Regering ‘kies’ om SA in duisternis te dompel

Suid-Afrikaners maak planne om self tydens beurtkrag oor die weg te kom, maar Solidariteit sê langtermynoplossings wat volhoubaar is, moet nou ingestel word. (Foto: Maroela Media)

Die regering het bloot nie die wil om Suid-Afrika se enorme kragkrisis op te los nie want as hy dit gehad het, sou die land lankal nie meer aan die gewraakte beurtkragstelsel onderwerp gewees het nie.

Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), het Donderdag by die bekendstelling van ʼn navorsingsverslag met oplossings vir die land se kragprobleme gesê daar is geen aanduiding dat sake op die huidige trant gaan verbeter nie. Dit gaan inteendeel veel erger word en Mulder sê die oplossing kan nie meer aan die regering oorgelaat word nie.

“Ons het beurtkrag omdat ons [die regering] kies om dit te hê. Die politieke wil bestaan nie om dit op te los nie.”

Hy sê die regering kan ook nie meer toegelaat word om in die pad van ʼn oplossing te staan nie.

“Ons sal deur die regering of rondom hulle gaan. Ons wil in massas aansoek doen [vir permitte om krag op te wek],” sê hy.

“Ons het 15 jaar vir die regering gewag om iets te doen. Ons kan net so lank die gat gegrawe, nou moet ons die leer daaruit begin bou.”

Oplossing lê op huise se dakke

Beurtkrag kos die ekonomie tussen R500 miljoen en R700 miljoen per fase per dag; anders gestel, vir elke uur van beurtkrag verloor 125 mense hul werk.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die kragkrisis is die enkele, grootste krisis vir vakbonde die afgelope paar jaar en die werksgeleenthede en inkomste van Solidariteit-lede word op groot skaal verwoes.

Solidariteit meen die oplossing vir die kragkrisis lê op die dak van elke huis, winkelsentrum of skool en dat die burgery self moet begin krag opwek om aan die netwerk te lewer. Dit is reeds moontlik vir gewone burgers om krag aan die netwerk te verkoop nadat pres. Cyril Ramaphosa vroeër aangekondig het dat tot 100 MW krag voortaan sonder ʼn lisensie, maar met ʼn permit, opgewek en verkoop mag word.

“Solidariteit moedig kleinskaalse kragopwekking op groot skaal aan,” sê Hermann.

Hy het ʼn beroep op enigiemand wat in die posisie is, gedoen om aansoek te doen om ʼn permit om krag op te wek en in die netwerk in te voer. Solidariteit het ook verskeie stappe aangekondig om mense in hierdie proses te help. Dit sluit in ʼn seminaar oor die permitproses en ʼn hulplyn waar belangstellendes leiding oor die proses kan kry.

Solidariteit gaan deur Kanton, die ontwikkelingsmaatskappy waarvan hy die grootste aandeelhouer is, self ook aansoek doen om krag op te wek. Indien daar gevind word dat daar irrasionele bottelnekke of administratiewe rompslomp is, sal die organisasie hom tot die hof wend om dit uit die weg te ruim.

“Die pad wat Solidariteit voorstel – grootskaalse kleinskaalse opwekking – is ʼn lang en moeilike pad maar dit is die enigste pad. Die krag van die gemeenskap in die private sektor kan groter wees as die krag van die staat en in hierdie gedagte is daar tog ʼn stuk vryheid wat ʼn mens hoop gee vir die krisis waarin ons is,” sê Hermann.

In antwoord op ʼn vraag waarom die regering nou al 15 jaar lank sloer om ʼn werkbare oplossing vir die kragkrisis te vind, sê Mulder daar is min begrip vir diegene op voetsoolvlak wat dit moeilik het – en dieselfde houding is tydens die Covid-19-pandemie gesien.

Hermann bestempel dit as “nutteloosheid” en sê die ANC kan eenvoudig nie wegkom van sy ideologie van sentralisme en gedagte dat die staat alles moet beheer nie. Volgens hom is dit ʼn groot struikelblok wat die regering sal moet oorkom.

