulder verduidelik. “Die laaste paar dekades het die naam Anglo-Boereoorlog gevestig geraak en gaan ʼn eensydige regeringsbesluit dit nie so maklik verander nie.”

Maroela Media het vroeër berig Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het tydens die bekendstelling van Versoeningsmaand by die oorlogmuseum in Bloemfontein aangekondig dat die naam van die Anglo-Boereoorlog (ABO) amptelik verander is.

“Die vraag is of dit ʼn regering se taak is om die geskiedenis en erkende name op hierdie wyse te probeer verander?” het Mulder bygevoeg. “As die raad van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein besluit om hulle naam na die Suid-Afrikaanse Oorlogmuseum te verander, is dit sekerlik binne hulle magte. Dit beteken nie dat die oorlog nou ook outomaties ʼn nuwe naam het nie.”

Hy het dit benadruk nêrens is daar met historici óf in die parlementêre portefeuljekomitee óf deur openbare deelname gekonsulteer oor so ʼn naamsverandering nie.

By die verandering van dorpsname is daar streng voorwaardes van hoe en met wie almal gekonsulteer moet word.

“In die tydperk 1899 tot 1902 waartydens die oorlog plaasgevind het, het Suid-Afrika nog nie bestaan nie. Suid-Afrika is ʼn begrip wat eers na uniewording in 1910 ontstaan het. Dit maak dit problematies om na die oorlog as die Suid-Afrikaanse oorlog te verwys. Die oorlog was tussen die regerings van die Zuid-Afrikaanse Republiek, die Republiek van die Oranje Vrystaat en Brittanje. Die destydse Natal- en Kaapkolonie het nie oorlog teen enige iemand verklaar nie hoewel die oorlog natuurlik op hulle inwoners ʼn impak gehad het,” het Mulder gesê.

“Hiermee word ook nie vir ʼn oomblik die rol van swartes in die oorlog ontken nie. Navorsing bevestig dat daar tot 65 swart konsentrasie kampe en 49 wit kampe was met swart mense aan Britse en Boere kant. Daarom word die boek wat deur die museum bekendgestel is “Black Participation and Suffering in the South African War 1899-1902 – An Untold History” verwelkom. Dit plaas die groot aantal sterftes en ernstige lyding van swart mense tydens die oorlog in perspektief.”

Mulder het daarop gewys dat die oorlog oor die jare talle name gehad het. “My ouma Maria Mulder, wat in Britse konsentrasiekampe swaar gely het, het die oorlog die ‘Engelse oorlog’ of ‘Tweede Vryheidsoorlog’ genoem omdat sy baie sterk gevoel het dat die Britte die oorlog veroorsaak het. Sy het heftig beswaar gemaak as dit die ‘Boere-oorlog’ genoem is. Die naam ’Anglo-Boereoorlog’ het internasionaal en in Suid-Afrika die laaste eeu gevestig geraak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Peet Schabort ·

Dis nou goed uitgedruk dr. Pieter.
Ek het al talle kere beswaar gemaak oor die ‘nuwe’ SA-vlag wat tesame met die Engelse vlag hang by die ingang van Spioenkop maar met GEEN resultate. Daar behoort die Vierkleur en die Engelse vlag te hang met GEEN ander vlae maar die politiek van die ANC is besig om die geskiedenis te verkrag. Dalk kan die agbare minister sommer dit (Spioenkop) ook aandag gee.
Loer ons vinnig na die A.B.O. dan is dit duidelik dat GEEN gewapende swarte aan boerekant geveg het. Ons kan egter nie dieselfde sê aan Engelse kant.
As voorbeeld was daar die gehate Steinackers Horse wat van swart gewapendes gebruik gemaak het om die Boere en hulle families (vrouens en kinders) te terroriseer. Hulle vesting was die Mpisane-fort ook genoem “Fort van die Rowers” (in die huidige Krugerwildtuin) waar ook die grootwildjagter Francis een van die aanvoerders was.
“Hulle (Boere) moes nie net teen die Engelse veg maar ook teen naturelle” aldus Die Brandwag van 30 Julie 1948 oor voorgenoemde.
Die gewapende swartes en die gehate verraaiers (boere) aan Engelse kant het ‘n merkbare invloed op die oorlog gehad. My ouma het hierdie verraaiers ook genoem “rooikoppe”.
Daar word nie getwyfel oor die sogenaamde swart konsentrasiekampe wat ‘n wesentlike feit was. Maar my weergawe is dat hulle daar was onder gedwonge vrye wil. Nou hoe verklaar ek “gedwonge vrye” wil. Met die uitvoering van die verskroeide aarde beleid van die Engelse is die swart bevolking gelos in ‘n omgewing waar hulle geen bestaan kon maak en dus nie selfversorgend kon wees. Hulle is nie aangekeer na konsentrasiekampe maar moes uit eie vrye wil (maar gedwonge) in die omgewing van die wit konsentrasiekampe gaan bly terwille van oorlewing.
So, Nathi Mthethwa, kry die geskiedenis van die Anglo/Swart-Boereoorlog eens en vir altyd reg.
Wonder net wat gaan nou word van die Eerste Vryheidsoorlog?

