Regering kan nie misdaad alleen bekamp, sê Bathabile Dlamini

Bathabile Dlamini. Foto: Flickr/GovernmentZA

Bathabile Dlamini, minister van maatskaplike ontwikkeling, het Donderdag ʼn anti-dwelm- en alkoholmisbruikveldtog in Kaapstad van stapel gestuur.

Dlamini het gesê die veldtog is begin omdat die regering nié alleen misdaad kan bekamp nie.

Sy het verder gesê dwelm- en alkoholmisbruik kos die regering jaarliks sowat R38 miljard rand. Dié veldtog het juis daarom ten doel om ʼn dwelm-, misdaad- en alkoholvrye samelewing te bevorder.

Dlamini het komberse, groente en skoolbenodighede aan kinders uitgedeel wat geskenk is deur die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa).

Sy het gesê dwelm- en alkoholmisbruik het ʼn negatiewe invloed op die jeug.

“Ons moet saamstaan in die geveg teen misdaad. Hier in julle gemeenskappe laat julle tans toe dat mense alkohol verkoop van die oggend tot die volgende dag,” het sy laat hoor. “[Die jeug] wil nie graad 12 klaar maak nie, [hulle] wil nie dinge op die regte manier doen nie en dan hou hulle hul besig met dinge wat nie ʼn toekoms bied nie.”

Sy het ook volwassenes veroordeel wat kinders gebruik om vir hulle alkohol te koop, veral in die verarmde gemeenskappe. Sy het gesê gemeenskappe moet dié dinge begin veroordeel.

“Dit is totaal onaanvaarbaar. ʼn 18-jarige kind en jonger mag nie toegelaat word om alkohol te koop nie. Jy [die ouers] dink jy stuur hulle bloot om alkohol vir jou te koop, maar jy leer hulle van alkohol,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Jannie ·

Dis dan die flippen regering wat die grootste misdade pleeg……hulle is die voorbokke

Robert ·

Lyk my die regering kan BAIE goeie goed nie alleen doen nie! Snaaks hoe hulle korrupsie, swak dienslewering, Nepotisme, vernietiging van werksgeleenthede en vele meer, alleen so goed reg kan kry.

hendrik ·

Sy kan SASSA nie hanteer nie maar bemoei haar met misdaad. Ou girl, los dit vir die polisie.

Dereck Le Roux ·

Seg onse minister botteltjie onder die arm papsak Batibele Dlamini.

Trevor Dell ·

Sy is die groot probleem en lyk altyd of sy iets in het. Nou doen sy alles behalwe om haar werk te doen en spandeer Sassa se geld om stemme te werf.

Trevor Dell ·

Sy is die een wat altyd lyk of sy iets te veel gebruik.Plaas dat sy haar werk meer ermstig op vat en nie Sassa se geld spandeer om stemme te probeer werf nie.

Trevor Dell ·

Begin lewes by haarself wat altyd lyk of sy te veel gehad het. Dan gebruik sy Sassa se geld om stemmed te probeer werf. Sy moet lewer haar werk op vat met meer drift.

Trevor Dell ·

Nee sy is die groot probleem. Moet lies haar werk doen en Sassa se geld mos nie. Werf seker stemmed.

marous ·

Maar haar president is mos ‘n goeie voorbeeld van burgerskap. en haar department is uitsekend eerlik verby !

Willie ·

Ag asseblief die SAPD le by die shebiens… waar is die ou drankwette… Kyk maar die Maders Hotel in Paul Kruger, raas tot vroeg oggend ure… die hotel en die shebien… Snaaks n blok van die Polisiestasie….

HPV ·

Ons wil graag misdaad beveg maar die regering moet ons eers vrywaar, sou ons dalk een van hul beskermde misdadigers seermaak. Ons lees elke dag van mense wat vervolg word en borg geweier word omdat hulle misdaad probeer beveg het! Tot dan geniet julle wettelose land wat julle geskep het!

BELLS ·

Hoekom nie? Die GRONDWET verseker ons dat die REGERING ons moet beskerm en veilig hou. Die REGERING het die WEERMAG en POLISIE agter hom. ONS betaal alreeds enorme bedrae vir veiligheidsfirmas om ONS EIE VEILIGHEID te verseker, maar hoe op aarde moet ons dit alleen doen? Lyk nie iemand anders wil ons help nie. ONs betaal BELASTING om die land se veiligheidsdienste te befonds. Van watter misdaad praat jy in elk geval as jy van dwelms en drank praat? Dit is ‘n MAATSKAPLIKE kwessie en JY het opgesign daarvoor . GAAN DOEN JOU WERK!

Alida ·

Liewe genade wat weet sy van misdaad af? Sy wat self agter die deur staan. Die vrou moet afgedank word want sy duidelik nie geskik vir enige pos wat sy beklee nie.

Herman Goosen ·

Wie word betaal om misdaad te bekamp – Die gemeenskap of die polisie? Tyd dat die wat betaal word vir ‘n werk hulle werk begin doen! As die polisie minder korrup is en meer petrollering doen sal misdaad in die eerste plek minder plaasvind. En as hulle meer ondersoeke doen instead van heeldag op kantoor sit om ‘n dossier uit te skryf sal dit ook help. Minder vra vir ander vir hulp en meer doen wat jy voor betaal word om te doen!

Denise ·

Is daar iemand met n gesonde verstand tussen hulle, wag ek kyk gou in my kristalbal jammer die bal wys n blank?????

anti verrotting ·

Die regering kan dit nie bekamp nie want hulle is die misdadigers.
Eenvoudig.

Alida ·

Die wurms peul nou oral uit bv Eskom ens. Die HELE kabinet moet vervang word met Nr een heelvoor in die ry. Dan eers sal die land weer kan herstel. Met al hierdie ongerymdhede, skelmstreke en stelery kom ons nêrens. Die een ondersoek na die ander word gedoen en niemand word vervolg en/of afgedank nie. Kan iemand vir my sê hoe daai een werk.

bgj van der westhuizen ·

dit dal help as die regering sy wette op drank toe pas soos die wet bepaal hier in die kaap voor stad goodwood sit die drank winkel 20m van die skool af en die drank wet se geen drank winkel mag so na by n skool ,kerksit nie die vraag is hoe het hy toestemming gekry om dit daar oop te maak ? en elke slag moet die bugers van die land hulle help waar voor betaal on belasting vir in sapd wat net mooi niks doen

FM ·

Die GEAGTE minister is deur zuma gestuur om stemme te werf in die Wes- Kaap. Gelukkig het die Wes- Kapenaars dit al lankal raakgesien. Bathlamini kan skaars ordentlik praat. Pateties verby.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.