Hy sê daar is ook ʼn groep elite mense wat voordeel uit swart bemagtiging trek. Eskom betaal byvoorbeeld ʼn premie van 27% op swartbemagtigingstransaksies wat die kragvoorsiener tussen R12 miljard en R14 miljard kos.

“Die mense wat die prys betaal, wat moet instaan vir die 27%, is miljoene Suid-Afrikaners, ook swart Suid-Afrikaners, wat veronderstel is om bevoordeel te word. Hulle betaal die grootste prys vir ʼn klein groepie wat 27% te veel uit die waardeketting neem. Indien net daardie premie uitgehaal word, sal dit beteken dat Eskom nie meer bakhand hoef te staan by ons as belastingbetalers nie.”

Finansiering

Dit verg in hierdie stadium reusebedrae geld om byvoorbeeld ʼn omvattende sonkragstelsel tuis te installeer. Mulder sê die antwoord hiervoor kan lê in die vasteken van ʼn toevoer-tarief. Dit beteken ʼn verskaffer se krag word teen ʼn bepaalde tarief teruggekoop en dít gee weer sekerheid aan die bank, wat ʼn lening vir die oprigting kan toestaan.

“Daar is nie meer mooi en goedkoop opsies uit beurtkrag uit nie. Al wat duurder gaan wees om beurtkrag op te los, is om dit nie op te los nie,” waarsku Mulder.

Hy meen indien al die voorstelle, soos vervat in die plan, in werking gestel word, kan die beurtkragprobleem binne ʼn jaar uit die weg geruim word. Dit sal egter vereis dat die regering sy wurggreep op die sektor verslap en nie langer soos ʼn haas in die hoofligte vasgevries in die krisis sit nie.

Mulder sê die kapasiteit en kapitaal van die private sektor moet geleentheid gegun word om te presteer omdat dit die enigste manier is om die krisis te bowe te kom. “Ons is nie in die probleembedryf nie. Ons is in die oplossingsbedryf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Pieter ·

Dat die kriminele regering nie die wil het om die kragkrisis op te los nie is duidelik. Maar dit moet gesien word in die lig van die WEF van Klaus Schwab se Great Reset en post Covid. Hongersnood is op die tafel (kyk die boere in Nederland en oorlog in Oekariëne), brandstoftekorte (Russiese gas en die komende Russiese Winter, hoë brandstofpryse alhoewel die olieprys verswak), daling in geboortes (20% af na die Covid prik asook ongewone sterfgevalle) en iemand wat die Georgia monument opblaas wat hierdie goed verkondig. Soos die Joker sê, wees rustig want alles verloop volgens hulle plan…

Samuel ·

Pieter, ek stem saam. Ons krag krisis word deels veroorsaak deur gedienstigheid aan die NWO en natuurlik politieke onwilligheid.

Trotse Boervrou ·

Ja Pieter, wens almal wil net besef dat SA deel van die wêreld se Great Reset is. Mense is ontkennend en luister nie nuus nie. Dit is hierdie mense wat nie voorbereid gaan wees wanneer die hele land finaal in sy peetjie in is nie. ALLES deel van die plan. Almal gaan verbete baklei om te oorleef. Sluit aan by groepe wat saamstaan. Daar is nie meer tyd nie. Dit is reeds te laat. Probeer immers net.

Harley Davidson ·

Die regering moet gaan dit het tyd geword vir ‘n regering wat kan regeer,sou die ANC die volgende verkiesing wen is sa gedoem.

annie ·

Dieselfde mense wat vuis gewys het in 1994 beheer steeds die topbestuur van die ANC met dieselfde ideologie wat nou reeds in die swartjeugdenke geïnkorporeer is. Christenlike-etiek was destyds ondergeskik aan kommunistiese liberale regte en drome. Dieselfde geraamtes val steeds uit die kas en stu kreupel en krakende voort. Dus g’n verandering in denkwyse of uitkoms nie. Chaos is destyds beplan presies soos nou. Sonder ware hartsomkeer by die regering is ons gedoem. Enige agteruitgang het ‘n finale katastrofiese eindpunt.

