Regering kan nie met kultuurerfenis vertrou word

(Foto: Verskaf)

Die Solidariteit Beweging sal graag met die minister van sport, kuns en kultuur ʼn gesprek wil voer oor ʼn moontlike verandering aan die Afrikaanse Taalmonument (ATM) se naam – maar die organisasie win nietemin reeds ʼn regsmening in om te kyk hoe Nathi Mthethwa in dié verband teengestaan kan word.

“Nathi Mthethwa krap nou waar dit nie jeuk nie,” het Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, Woensdag gesê.

“Ons ervaring met min. Mthethwa is dat hy met niemand praat nie en ook nie raad vra nie. Eers as hy sy kop stamp, begin hy praat.”

Hierdie oënskynlike benadering van die minister was die afgelope paar weke duidelik in die geweldige teenkanting wat die departement se plan – om ʼn R22 miljoen-vlagmonument op te rig – ontvang het. Pres. Cyril Ramaphosa het eindelik gesê dat die plan liefs laat vaar moet word.

Die stof oor die vlagmonument het kwalik gaan lê, of Mthethwa was weer in die spervuur oor ʼn monument: Dié keer oor die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl oor die skynbare planne om die “Afrikaanse” uit die ATM se naam te verwyder.

Die ATM se bestuur vergader later vandeesweek, terwyl ʼn openbare vergadering Saterdag gehou word.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) het die naweek reeds ʼn petisie teen die voorstel van stapel gestuur en teen Woensdagmiddag vroeg is dit al meer al 28 000 keer onderteken.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sê die breë Afrikaanse taalgemeenskap het sedert 1994 eienaarskap vir die monument aanvaar. “Vandag verteenwoordig die Taalmonument nie net Afrikaners nie, maar sewe miljoen wit, swart en bruin Afrikaanssprekendes wie se harte Afrikaans klop.”

Die ontwerp van die monument gee boonop erkenning dat Afrikaans nie net uit Nederlands ontstaan het nie, maar uit verskeie Afrika- en Oosterse tale.

“Die miskenning van Afrikaans is inderwaarheid ʼn miskenning van alle ander tale in die land,” sê hy.

Langner sê in praktyk gebruik die staat egter subsidies wat bedoel is vir onderhoud van monumente en erfenisterreine, om die regering se “verstikkende ideologiese agenda van die ANC op erfenis af te dwing”.

“Dit is growwe magsmisbruik om te dink dat staatsubsidies die minister die reg gee om Afrikaans uit te vee.”

Langer sê ook dit is duidelik dat die regering nie met taal- en kultuurgemeenskappe se erfenis vertrou kan word nie.

“Die FAK nooi die minister in die gees van die Wet op Erfenishulpbronbestuur na die onderhandelingstafel om te praat oor die wyses waarop taal- en kultuurgemeenskappe in staat gestel kan word om self hul erfenis en monumente te bestuur.”

Die desentralisering van erfenisbestuur na gemeenskappe sal lei tot beter korporatiewe bestuur en kultuurorganisasies met ʼn bewese bestuursvermoë sal so in staat gestel word om vanaf nasionale tot plaaslike vlak hul taal en kultuur met waardigheid te beskerm en te bevorder.

Die Solidariteit Beweging het ook sy tienpuntplan vir erfenisbewaring bekend gestel. Buys stem saam dat die regering nie met ander gemeenskappe se kulturele erfenisse vertrou kan word nie. Hy sê mense moet self verantwoordelikheid neem vir hul monumente en standbeelde.

Die tienpuntplan sluit in ʼn oordrag van monumente en standbeelde onder regeringsbeheer – met hul staatsubsidies – na gemeenskappe. Die behels ook ʼn wedersydse erkenning en respek vir die verskillende kulture en hul erfenisse en die bevordering daarvan en ʼn strewe na “kulturele diplomasie” wanneer kulturele skakeling plaasvind.

“Afrikaners se kulturele selfvertroue moet herstel word omdat ons gemeenskap se gelykheid en menswaardigheid deur jare lange staatspropaganda afgetakel is. Die ANC probeer om sy eie verpolitiseerde weergawe van die geskiedenis die amptelike siening van almal in die land te maak.

“Afrikaners se verlede word gekriminaliseer om die ANC se rassebeleid van die hede tot in die verre toekoms te probeer regverdig.

“Kulturele selfvertroue en selfrespek is nodig vir enige gemeenskap wat wil voortbestaan en wat nie permanent onderdanig aan ʼn korrupte, onbevoegde en rassistiese regering wil wees nie.”

Jan Bosman, voorsitter van die Afrikanerbond (AB), sê die organisasie het kennis geneem van berigte dat die ATM moet transformeer en meer inklusief moet wees en dat Mthethwa nie enige opdrag daaroor gegee het nie.