Fanie ·

Goed gesê Peet. Die ANC verkrag duidelik ons geskiedenis omdat hulle intensief weet, hulle het saam met die Engelse geveg of net oorgegee. Hulle het selfs die Boeremag verraai destyds. AGV die Boere het hulle alles op ‘n skinkbord gekry. Nou breek en steel en brand dit net. Waarvoor het die Boeremag dan nou eintlik geveg? Om alles waarvoor hulle baklei het, oor te gee aan ‘n ruggraatlose nasie? Ons het dubbel en dwars betaal en baklei vir hierdie land. Gebou en geskep. Vooruitgegaan. Danksy F W de Klerk!! Sit ons waar ons is. Die ANC was nie betrokke by die baklei en behoud van hierdie land!! Die Boere het destyds gesorg dat hierdie land ‘n Onafhanklike Republiek word!! Waar was die Xhosa, Zulu, Sotho ens. Dit is agv die Dapper Boerebevryders dat ons nie ook maar net nog ‘n Britse Kolonie geword het nie, Nou wil die ANC in elk geval alles verengels. Watse verraaiers!!

ANDRÉ ·

As hierdie onkundige vent die naam van die Boere Oorlog (of ‘Anglo-Boer War’) wil verander, dan stel ek voor dat ons ook die naam van die Stryd (of ‘The Struggle,’ soos die ANC dit het) ook moet verander. Wat dink julle sal ‘n gepaste naam wees?

Breytie ·

Vandag weet ons dat die ANC se doel nie was om hulle mense te kom “bevry” nie, hulle wou bloot hulle hande op die staatskas kry. Wat van ‘n naam soos “Tax hunting” of “Capital pursuit”?

Melt Olckers ·

Die naamsverandering is so tipies George Orwell, soos wat hy geskryf het hoe die geskiedenis deur burokrate in 1984 hesrkskryf is om die regering se wil te weerspieel.

Frik Lotz ·

Die ANC probeer die geskiedenis en erfenis van die Afrikaner vernietig en dis tyd dat ons opstaan teen hierdie vertrapping van wat ons eie is. Die VF Plus is die enigste party wat sy stem dik maak hieroor. Die DA is soos gewoonlik tjoepstil oor dinge wat die Afrikaner raak. Die tyd is hier dat almal in hul duisende die VF Plus begin ondersteun en die party sterker maak.

Reinhardt ·

Alhoewel ek saamstem dat die VF+ die enigste party is wat sy stem dikmaak, stem ek nie saam met wat jy sê oor die DA nie. Die DA moet eers die regerende party oorgooi voordat hulle kan begin besluit wat belangrik is vir die Afrikaner. Ek dink almal moet nogsteeds DA stem net om ontsae te raak van die ANC, eers daarna kan ons begin konsentreer op wat goed is vir die Afrikaner.

Esther ·

Die regering kan boeke skryf en name verander maar hulle kan nie die feite verander nie. Die boek “onthou” wat deur mense geskryf is wat uit die Anglo Boere oorlog kom – dit is feite. Die regering kan maar try maar hulle kan nie die waarheid uitvee nie. Gee dit ‘n ander naam as dit jou satisfaksie gee mnr Minister -want wat ons boere en die vroue en kinders deurgegaan het, is saam ons in ons bloed en in ons NAAM en nie jy of die regering of enige iemand kan dit wegvat nie!!ANGLO-BOERE OORLOG SAL DIT BLY!!!!

Frederik ·

Ek dink Mthethwa is weereens verkeerd aangehaal. Hy bedoel die oorlog wat kom, voor 2019, gaan die Suid-Afrikaanse oorlog heet.

vermeende ·

Naamsverandering stroop jou van jou volk trots.
Gaan vra gerus vir enige kind watse vakansiedag is 16Des en hulle se vir jou……..VERSOENINGSDAG!
Selfs ons Christelike vakansiedae het al ander name.
Ons word van alles gestroop wat ons voorvaders vermag het en min sien dit raak, nie eers Pieter Mulder nie.
Pieter dit gaan nie oor die naam wat verander word nie maar jou geskiedenis wat gekaap word.
Wie het mekaar die stryd aan gese in die oorlog?
Onthou net in elke oorlog is daar PB’s (plaaslike bevolking) wat swaar kry en sterf maar hulle is nooit die teiken groep teen wie die oorlog gefokus word nie.
Hirdie boek wys nie dat dit die SA oorlog was nie, hy wys eerder dat die swart volke nie vertrou kan word nie soos hulle aan beide kante baklei het en dit bevestig ook dat hy teen sy eie broer die mes sal trek maar dit weet ons mos nou al.

Grassie ·

Ek dink Mthethwa is ontevrede oor die woord “Boere”(met ‘n hoofletter B) wat in die oorlog se naam voorkom. Die ANC wil die Boerevolk se bestaan en geskiedenis in alle opsigte uit die land probeer verwyder. Volgens hul bekrompe sienswyse bestaan daar net “fammas” in die land en geen Afrikaner Boerevolk nie.
Ek hou van Peet Schabort se uiteensetting hierbo. Dit is die waarheid soos wat dit gebeur het en geen Mthethwa kan die feite wegwens nie.

POPLAP ·

Nathi het die polisie deur sy alie getrek nou wil hy dieselfde doen met die geskiedenis.
Wat ‘n klugspul.
Ok verander dan die naam van die “nuwe SA” murder en mayhem capitol

Frik Lotz ·

Reinhardt, jy leef in n droomwêreld as jy dink die DA gaan die ANC klop by die stembus. Geen party kan dit op sy eie regkry nie, slegs n koalisie van opposisiepartye kan dit doen waar ANC onder 50% kry. Dink jy nou werklik die DA gaan aandag gee aan die Afrikaner se sake? Nie maklik nie. Waar was die DA toe die Afrikaner se standbeelde beskadig is? Nêrens nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.