Danie ·

Dit is goed en wel om vir elke huis en winkelsentrum sonkrag te installeer maar waar kry die gewone man op straat die gelde om dit te doen. Die standaard vir n gesin van 4 is n stelsel wat enige iets van R90000 en meer kan kos nou sit jy met n regering wat al klaar begin praat het om die mense wat dit doen te belas. Wat se voordeel trek ek daaruit. Niks maak my net nog armer.

Samuel ·

As pensioenaris het ek eenvoudig nie die geld om ‘n sonkragstelsel te installeer nie. Weereens, net die elite kan dit bekostig.

Durban Afrikaner ·

Ek het sonkrqg in 2020 by my huis laat installeer. Gebruik nou 90% minder Eskom hoop om binnekort nog n battery te koop,dan is dit totsiens Eskom.

Kwikkie12 ·

Ek is seker dit kan vir baie goedkoper gedoen word mense buit dié situasie uit… Kry mense wat hulle wins sny en dan gaan die werkloosheid ook minder wees.

Durban Afrikaner ·

Dit het my R98000 gekos, en ek het dit uit die huisverband geneem, dus is my “elektrisiteit rekening” in my verband ingesluit,dit is baie goedkoper as Eskom,en ek kry absoluut geen beurtkrag nie. As ek so monitor, skop my sisteem oor na Eskom toe 2 uur die oggend. Indien ek weet daar is beurtkrag tussen 2 en so 7 uur,spring ek gou op my foon en verander n paar goedjies wat my deur dit sal trek,maar daai oomblikke is min (op die oomblik), en n ekstra battery sal dit die hoof sien

Manie ·

‘n Mens moet ook die rente komponent in berekening bring wanneer jy sonkrag installeer. Gestel jy leen die geld by die bank, bereken hoeveel rente jy oor die afbetaal tydperk betaal en tel dit by die koopsom. Dis wat die stelsel jou werklik kos. Diegene wat dit uit spaargeld doen, moet weer die verlies aan rente opbrengs op die bedrag bereken. Die koopsom sluit dus nie rente berekeninge in nie en dis wat baie installeerders jou nie vertel nie. Dit is ‘n werkbare oplossing, maar ‘n mens moet deeglik beplan en die podlood vlymskerp maak.

Durban Afrikaner ·

100% korrek. Ek het baie sommetjies gemaak voor die tyd, maar watse prys sit mens op gemoedsrus? Elektrisiteit en beurtkrag is iets wat glad nie eens meer by my opkom nie. Bygesê,ek werk van die huis af,en die 2 ure hier en daar het ook n prys. Ons het kliënte wêreldwyd, so ek het nie juis kantoorure nie, selfs beurtkrag om middernag kan kos,as ek op daardie oomblik werk op stelsels vir ons Amerikaanse kliënt.

Durban Afrikaner ·

Om ook te onthou,die jaarlikse bo inflasie elektrisiteitsverhoging kan ook die rente komponent minimaal laat lyk in vergelyking. Teen die tyd sou my elektrisiteitsrekening R2800 beloop het,as ek so na my sisteem verbruikimg kyk,maar ek betaal net so R800 en iets op my verband meer

Manie ·

Perfek, in jou geval maak dit dus absoluut sin, want die gebrek aan krag beiinvloed jou inkomste wat nie onderhandelbaar is nie. Dit maak ook vir myself sin om dit te doen, selfs net vir die ongerieflikheids faktor en gepardgaande skade aan toestelle wat vervang moet word en waarvoor assuransie nie opdok nie. Ek is besig met my ontwerp wat ook moet voldoende voorsiening maak vir beligting vir sekuriteits redes, motorhuis deure ens. Ek wil nie afhanklik wees van eliminering soos noodsaaklikhede en nie noodsaaklikhede nie, alles moet ten volle kan funksioneer met voldoende kapasiteit tydens ‘n aantal sonlose/swak lig dae.