“Die departement se minister en amptenare speel woer-woer met die Afrikaanse Taalmonument in hulle woordspeletjies om ideologies onderdanig te wees,” sê Bosman.

Hy sê daar kan met die ATM se mandaat nie fout gevind word nie.

“Dit is weer eens duidelik dat dit nie die monument, sy mandaat of sy funksionering is wat in die spervuur is nie, maar deur sy naam word Afrikaans as teiken opgestel en onder beleg geplaas deur ʼn minister met ideologiese tonnelvisie.”

  • Voornemende besoekers aan die ATM se gratis museumdaggesprek op Saterdag 28 Mei in die Paarl se Strooidakkerksaal moet onthou om vooraf via 021 872 3441 of [email protected] ʼn plek te bespreek. Dit is weens beperkte ruimte en Covid-19-protokolle wat gehandhaaf moet word. Hierdie geleentheid, waartydens die mag van museums asook die instelling se moontlike naamsverandering onder die loep sal kom, is vanaf 09:00 tot 13:00, en besoekers sal boonop verversings kry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Deon ·

Die afrikaner gee hom slapelose nagte, hy weet tussen hom en sy anc is daar geen manier wat hulle by die afrikaner kan kers vashou nie

Christine ·

Die Voortrekkermonument gaan volgende wees. Ek stem saam, ons monumente moet gedesentraliseer en geprivatiseer word en die sekuriteit moet deur Afriforum gedoen word, anders kan dit in die nag afgebrand word. Mens kan nie verwag dat mense wat niks voel vir ons monumente, moet dit beskerm nie.

Burgermeester ·

Die regering kan met NIKS vertrou word nie … punt!!!

anniekiewiet ·

Kan die regering regtig nie hul eie taalmonumente bou nie?

Marius ·

Die anc is regte saamryers en dra niks by nie. Hulle het baie te sê oor iets wat niks met hul te make het nie.

JohanR ·

Taal Monument staan al vanaf 1975, dan kom die ou in 2022 en wil krap waar dit nie jeuk nie. Is ANC ministers nou verveeld dan moet hulle nou aan iets dink. Kyk terug op die geskiedenis van Nathi Mthethwa en sien net hoe nutteloos hy al was as ‘n minister.

Harley Davidson ·

Hoe onosel moet jy wees om die Afrikaanse taalmonument se naam te wil verander as dit die Sotho taalmonument was kan jy dit nie verander na die zulu taalmonument nie

Deon ·

Wat stel daai minister voor vir n ander naam? Taal monument? Geen probleem, dit bly steeds die monument vir die afrikaanse taal, as hy n fopspeen soek, gee hom een

Die Boerepompie ·

Hulle sal ook ons taal virmoor tot dat daar niks oor is nie los ons taal

Papsak ·

Los my taal en mense uit ons pla julle regtig nie los ons taalmonument ook uit hy is reg so dit ons taal hierdie man krap nou regtig waar dit nie jeuk nie dink weer

Pablo ·

Wat dink die ANC gaan hulle nou daarmee bereik. O ek het vergeet dis hoe jy alles vernietig voor jy kan oorslaan na volle kommunistiese staat. Ek wonder soms hoeveel mense besef wat aan die gang is. Daar is werklik geen toekoms vir jong mense in die land uit nie, die vraag is net waarheen verhuis jy?

Erika ·

Dit is blatante sabotasie van Afrikaans Die monument is deel van ons Erfnis wat hulle nie wil erken nie -Hulle wil krap waar dit nie jeuk nie…

Waars is die Respek vir mekaar…-it is always one sided Tsk

annie ·

… onderhandel met die ANC oor Afrikanerbestaansregte? Moenie. Praat en verduidelik is om jou gevoel van bedreigtheid en die ANC se reg om deel te hê aan besluitneming daaroor, te erken. Daar is ‘n woord, NEE. Punt. ANC, bou ‘n slag iets van jul eie uit jul eie met jul eie fondse. Was die beste poging die plan van ‘n landsvlag a la toring van Babel? In der waarheid het ‘n witman die huidige vlag ontwerp. Sjina maak die vlae. Wie maak die pale en lyne? Sekere ok ingevoer? Pateties.

Swerwer ·

Die “Regering” kan absoluut met niks vertrou word nie! Daar is nie ‘n manier wat hul ons/my Taal en volk sal vernietig nie.

Manie ·

Ai, dis jammer Oom Cyril en sy girls kan nie pos op ander plek kry nie en ons weer gegoede ministers kry wat lief is vir ons land en sy kultuur nie!!!!

Andries ·

Hul dink as hul die ATM se naam verander, hul die geskiedenis van hul eie onbeholpenheid kan verander.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.