Piet parys ·

Jy moet appels met appels vergelyk en as jy dink iemand kan dit goedkoper doen dan beteken dit jy weet dit nie maw net n gedagte wat ny jou opkom . Dis nie elke aap in die straat wat sonkrag kan reg instaleer nie sonder probleme daar na nie . As jy goed koop toerusting koop sal jy dit voel later wat is duur . Doen dit reg of los dit . Jy dink instaleerder maak geld en raak een dan kan jy ook groot winste maak . Die fly by night besighede is ook n probleem wat die bedryf skade berokken .

Marshall ·

Dit is nie net Eskom wat in duie stort nie, maar alle regeringsfunksies. Daar is geen departement of ANC munisipaliteid wat doeltreffend is nie. Die minderheidsgroepe moet ALLE REGERINGSFUNKSIES OORNEEM IN HULLE EIE GEBIED om te oorleef. Dit is die enigste langtermyn oplossing. Om hierdie gefaalde eenheidsstaat te probeer aan die gang hou is teenproduktief.

FranWilder ·

Ek stem 100% saam met jou, maar moet ons dan nog steeds belasing betaal en vir wat presies?

Casper ·

Dagsê mnr Herman en mnr Mulder,natuurlik moet ons maniere vind om ons eie krag op te wek maar as pensionaris het ek nie R150.000 vir sonpanele nie gaan julle twee jafels my bystaan want die bank staan nie lenings aan pensionarisse toe nue

Samuel ·

Mnre Herman en Mulder dink soos alle vakbondleiers en politici nie aan die gewone burgers nie. Hulle maak geraas om in die kollig te wees.

Petrus Albertus ·

Kom jý met ‘n beter plan as mnre Mulder en Hermann en dán kan jy na hulle vereys as “jafels”

Maria ·

Maak n plan. Daar is maniere om klein te begin en qqn te las op n klein stelsel. 2400 inverter, batterye en en sonpaneel

absoluut ·

Casper, soos ek verstaan probeer hulle die kry om dit te installeer wat dit kan doen en dan krag weer in die stelsel terug te plaas wat te koop gaan wees vir die wat nie kan bekostig om te installeer nie, ek kan verkeerd wees maar ek glo dis die plan anders dryf hulle net n groter gaping in tussen die wat het en die wat nie het nie

hpven ·

Cyril se paddapot, beurtkrag vier uur per dag, dan ses uur dan agt uur ens, so raak ons gewoond daaraan en die probleem verdwyn vanself… Die selfde met die verval van die land…

Eden ·

Cyril en “our people” is nou deel van die pot waarin die paddas kook.

Wondermaarnet ·

Hulle gee nie om nie, want in die plakkerskampe bly die krag dag en nag aan. Daardie groot spreiligte vreet krag wat die belastingbetaler voor moet opdok. Ek betaal genoeg belasting en WIL nie vir nog mense sorg nie.

Kwikkie12 ·

Dankie Connie Mulder jou plan maak méér sin as Eskom sin. Maar wat na gekyk behoort te word is ‘n subsidie vir mense wat dit wil doen. As daar geld is vir groot windplase is daar geld vir so ‘n projek ook. .

Quinzie ·

Die regering moet invoerbelasting op batterye en sonpanele hersien, ook die stadsraad se metodiek om grondbelasting te verhoog waar solar stelsels by huise geinstalleer is stop. Sodra ‘n huiseienaar solar installeer gaan die gronbelasting op om die verlies aan inkomste vir die verkoop van krag vir die stadsraad…. die huiseienaar het dalk krag maar spaar amper niks !!! Hoekom moet sonpanele ingevoer word ? Sover ek weet was daar net een maatskappy in Suid-Afrika wat dit kon vervaardig maar weet ook nie of dit nog bestaan nie ? Dan ook, die parte word ingevoer en hier aanmekaar gesit maar nie vervaardig nie – daar verloor Suid-Afrika nog valuta wat die Rand verder laat versleg.

Hendrik ·

SA se oplossing le maar alleen in die privaatsektor. Die pivaatsektor moes al vanaf 1994 besef het oor watter oorweldigende mag hy beskik om blood hierdie onbeholpe kriminele regering te ilimineer oorweĺdig. Ek dink tog krisisse wat ons beleef se positiewe is dat dit noodwendig meebring dat ons begin saamstaan. Beslis hoogtyd!!!!!!!!

Eden ·

Op daai stadium wou hulle tee drink saam met “Madiba” en rugby kyk. Party mense/instansies leef steeds in ontkenning.

Erik ·

Kyk, ek blameer ook die regering. Hulle het hierdie mos al vir jare sien kom en absoluut niks daaraan gedoen nie. Ek verstaan ook dat dit ‘n negatiewe ekonomiese impak het en beleggers kan afskrik. Ek dink egter wel dat van die somme oordrewe is. Ek weet bv. van niemand wat hul werk verloor het a.g.v. loadshedding nie? Indien jy nie saamstem nie, ken jy so iemand? En dan nogal 125 mense per uur wat hul werk verloor? Ek verstaan die vergelyking wat hier gemaak word, maar meeste van ons werk al lankal rondom loadshedding.

krodedil ·

Erik ek stem 100% saam. Ek dink daar is baie duim gesuig om by hierdie syfers uit te kom.

Petrus Albertus ·

Dink aan kleinsakeondernemings. My vrou se haarkapper kan nie sny as die krag af is nie en die sentrum waarin sy geleë is het nie ‘n kragopwekker nie. Sy oorleef finansieël nie met die huidige stand van sake nie.

Erik ·

Stem saam, ek dink kleinsakeondernemings kry swaar. Ek het dit nêrens ontken nie. Inteendeel, ek noem juis dat die ekonomie negatief beïnvloed word… Dalk beter om ‘n generator te koop vir die salon as om permanent sonder werk te sit?

Christina ·

Die brandstof raak duurder as die krag om so lank te gebruik.

Delia ·

As klein ondernemings toemaak omdat LS hulle knak, is daar dikwels nog n persoon of paar werknemers wat hulle werk verloor dan nie?

Maria ·

Personeel op stasies is weg, want dis treine staan. Winkels maak toe want die impak van die kragonderbrekings maak dit onmoontlik om met kos te werk, mense se kooppatrone het verander. Alles het verander en is onomkeerbaar. Daar is nie meer geld in die land om die misdaad te beperk en die infrastruktuur te herstel nie. Ekself kan ook skaars aanlyn werk omdat die skedules so haglik is en stabiele internet toevoer nie n gegewe nie

Erik ·

Maria, dit hang seker maar af van waar jy bly. Feitelik al my bure het sonpanele of generators. Kom skaars agter as daar loadshedding is. Ek bestel al my kos aanlyn, en dit was nog nooit beïnvloed nie. Inteendeel, ek sit tans in ‘n restaurant en tik.

Ek sê weer, load shedding is erg skadelik, mense verloor hul werk, maar hierdie artikel is vir bemarkingsdoeleindes en daar word eintlik niks nuuts in die artikel gesê nie. Ook geen innoverende oplossings aangebied nie.

krodedil ·

Solidariteit het net soos almal ‘n eiertjie te lê. Elke plan het ‘n R koste daaraan verbonde. Hoekom stig Solidariteit nie ‘n maatskappy wat sonpanele en batterye plaaslik vervaardig nie? Dit kan dan teen ‘n super lae winsgrens verkoop word aan almal. Dis maklik vir Solidariteit om sy plannetjie voor te lê maar wie gaan vir alles betaal? Die gewone man op straat is klaar vuisvoos en kan nie R200 000 vir ‘n Sonstelsel betaal nie.

Samuel ·

Solidariteit moet geraas maak om relevant te bly. Alles kos geld.

Petrus Albertus ·

Ek dink dit is ‘n uitstekende voorstel. Verder kan mens uiteindelik ‘n koöperasie stig van privaatvoorsieners, op klein skaal, juis om die verspreidinf ewewigtig te maak en privaatvoorsiening uit te brei en privaatvoorsieners se belange as groep te beskerm – soos om munisipale beladtings te verwyderven ‘n stokkie voor stastsbelasting te steek.

Eden ·

Goeie plan. Begin ‘n sonpaneel fabriek in Orania en voorsien aan die agtergeblewe Eskom slagoffers. Dit skep werk vir mense om Orania toe te emigreer en goeie inkomste.

Hendrik ·

Ek is seker hierdie uitermatige hoe koste wat gemeld word is nie geldig nie. Met goeie samewerking en ooreenkomste tussen bure kan kostes ook beperk word.

DieKriek ·

Waaaaar val jy uit, Hendrik? Het jy al navraag gedoen oor die kostes van sonkrag?

Petrus Albertus ·

Ek moet sê, ek is nogal teleurgesteld met baoe van die komnentaar op hierdie berig. Jôg ons mense is lief vir kla maar nie lief vir oplossings – wat inset gaan verg – nie. Mense, die Afrikaners het al in die dertigerjare met ‘n groot depressie en sonder staatshulp onsself kon optrek. Ons kan dit weer doen. Maar dan gaan ons werklik nou ‘n slag moet ophou kerm en hand aan die ploeg slaan!

My siening ·

Het die land n leier in enige politieke party? N ware leier met guts sal net uit die privaat sektor kom met geen strooi polities sal vat nie en elke ding in die konstitusie ernstig uit voer met beginsels. HET DIE ANC DIE WOORD BEGINSEL AL GEHOOR?

Andre ·

Werk gerus uit hoeveel belasting die regering maak tydens die geskepte krisisse. Om nie eers van sekuriteits belasting inkomste te praat nie.

Janc ·

Ons kort ‘n finance house vir sonpanele. ‘n Entiteit wat well-established is wat op huurkoop vir ons sonpanele kan verskaf op aansoek. Dalk bestaan daar so ‘n plek, ek het dalk net nog nie genoeg huiswerk gedoen nie, maar dit is duidelik dat Suid Afrikaners bereid is om te betaal, maar kan ongelukkig nie R500k op een slag uithoes nie.

Nonnie ·

Die regering wil hê dat Eskom in mekaar moet stort, sodat Patrice Motsepe se maatskappy die hele kragvoorsienings netwerk kan oorneem, en dan is die hele land uitgelewer aan die anc se genade….MAG DIT NET NOOIT GEBEUR NIE!!!!! BLY OP DIE KNIEË…????????????????????

Eden ·

Hierdie is nie werkbaar nie. Daar gaan soveel reëls en regulasies wees wat sal verhoed dat mense krag aan die staat verkoop. Die oplossing is eerder dat gemeenskappe self private kragnetwerke installeer. Ongelukkig kan dit net in klein geslote gemeenskappe soos ‘n meenthuiskompleks gebeur. Die armes gaan gewoond moet raak aan min of geen elektrisiteit. Dit lyk of die een kragstasie na die ander gaan ingee met tyd.

Robert ·

Alles deel van die WEF se plan om die populasie uit te dun.

Daniel ·

Gaan kyk na WEF se webwerf, agenda 2030. Hulle sê daar is te veel “useless eaters” op die planeet aarde

Erik ·

Dit verstaan ek en stem selfs saam, maar hoe help loadshedding met daardie probleem?

Keelvol ·

Die unies het die situasie uitgebyt en hulle lede tot n staking geroep….. solidariteit het versuim om die werkers terug te roep terwyl onderhandelings plaasvind.

Piet parys ·

Ja die slegte witmense moet nou al weer die land opbou wat afgebreek word deur die Anc regering en trawante . Eskom kan maar solank 75% van die werkers afdank of eintlik nie werkers nie maar salaris trekkers

marius ·

Heel korrek . Dit gaan oor magsbeheer . Swape , dwase en verarmdes word klei in die hande van die despoot . Dis waarnatoe dit op pad is .

Rooikoos ·

Ek sal my eie krag opwek. Ek gaan nie “our people” verniet van krag voorsien nie, sorry

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.